Oostelike Sinode
Familienuus 147
2009/08/18
Liewe Sinode-familie
Dit bly steeds koud. Miskien is dit die laaste van 2009 se koue fronte.
FEESJAAR - SINODE 30 JAAR
Gedurende 2003 vind die derde sinodesitting binne drie jaar plaas. Hierdie keer is dit by Pierre van Ryneveld. Hulle fasiliteite is uitgebrei en dit het die Sinode soos 'n handskoen gepas. Die gesprek oor homoseksualiteit was 'n gebeurtenis om te onthou. Dit was ingebed in 'n wyer gesprek oor Skrifbeskouing en Skrifhantering wat deur dr Johan Cilliers ingelei is. Die nuwe Sinodale Diensraad is verkies met Johann Ernst van Doornkloof as Voorsitter en Johan van Schalkwyk van Lynnwoodrif as Ondervoorsitter. Hierdie was 'n langer sitting en daar is besluite oor net agt sake geneem.
GEMEENTES
Ohrigstad (jacobriette@xsinet.co.za) het vir Jacob van der Merwe ('n emeritus) as termynkontrakleraar beroep. Hy word op 13 September 2009 bevestig.
Geluk aan die gemeentes wat verjaar: Pretoria-Garsfontein 27 (22/8), Tygerpoort 28 (23/8) en Krielpark 34 (1/9).
PREDIKANTE
PRIORITEITSAKE
Na afloop van die Voetsool sinodesittings was dit duidelik dat daar 'n behoefte bestaan dat God weer die middelpunt van ons bestaan moet word. Dalk het ons te veel ander pad begin kyk en met te veel ander randsake begin besig raak. Die ou klassieke geestelike dissiplines kan ons baie hiermee help. 'n Projekgroep word saamgestel om hulpmiddels in die benutting van die klassieke geestelike dissiplines vir gemeentes te ontwikkel.
Ons wil graag al voor die sinodesitting bietjie koppe begin bymekaar sit. Enige predikant in die Pretoria-omgewing wat by die projekgroep betrokke wil raak, kan vir Elsje Büchner voor 31 Augustus by ebuchner@luxmundi.org.za kontak. (Na afloop van die sinodesitting sal die taakgroep ook persone vanuit die platteland insluit.)
BEDIENINGE
Onderlinge Sorg herinner aan die Mentor Opleiding 7 tot 9 September. Daar is nog geleentheid om in te skryf.
Onthou ook die werkswinkel in verband met gemeentes se Mannebediening. Lees hier die program en kontakbesonderhede.
Die Woordwyser is vanaf 21 Mei (Hemelvaartdag) per e-pos beskikbaar. Intekenaars ontvang elke dag 'n dagstukkie wat hulle sommer op die rekenaarskerm kan lees of kan uitdruk om later op hulle tyd te lees. Ons bied 365 dagstukkies teen 'n fooi van slegs R50,00. Die derde bybelboek, Romeine, begin 25 Augustus. Stel dit asseblief aan u gemeentelede met toegang tot e-pos bekend. Teken op ons webblad in by http://www.sinoos.co.za/e-dagstukkie
VERGADERINGE
Die Agenda vir die sinodesitting is op pad na die drukker. Onthou ons tema: Lewens wat van God vertel. Die drie prioriteitsake is Lewe met God in die middelpunt, 'n Christelike lewenswyse en Daadgetuienis.
GESAMENTLIKE WERKSAAMHEDE
Die kuns van gemeentelike leierskap – is 'n twee jaar kursus onder leiding van prof Nelus Niemand. Lees meer oor die temas en aanbieders.
ALGEMENE SINODE
Die Moderatuur het 'n persvrystelling oor die onderwys, veral die talle vakante poste vir skoolhoofde, gemaak. Lees dit hier.
VERJAARSDAE
Geluk aan almal wat tot 31 Augustus verjaar.
25 Augustus - Pieter van Niekerk (Pretoria-Oosterlig) epos: servus@iafrica.com
Groete tot 1 September (Lentedag?!).
Henry van der Schyff
Uitvoerende Amptenaar
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

