Skip to content | Skip to navigation

Sinodale diensraad » Besluite Van Sinodale Diensraad » Achterbergh-Verklaring

Achterbergh-Verklaring


2008/05/05

Achterbergh-Verklaring

Van 6 tot 8 November 2006 het 127 verteenwoordigers van die Reformed Church in Africa, die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika, die NG Kerk in Afrika en die NG Kerk by Achterbergh naby Krugersdorp byeengekom om te praat oor die kerkhereniging van die familie van NG Kerke en hoe dit gestalte kan kry.

In opvolging van die vier kerke se moderature (dagbesture) se vergadering by Bloemfontein op 16 Augustus vanjaar het ?n bre?r verteenwoordiging van die kerke hulle opnuut plegtig verbind tot die herening van die NG Kerkfamilie.

Die vergadering het opnuut besef hoe belangrik eie identiteit, wat taal- en stylverskille insluit, vir elke kerk is. Die vergadering is oortuig daarvan dat die rykdom van hierdie diversiteit, in die herenigde kerkverband gekoester moet word ? en konstruktief gebruik kan word tot voordeel van die kerk en gemeenskap in die Suider-Afrikaanse konteks.

Die vergadering het bepaalde kernwaardes vir die eenheidsproses ge?dentifieseer. Tien taakspanne is aangewys om in die lig hiervan verskillende aspekte van die eenheids-proses uit te werk. ?n Opvolg-vergadering word vir Maart 2007 beplan.

Die vergadering is daarvan oortuig dat kerkhereniging slegs op grond van gemeenskaplike geloofsoortuigings en onderlinge vertroue en respek vir mekaar gebou kan word. Lidmate op kerkraads- rings en sinodale vlak word aanmoedig om mekaar te leer ken en gemeenskaplike uitdagings saam aan te pak, want die sleutel tot ?n herenigde kerkverband l? by gemeentes en hulle aanvaarding van eienaarskap van die uitdaging. Die vergadering neem ook met dank kennis van baie plekke waar dit reeds gebeur. Die viering van Pinkster volgende jaar bied ?n uitstekende geleentheid om verhoudings te versterk.

Die vergadering weet ook dat daar bepaalde vereistes en prosedures in die verskillende kerke bestaan, waarvolgens hierdie eenheidsproses moet plaasvind. Die vergadering wil deel wees van ?n proses waarin die verskillende kerke en hulle gemeentes betrokke behoort te wees.

Die vergadering is daarvan oortuig dat die hereniging-proses die pad van die Here is en dat Hy self die deurslag sal gee, waar mense geen uitweg sien nie. Die onderlinge gees van eenheid en entoesiasme van die vergadering was bemoedigend en het hoop gebring.

Die vergadering erken die gesamentlike roeping van die NG Kerkfamilie in Suider Afrika en is daaraan verbind.