Skip to content | Skip to navigation

KORTNUUS 42
2010/03/05
 

Graag gee ons die vordering aan almal deur, wat met die Departement van Binnelandse Sake in verband met die chaos oor die proses van huweliksbevestiging, gemaak is.

 

Baie groete

 

HENRY VAN DER SCHYFF
UITVOERENDE AMPTENAAR
  

NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

PARLEMENTÊRE LESSENAAR

4 Maart 2010

Geagte kollegas

REGISTRASIE VAN HUWELIKE BY DIE DEPARTEMENT VAN BINNELANDSE SAKE

Na aanleiding van die baie kommentaar en frustrasies ten opsigte van huweliksbevestigers se kontak met die Departement van Binnelandse Sake (DBS), die volgende:

Ons het regtig groot begrip vir die logistieke en ander uitdagings wat met hierdie saak gepaard gaan. Ons vra graag huweliksbevestigers se geduld en lojaliteit.  Wees verseker dat die huidige onbevredigende toedrag van sake in groot erns en dringendheid met die DBS hanteer word.

’n Vergadering hieroor het weer op Dinsdag 2 Maart in Pretoria plaasgevind.  Ons bekommernisse en die verdere verwagte uitkomste van daardie vergadering is deur middel van ’n brief aan die Departement gerig.

Die vriendelike, dog dringende versoek op hierdie stadium is dat alle huweliksbevestigers asseblief sal hou by ons huidige reëling, totdat ons op ’n werkbare oplossing met die Departement kan ooreenkom.  Ons kan nie (sonder meer) afstand doen van ons reg om huwelike in terme van die wet te bevestig nie (ons staatsaanstelling as huweliksbevestigers).  Terwyl daar sommige van ons is wat meen dat ons dit wel sal oorweeg, moet ons egter daarvoor begrip hê dat paartjies wie se huwelike nie deur die korrekte kanale by die DBS geregistreer word nie, hulleself buite die regs-beskerming van die huwelikswet bevind.  Hierdie saak geniet ook verdere aandag in ons onderhandelinge met die DBS.

Intussen wil ons voorstel dat huweliksbevestigers die volgende prosedure volg om te kontroleer of ’n huwelik wel geregistreer is:

·         SMS die letter M en die ID-nommer (sonder enige spasies) na 32551 om ’n persoon se huwelikstatus na te gaan.

·         By http://www.home-affairs.gov.za/status/marital_status.asp kan ’n persoon se huwelikstatus nagegaan word deur die invoer van ’n ID-nommer.

·         Dit is belangrik om daarop te let dat geen inligting rakende huwelikstatus aan ’n derde party verskaf mag word deur amptenare van die DBS nie.

Nogmaals: baie dankie vir almal se geduld ten opsigte van hierdie saak. Ons hou julle op die hoogte van die verdere verloop hiervan.

 

Vriendelike groete

Dr Ben du Toit

Redakteur Elektroniese Kommunikasie Algemene Sinode NG Kerk

Parlementêre Lessenaar Algemene Sinode NG Kerk

Privaatsak X8, Bellville, 7535

Tel: 021 957 7196; Faks: 021 957 7197

Sel: 0823 328 700 

bendutoit@kaapkerk.co.za

 

 

 

 

 


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriendStuur hierdie nuusartikel na 'n vriend