Oostelike Sinode
Sinodale diensraad » Besluite Van Sinodale Diensraad » BESLUITEREGISTER (Doopviering)
BESLUITEREGISTER (Doopviering)
2008/05/05
DOOPVIERING VOORSTEL 3 - WERKSWINKEL Die Sinode versoek die Bediening van Aanbidding om jaarliks 'n werkswinkel vir liturgiese verryking te reël om ons groei daarin te stimuleer. --ooOoo-- TYDELIKE DIENSGROEP IN VERBAND MET DOOPVIERING 45.1 Die Sinode bevestig die besluit van die Algemene Sinode van 2004: Een: Die Algemene Sinode besluit om Sinodes en kerkrade weereens dringend aan te moedig om groot erns te maak met die verantwoordelike vertolking van die doop en nagmaal soos ons dit verstaan binne die Gereformeerde verstaan van die evangelie van die genade. Twee: Die Sinode moedig kerkrade aan ons gesamentlike doopvierings in die erediens verder te ontwikkel en uit te bou. (Ons verheldering.) Drie: Die Sinode versoek gemeentes om nie met viering die suggestie van 'n herdoop te laat posvat nie. Vier: Die Sinode moedig kerkrade ook aan om die moontlikheid van individuele doopvierings in die erediens en in kleiner groepe in die gemeente te ontwikkel. (Ons verheldering.) 45.2 Die Sinode bevestig die besluit van die Algemene Sinode van 2007: Een: Die Algemene Sinode neem bogenoemde verslag in ontvangs as vertrekpunt vir omvattende gesprek aangaande doop en doopviering. Twee: Die Algemene Sinode bevestig dat die Christelike doop vanuit die radikaliteit van die genade as onherhaalbaar beskou moet word. Drie: Met groot begrip vir die kragtige betekenis van simbole en rituele en met behoud van die Christelike doop as eenmalige sakrament (vir kinders en volwassenes) dra die Algemene Sinode dit aan Sinodes op om te besing oor toepaslike rituele waardeur gedoopte lidmate van die werklikheid van God in hulle lewe kan getuig. Vier: Sodanige rituele sou ook net gevier kon word deur persone wat hulle Christelike doop erken. Vyf: Die Algemene Sinode gee aan Algemene Diensgroep Gemeente-Ontwikkeling opdrag om die Sinode te bedien met 'n eenvoudige en helder beleid en voorstelle aangaande doop, doopviering, kindernagmaal en kategese wat beide ons tradisie en die praktiese bedieningskonteks van ons dag in ag sal neem. 45.3 Die Sinode verstaan daarom dat: 45.3.1 die praktyk van doopviering reeds deur die Algemene Sinode goedgekeur is. 45.3.2 dat gemeentes en Sinodes aangemoedig word om doopvierings verder te ontwikkel. 45.3.3 gemeentes waak dat doopvierings en gepaardgaande rituele nie met herdoop verwar kan word nie (Voorstel 6.) 45.4 Die Sinode besluit dat ons ten opsigte van die ontwikkeling van die doopviering die geleentheid benut om: 45.4.1 die vrye genade van God en die vaste grond waarop ons verlossing berus te beklemtoon. 45.4.2 die ryk betekenis van die Christelike doop opnuut te verduidelik. 45.5 Die Sinode wil graag dat gemeentes mekaar in die proses van die ontwikkeling van toepaslike rituele, liturgieë en formuliere bystaan en help. Die Sinode versoek derhalwe die Bediening van Aanbidding om 'n werkswinkel vir hierdie doel voor einde November 2007 te reël, waarby gemeentes kan inskakel. 45.6 Die Sinode versoek die Bediening van Aanbidding om die resultate van sy werksaamhede aan die ADGO deur te gee en aan gemeentes beskikbaar te stel.

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

