Oostelike Sinode
FAMILIENUUS 167
2010/07/27
Liewe Sinode-familie
Vanoggend voel dit in Pretoria asof die somer naby is. Geniet die goeie weer!
GEMEENTES
Tzaneen-Wolkberg (ngwolk@mweb.co.za) het op 20 Julie vir Adriaan van Tonder, tentmaker by Pietersburg-Noord beroep. Sterkte!
Geluk aan die gemeentes wat verjaar: Moreletapark 25 (25/7), Witbank-Vallei 30(3/8), Ermelo-Oos 54 (4/8), Volksrust-Suid 53 (7/8) en Lyttelton-Oos 52 (7/8).
Moreletapark (pr@moreleta.co.za) noem dat hulle die res van die jaar fees vier om vir die Here te dank vir 25 jaar se seën, voorsiening en dat hulle saam met Hom die pad kan stap.
Die Ring van Witbank vergader op 1 Augustus.
PREDIKANTE
Jaco van Eyssen (jacongpan@hotmail.com) van Witbank-Panorama wat as gestuurde by Petra Kollege De Doorns werk, het 'n ligte hartaanval gehad. Na 'n operasie gaan dit beter en is hy weer aan die werk.
VERGADERINGE
Die Sinodale Diensraad het op 21 Julie vergader. Daar is veral aandag gegee aan die werksaamhede wat die Sinode doen en dat verseker word dat dit tot nut van die gemeentes is. Die vergadering het ook bevestig dat die fondse wat die Sinode gebruik van gemeentes afkomstig is. Die Sinode se uitgangspunt is dat soveel moontlik fondse plaaslik in die gemeentes beskikbaar behoort te wees.
Die Sentrum vir Kontekstuele Bediening aan Tukkies bied gedurende Augustus en September die volgende kursusse aan: Opleiding van induksieleiers; Getroue getuies; Gemeentebou; Narratiewe bestuur; Verbeeldingsberaad; Bybel en Sy boodskap en Traumaberading. Lees hier meer.
ALGEMENE SINODE
Indien inligting benodig word vir 'n sangdiens, kan die stuk van Cassie Carstens oorweeg word. Lees dit hier.
Die geordende vroue-predikante van die NG Kerk vier 20 tot 22 September fees, omdat vroue-predikante reeds vir 20 jaar in die amp is. Meer inligting.
ANDER INLIGTING
Die vyfde jaar vind PEN se golfdag plaas. Dit is op 22 Oktober by Bronkhorstspruit. Kontak therina@pen.org.za vir meer inligting.
Lees hier oor Wentzel Coetzer se kursus – Pastorale begeleiding van die emosioneel verwonde persoon as gevolg van godsdiensverslawing.
In vennootkap met Shepherd, word die PLAN – Die geheim van 'n verskilmakende gemeente – 16 tot 16 Augustus naby Loskopdam aangebied. Meer inligting hier.
Oud-lidmate van Mthatha wat wil deel in die 120 jaar fees, kan puffin@telkomsa.net kontak.
VERJAARSDAE
Geluk aan almal wat saam met my en Neels van Zyl verjaar:
30 Julie - Neels van Zyl (Olifantsfontein) e-pos: hermiasv@lantic.net
30 Julie - Henry van der Schyff (Oostelike Sinode ook gekoppel aan Pretoria-Faerie Glen) e-pos: uitamp@sinoos.co.za
3 Augustus - Steph Combrinck (Past Hulp Lyttelton) e-pos: nglyttelton@cknet.co.za
3 Augustus - Neels Müller (Kpln SAPD Pretoria-Oosterlig) e-pos: nem3c@mweb.co.za
5 Augustus - Uli Trümpelmann (Malelane) e-pos: ngmalela@mweb.co.za
6 Augustus – Dirk Human (Dosent UP) epos: dirk.human@up.ac.za
6 Augustus - Alphonso Groenewald (Dosent UP) epos: alphonso.groenewald@up.ac.za
8 Augustus - Colin Smith (kerksondermure) e-pos: colin@ksm.co.za
11 Augustus - Johan Graaff (Morgenzon) e-pos: johangraaff@yahoo.com
Groete tot 10 Augustus 2010.
Henry van der Schyff
Uitvoerende Amptenaar
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

