Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:
Nuus » Argief » 2010 » April » Verder lees
FAMILIENUUS 162
2010/04/28


FAMILIENUUS 162

 

Liewe Sinode-familie

 

Die langnaweek is verby en nou is ons op pad na Hemelvaart en Pinkster.

 

GEMEENTES

 

Pretoria-Faerie Glen (kerkkantoor@ngfaerieglen.org.za) bevestig op 2 Mei vir Karin Bosch as termynkontrak leraar.

 

Amsterdam (jans@lando.co.za)  vier hulle eeufees hierdie naweek.  Hiermee word hulle die twaalfde gemeente in ons Sinode wat die honderdtal bereik het.

 

Geluk met die volgende verjaarsdae: Amsterdam 100 (30/4), Ligkruis 28 (2/5), Laeveld 81 (4/5) en Belfast 111 (6/5).

 

PREDIKANTE

 

Johan Marais (jcmarais@telkomsa.net) van Middelburg-Kanonkop het 'n beroep na Marquard in die Vrystaat aangeneem.  Hy het ook 'n beroep na Tweeling gehad.

 

BEDIENINGE

 

'n Hele aantal vergaderinge vind gedurende die volgende dae plaas.  Ondersteuningsdiens gee aandag aan die Sinode se finansiële state, die Sinodale Diensraad vergader saam met die Voorsitters van die Ringsdiensrade en die vier Transvaalse Sinodes gee aandag aan die werk van die Argief.

 

GESAMENTLIKE WERKSAAMHEDE

 

Gedurende Mei en Junie vind 'n aantal kursusse by Tukkies (Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) plaas.  Dit handel oor jeugbediening, seksualiteit, prediking, radio kommunikasie en die opleiding van mentors.  Lees hier meer.

 

Die Sentrum vir Publieke Teologie bied op 4 Mei 'n openbare debat aan oor die boek van Antjie Krog:  Begging to be black.  Lees meer inligting hier.

 

GESAMENTLIKE BEDRYWIGHEDE

 

Kerksondermure se kinderkonferensie is op Saterdag 8 Mei met Jannie Pelser en Stephan Joubert.  Die tema is Op pad met Jesus se liefde.  Stuur 'n epos na jeug1@ksm.co.za vir 'n registrasievorm.

 

Tydens Moreletapark se Pinkster (16 tot 19 Mei) tree dr Bruce Wilkinson op.  Lees hier die pamflet met die besonderhede.  Die uitnodiging vir die byeenkoms van predikante is ook ingesluit.

 

 

Die Vat Vlam herlewingskonferensie word 14 en 15 Mei by Moreletapark aangebied.  Sprekers sluit in drr Richard Blackaby en Sammy Tippet (uit die VSA) Angus Buchan, Elza Meyer, Willem Badenhorst, Dirkie van der Spuy, Bennie Mostert en Francois Carr.  Navrae by carol@moreleta.co.za

 

ANDER INLIGTING

 

Inligting oor Radiokansel se Hemelvaartdiens op 13 Mei.  Lees hier meer daaroor.

 

Die Transoranje Instituut vir Buitengewone Onderwys (TOIBO) het reeds in 2005 'n projek begin om jongmense te leer om na ander uit te reik.  Lees hier meer daaroor.

 

VERJAARSDAE

 

Geluk aan julle wat saam met die begin van die koue verjaar.

 

28 April - Jaco van Eyssen (Witbank-Panorama – uitgestuurde Petra Kollege) e-pos: jacongpan@hotmail.com
30 April - Neels van Tonder (Oostelike Sinode) e-pos:
finans@sinoos.co.za

1 Mei - Tommie Marais (Nelspruit) e-pos: tommarie@lantic.net

1 Mei - Henriëtte Cronje (Oostelike Sinode) e-pos: boekhou@sinoos.co.za

2 Mei - André Venter (Doornkloof) e-pos: denventer@absamail.co.za

3 Mei - Nelis Lindeque (Doornkloof) e-pos: cjl@mweb.co.za

3 Mei - Petri Coetzee (Ligkruis) e-pos: petri@ligkruis.co.za

3 Mei - Francois Fourie (Pretoria-Oosterlig) e-pos: fouriefrancois@telkoms.net

4 Mei - Jaco van Niekerk (Ermelo) e-pos: jacovanniekerk@ngkermelo.co.za

5 Mei - Jan Potgieter (Belfast) e-pos: janhendrik@lantic.net

5 Mei - Dewald Vermaak (Laeveld) e-pos: d_rvermaak@xsinet.co.za

8 Mei - Danie Dreyer (Tygerpoort (Pretoria)) e-pos: daniedr@ngtyger.com

 

 

Groete tot 11 Mei 2010.

 

 

 

 

Henry van der Schyff

Uitvoerende Amptenaar

uitamp@sinoos.co.za

 

 


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend