Oostelike Sinode
FAMILIENUUS 148
2009/09/01
Dagsê Sinode-familie
Dit is lentedag en die lente het heerlik aangebreek.
FEESJAAR - SINODE 30 JAAR
Gedurende 2004 waag die Sinode met Voetsool sinodesittings. Hiermee is die Sinode na die gemeentes geneem. Die Sinode is ook ingedeel volgens die aantal leraars in 'n gemeente. Die drie-en-meer-leraar gemeentes het 'n sitting by Moreletapark gehou. Die twee-leraar gemeentes was by Middelburg en die een-en-minder-leraar gemeentes moes drie sittings hou. Dit was by Bronkhorstspruit, Lydenburg-Suid en Ermelo-Oos. Daar is gefokus op die sake wat in die harte van die lidmate geleef het. Daarvolgens is Diensgroepe saamgestel wat toe die agenda van die volgende sinodesitting geword het. Dit het 'n wonderlike belewenis geword van nuwe verhoudinge, omgee en hoor hoe die lidmate die Here in hulle omstandighede beleef.
GEMEENTES
Geluk aan die drie gemeentes wat verjaar:
Morgenzon 97 (10/9), Witbank 90 (10/9) en Blinkpan 46 (10/9). Witbank (klipskriba@mweb.co.za) hou Sondag 6 September 'n spesiale erediens ter wille van die gemeente se negentigste verjaarsdag.
PREDIKANTE
Welkom aan Jacob en Riette van der Merwe (jacobriette@xsinet.co.za) wat op 13 September by Ohrigstad bevestig word.
Geluk aan Kobus Mey (ngnooit@vodamail.co.za) van Nooitgedacht met sy dogter se brons medalje by die wêreld atletiekkampioenskappe, al het sy ook vir Turkye deelgeneem.
PRIORITEITSAKE
Ons sinodesitting is gebou rondom die drie prioriteitsake wat uit die proses van die Sinode spruit. Dit is mos 'n Lewe met God in die middelpunt, Christelike lewenstyl en Daadgetuienis. Die tema van die sitting is Lewens wat van God vertel.
VERGADERING
Die Agenda vir die sinodesitting word die week gepos. Let veral op ons verjaarsdag-embleem.
GESAMENTLIKE WERKSAAMHEDE
Onthou die Lentekonferensie 6 tot 8 Oktober "Saam in Afrika" – Predikante ontvang VBO-punte vir bywoning. Kontak Ferdie Clasen 012 809 0107, vbo@excelsus.org.za of kyk by www.excelsus.org.za vir meer inligting.
PEN-Aksie bied 'n gholfdag op 16 Oktober by Bronkhorstspruit aan. Kontak ganz@keeper.co.za of therina@pen.org.za.
ALGEMENE SINODE
Die Taakspan Kategese hou op 9 September 'n gesprek oor ontwikkelinge in verband met belydenisaflegging by Achterberg. Kontak Johan Avenant vir meer inligting jcaven@netactive.co.za.
GEMEENTELIKE BEDRYWIGHEDE
Premiermyn/Rayton het 'n interkerklike aksie CALL Christen Aksie Laat Lewe van stapel gestuur. (Lees hier meer.) Dit is na aanleiding van die geweldsmisdaad in die omgewing. Op 16 September word 'n gebedsgeleentheid gehou, waarna 'n vreedsame optog na die plaaslike SAPD-kantoor gehou word om 'n memorandum aan die President (of sy verteenwoordiger) te oorhandig. Hulle vra gemeentes se voorbidding. Belangstellendes kan saam kom bid en stap. Kontak Tienie de Bruyn vir meer inligting (082 925 5671, callcullinan@gmail.com).
ANDER INLIGTING
Die Departement van Gesondheid vra dat korrekte inligting oor varkgriep (H1N1 virus) beskikbaar gestel word. Lees hier vrae en antwoorde.
VERJAARSDAE
Geluk aan ons lente vriende.
2 September – Hennie Yzelle (Past hulp, kerksondermure) epos: hennie.yzelle@gmail.com
3 September - Amos Kotze (Hazyview) epos: as7kotze@intekom.co.za
7 September - Piet Meiring (Past hulp, Skuilkrans) epos: pmeiring@ccnet.up.ac.za
7 September - Stephan van Greunen (Nelspruit) epos: svangreunen@gmail.com
8 September - Marius Smit (Past hulp, Breyten) epos: mss@webmail.co.za
10 September - Louis Cloete (Witbank-Klipfontein) epos: lcloete@lantic.net
13 September - Pieter Dorey (Kampersrus): 082 607 0102
13 September - Alex Clark (Elarduspark) epos: alexclark@ngelarduspark.org.za
14 September - Karel Verhoef (Pierre van Ryneveld) epos: karel@pvr.co.za
Groete tot 15 September.
Henry van der Schyff
Uitvoerende Amptenaar
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

