Oostelike Sinode
KORTNUUS 49
2010/06/22
15 Junie 2010
KORTNUUS 49
Dr Kobus Gerber het versoek dat gemeentes kennis neem van die eenheid in Gereformeerde kringe en deelneem aan die geleentheid.
Baie groete
HENRY VAN DER SCHYFF
UITVOERENDE AMPTENAAR
Beste kollegas en vriende
Gedurende die naweek van 18-20 Junie 2010 vind 'n wonderlike stuk geskiedenis in Grand Rapids, VSA, plaas. Die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke (World Alliance of Reformed Churches) en die Gereformeerde Ekumeniese Raad (Reformed Ecumenical Council) verenig dan om die World Communion of Reformed Churches (daar word nog gedink oor 'n goeie Afrikaanse vertaling) te vorm. Eenwordingsgebeure soos dié is so skaars soos hoendertande.
Lidkerke van beide liggame (die NG Kerk is lid van beide) is opgeroep om hulle gemeentes te vra om op Sondag 20 Junie 2010 saam fees te vier. Die liturgie wat op 20 Junie 2010 in Grand Rapids gebruik gaan word, is as 'n pdf-dokument van 2 MB beskikbaar by www.kaapkerk.co.za. Dit is ongelukkig net in Engels, maar kan maklik vertaal word.
Graag versoek ek namens die WBGK en die GER dat gemeentes in die NG Kerk meedoen. Al word die volledige liturgie nie gebruik nie, versoek ek vriendelik dat die saak Sondag 20 Junie 2010 op die agenda en in die erediens sal funksioneer.
Om die wonderlike geleentheid van die vereniging van Die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke en Die Gereformeerde Ekumeniese Raad te vier, het Nico Simpson 'n gratis Power Point met 'n bewegende logo en die vier sub-logo's waaruit die WCRC se logo bestaan, gemaak.
Dit kan gratis afgelaai word by www.nous.org.za - klik op die logo regs op die webwerf by Gratis Produk.
Bid asseblief ook vir elke stukkie verrigting vanaf 18-28 Junie 2010 in Grand Rapids.
Baie dankie vir die aandag aan hierdie saak.
Vriendelike groete
Dr Kobus Gerber
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

