Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:

Sinodale diensraad » Besluite Van Sinodale Diensraad » NUUS - VERGADERING SINODALE DIENSRAAD

NUUS - VERGADERING SINODALE DIENSRAAD


2008/05/05

nuus uit die vergadering van die Sinodale Diensraad 19 MAART 2008

 

1.         Voetsool sinodesittings

 

'n Volgende reeks Voetsool sinodesittings word DV teen die einde van die jaar gehou.

 

2.         Kontakgeleenthede

 

Die Dagbestuur besoek gedurende die termyn tot die volgende verkiesing al die leraarsbyeenkomste van die verskillende ringe.

 

3.         Hoe gaan dit in die gemeentes?

 

'n Vergadering met die voorsitters van die ringsdiensrade word gehou om te verneem hoe dit in die gemeentes gaan.

 

4.         Geestelike leierskap

 

'n Werkswinkel in die ontwikkeling van talente word op 17 Mei 2008 gehou.

 

5.         Biddag

 

Op 11 Mei 2008 word 'n biddag gehou ter wille van almal wat deur grondeise geraak word.

 

6.         Teologiese Liberalisme en Fundamentalisme

 

Hierdie Diensgroep sluit hulle werk af deur 'n kerklike kongres op 24 en 25 Februarie 2009 te hou oor die manier waarop persone die Bybel lees en verstaan.

 

7.         Bediening vir Getuienis

 

'n Gespreksgeleentheid word op 14 Mei 2008 gehou:  Albert Nolan praat oor spiritualiteit.

 

8.         Koolstof-krediete

 

Gemeentes kan koolstof-krediete verwerf deur krag te spaar.  Die Bediening vir Getuienis verskaf meer inligting hieroor.

 

9.         Ondersteuningsdiens

 

Die toekennings vir 2008/2009 is minder as die van 2007/2008.  Die sinodale bydraes word eers bepaal nadat die finansiële state verwerk is.