Oostelike Sinode
FAMILIENUUS 149
2009/09/15
FAMILIENUUS 149
Liewe Sinode-familie
Groete hier kort voor die vakansie. Sodra die skole dan begin het, sien ons mekaar tydens die sinodesitting.
FEESJAAR - SINODE 30 JAAR
Gedurende 2005 is daar vir die vyfde keer op die nuwe wyse sinodesitting gehou. Die tema was Christus die hoop vir vandag (na aanleiding van Hebreërs 3 vers 6). 'n Groot groep jongmense het een middag die sitting besoek en aan die tafelgesprekke oor die werk onder jongmense deelgeneem. Uitstallings van gemeentes se almanakke het as "familiefoto's" teen die mure gepryk.
GEMEENTES
Witbank (klipskriba@mweb.co.za) het vir prop Peet Boshoff as derde predikant beroep.
Geluk aan die gemeentes wat tot na die vakansie verjaar – Nooitgedacht 33 (21/9), Witbank-Klipfontein 41 (30/9), Pierre van Ryneveld 25 (3/10) en Hendrina 93 (4/10).
PREDIKANTE
Piet Otto (pietotto@lantic.net) van Ligkruis is na Griekwastad beroep.
Andries Louw (anelouw@getuienisforum.org.za) van die Sinodale Getuienisforum het verlede week twee keer oupa geword. Iemand vra: Is dit nou oupa en oupagrootjie?
VERGADERINGE
Tydens vanjaar se sinodesitting vind 'n aantal eksperimente in die gebruik van moderne kommunikasie middele plaas. Een daarvan is 'n rekenaar-tafel, waar deelnemers deurlopend kommentaar kan lewer ("blog"). Persone wat hierin belangstel, moet ons asseblief kontak.
GESAMENTLIKE WERKSAAMHEDE
Die Lentekonferensie vind kort voor die sinodesitting plaas naamlik 6 tot 8 Oktober. Die tema is "Saam in Afrika." As jy nog nie ingeskryf het nie, kan jy Ferdie Clasen nog kontak - 012 809 0107.
ALGEMENE SINODE
Kruisgewys is aan al die predikante gestuur. Dit fokus op klein gemeentes. Op GDN se webtuiste is daar ook ongeveer 40 ander artikels. GDN ontvang graag verhale van klein gemeentes. Lees by http://gemeentes.co.za
Sondag 18 Oktober is Gesondheid-Sondag. Inligting is beskikbaar by www.cmf.org.za.
Kyk 'n slag by www.bybelmedia.co.za vir produkte wat jule gemeente kan help.
ANDER INLIGTING
Die Noordelike Sinode se Taakspan Ekologie bied op 10 Oktober 'n byeenkoms by Monumentpark gemeente aan. Sprekers is proff Ernst Conradie, Erik Holm, Willie van Heerden, Samuel Pauw en ander. Meer inligting by Gustav Claassen 082 856 1943.
Prof Wentzel Coetzer bied twee pastorale beradingskursusse aan, naamlik 17 Oktober – Traumaberading en 14 November – Seksuele verslawing. Lees hier meer inligting.
VERJAARSDAE
Geluk aan almal wat tot 5 Oktober verjaar. Julle verjaar saam met die Voorsitter.
17 September - Willem Boshoff (Skuilkrans) epos: boshows@mweb.co.za
18 September - Lieneke Neethling (Pretoria-Garsfontein) epos: lienekelouw@gmail.com
20 September - Johan van Schalkwyk (Lynnwoodrif) epos: johan@lynnwoodrif.co.za
20 September - Bennie Mostert (Moreletapark) epos: Bennie@benniemostert.com
22 September - Paul Lübbe (Past hulp, Lux Mundi) 082 776 0851
26 September - Johan de Witt (Past hulp, Monumentpark-Wes) epos: jdewitt@globex.co.za
28 September - André Botha (Pretoria-Oosterlig) epos: andrebothasa@gmail.com
28 September - Gouws van Zyl (Tzaneen) epos: ngtzan@mweb.co.za
2 Oktober - Erik Brits (Sabie) epos: erikbrits@websurg.co.za
5 Oktober - Johan Malan (Rietkuil) epos: jfmalan1@telkomsa.net
Groete tot na die vakansie.
Henry van der Schyff
Uitvoerende Amptenaar
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

