Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:

Sinodale diensraad » Besluite Van Sinodale Diensraad » BESLUITE SINODALE DIENSRAAD 17 JUNIE 2009

BESLUITE SINODALE DIENSRAAD 17 JUNIE 2009


2009/07/22

AFGEVAARDIGDES ALGEMENE SINODE

Volgens die Familiereëls word die Sinode se afvaardiging tydens die sinodesitting net voor die Algemene Sinode verkies.  Vanjaar word dus die afvaardiging vir 2011 se Algemene Sinode aangewys.

 

PRIORITEITSAKE

Die drie prioriteitsake van die Sinode se tema vir die termyn:  Lewens wat van God vertel – is die fokus van die sinodesitting.  Daarom word die meeste aandag hieraan gegee.  Dit is God in die middelpunt, 'n Christelike lewenstyl en Daadgetuienis.

 

SINODALE BYDRAES 2008/2009

Die Sinodale Diensraad bedank gemeentes vir die getroue betaling van sinodale bydraes.  Die boekjaar 2008/2009 was reeds die sewende jaar dat al die gemeentes al hulle bydraes betyds betaal het.

 

VAS TYDENS SINODESITTING

Maandagmiddag tydens die sitting word gevas.  Die koste wat vir die ete betaal sou word, word gebruik om vir 'n klompie kinders hulle kos te gee.

 

MODERNE KOMMUNIKASIE MIDDELE

Gedeeltes van die sitting word ingerig as 'n eksperiment in die gebruik van moderne kommunikasie middele.

 

VOLGENDE SINODESITTING

Die volgende sinodesitting (na 2009) vind DV 18 tot 21 Maart 2012 plaas.