Oostelike Sinode
Sinodale diensraad » Besluite Van Sinodale Diensraad » FOKUS VAN DIE SINODE SE WERKSAAMHEDE
FOKUS VAN DIE SINODE SE WERKSAAMHEDE
2011/11/11
1. Fokus van die Sinode se werksaamhede
Die Sinodale Diensraad het besluit dat Bepaling 33 voortaan nuut geformuleer word. (Hierin word die taak van die Sinode saamgevat.) Dit lui dan:
Bepaling 33
Werksaamhede van die Sinode
33.1 Die Sinode fokus op werksaamhede wat slegs die Sinode kan doen met betrekking tot:
33.1.1 predikante en hulle bediening;
33.1.2 die kerkverband (gemeentes, ringe, ander Sinodes, die Algemene Sinode) en ander Kerke;
33.1.3 die breër gemeenskap veral in ons sinodale gebied.
33.2 Die Sinode gee leiding, bepaal beleid en skep strukture om hieraan uitvoering te gee.
33.3 Elke saak op die Sinode se tafel word volgens die punte hierbo beoordeel. Indien dit daaraan voldoen, word dit in prioriteitsorde hanteer.
2. Die predikantekonferensie 2012 word 28 tot 31 Mei gehou.
3. Besluite oor die Riglyne vir vergoeding, ontvang van die Taakspan Fondse van die Algemene Sinode:
Een: Die Sinodale Diensraad handhaaf die gebruik om aanbevelings oor vergoeding deur te gee soos dit van die Algemene Taakspan Fondse ontvang word.
Twee: Gemeentes word daarop gewys dat die aanbevelings slegs riglyne is wat in die lig van die plaaslike omstandighede onderhandel moet word.
4. Twee briewe van die Kerkregkundige is vir die kennis van gemeentes en predikante uitgestuur.
Die eerste is na aanleiding van die aanklag teen die predikante wat die sitting van die Algemene Sinode bygewoon het. Lees dit hier.
Die tweede is na aanleiding van die Ring van Louis Trichardt oor die besluite in verband met Kerkhereniging. Lees dit hier.

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

