Oostelike Sinode
FAMILIENUUS 164
2010/05/25
Liewe Sinode-familie
Die predikantekonferensie is voor die deur. Volgende week is 'n groot groep van ons predikante by Letaba in die Krugerwildtuin vir die geleentheid.
GEMEENTES
Tzaneen-Wolkberg (ngwolk@mweb.co.za) het Fanus Hansen van Potchefstroom-Oos beroep. Hy het egter nie die beroep aanvaar nie.
Geluk aan die gemeentes wat verjaar: Meyerspark 51 (29/5), Volksrust 100 (3/6) en Olifantsfontein 62 (4/6). Beide Volksrust en Groblersdal (hulle word 70 op 8/6) vier op 6 Junie fees.
Die ringe begin ook in die dae vergader. Lydenburg is op 5 Junie, Ermelo en Laeveld is op 7 Junie en Pretoria-Faerie Glen op 8 Junie.
PREDIKANTE
Izak du Plessis (jeugleraar@valleisig.org.za) neem op 6 Junie afskeid van Valleisig. Hy neem demissie met die oog op verdere studie.
Johan Marais (jcmarais@telkomsa.net) se afskeid is op 30 Mei. Hy het die beroep na Marquard aangeneem.
PRIORITEITSAKE
Dankie aan almal wat die konferensie oor Trou of Saamwoon bygewoon het.
Ondersteuningsdiens sê dankie vir die finansiële state wat reeds ontvang is. Onthou dat ons teikendatum 15 Junie 2010 is. Moenie dat die sokker-vakansie veroorsaak dat die state agter raak nie.
GESAMENTLIKE WERK
Die Sinodale Getuienisforum se jongste nuusbrief het pas verskyn. Lees dit hier.
Die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling bied 'n aantal kursusse gedurende Junie en Julie aan. Dit handel oor jeugbediening, seksualiteit, prediking, radio kommunikasie, opleiding van mentors, pastorale sorg en berading sowel as rentmeesterskap en finansiële bestuur. Lees hier meer.
ALGEMENE SINODE
Die Hugenote Kollege se jaarverslag is vir inligting beskikbaar. Kliek hier.
VERJAARSDAE
Geluk aan almal wat tot 8 Junie verjaar.
25 Mei - Izak du Plessis (Valleisig) e-pos: jeugleraar@valleisig.org.za
27 Mei - Tersia Petzer (Oostelike Sinode) e-pos: osorg@sinoos.co.za
29 Mei - Christo Herbst (Volksrust-Suid) e-pos: christoherbst@volksrust.com
29 Mei - Karin Bosch (Termynleraar Pretoria-Faerie Glen) e-pos bosch.karin@gmail.com
30 Mei - Trix Truter (Barberton) e-pos: trix@soft.co.za
30 Mei - Janus Roux (Elarduspark) e-pos: janusroux@ngelarduspark.org.za
1 Junie - Phillip Garbers (Komatipoort) e-pos: ngkomati@mweb.co.za
4 Junie - Lourens Bosman (Lux Mundi) e-pos: lbosman@luxmundi.org.za
7 Junie - Tiaan Victor (Bronkhorstspruit) e-pos: tiaanvictor@yahoo.com
Sien julle in die Wildtuin.
Henry van der Schyff
Uitvoerende Amptenaar
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

