Oostelike Sinode
KORTNUUS 90
2012/01/27
27 Januarie 2012
KORTNUUS 90
Pieter Dorey skryf soos volg na aanleiding van die vloed in Hoedspruit:
Baie dankie vir al die gebede en belangstelling. Dankie dat ons op die Sinode-familie kan staatmaak.
Die vervoer van die water bly bietjie van 'n logistieke tameletjie en van die donateurs het besluit om eerder 'n finansiële bydrae te maak vir die noodfonds om water aan te koop soos nodig. Pick-'n-Pay en Spar het vervoer en kan water teen 'n billike prys voorsien.
Indien gemeentes eerder 'n bydrae vir die noodfonds wil doen, kan hulle met mev Henda Oosthuizen, Saakgelastigde skakel 082 323 0012 of 'n inbetaling doen in die volgende rekening:
NG Kerk Kampersrus, Nood/waterfonds, ENB, Takkode 270652, Rekening 52395384954.
Baie dankie vir almal se ondersteuning.
HENRY VAN DER SCHYFF
UITVOERENDE AMPTENAAR
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

