Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:
Nuus » Argief » 2009 » Julie » Verder lees
FAMILIENUUS 145
2009/07/21

Liewe Sinode-familie

 

Ons is almal weer op ons pos na die wintervakansie.  Die koue het egter nog nie die wyk geneem nie.

 

FEESJAAR - SINODE 30 JAAR

Vanaf 25 tot 27 Februarie 2001 vergader die Sinode weer volgens die nuwe werkswyse by Bondev Huis in Centurion.  Tydens die sitting is die nuwe Familiereëls vir die Sinode goedgekeur.  Dit is met 'n enkele stemming eenparig goedgekeur, nadat 'n proses van konsultasie gevoer is, waardeur die gemeentes met mekaar ooreengekom het, hoe die familieverband met mekaar wil funksioneer.  'n Klein aantal besluite is tydens die sitting geneem en telkens is met groen, geel en rooi kaarte gestem.

 

GEMEENTES

Graskop (ngkerkgraskop@lantic.net) het vir Sarel Loots as Tentmaker beroep.  Hy is tans die pastorale hulp en word op 2 Augustus bevestig.

Ohrigstad (082 523 4474) het Jacob van der Merwe as Termynkontrakleraar beroep.  Hy is reeds 'n emeritus en word binnekort bevestig.

Gedurende Juniemaand was daar by Lyttelton (nglyttelton@cknet.co.za) 'n gewapende roof!  Gemeentes moet steeds waaksaam bly.

Geluk aan die gemeentes wat verjaar:  Badplaas 36 (24/7), Debruinpark-Ermelo 36 (25/7), Moreletapark 24 (29/7) en Witbank-Vallei 29 (3/8).

 

BEDIENINGE

Onderlinge Sorg herinner aan die Mentorkursus wat 7 tot 9 September 2009 by Makarios naby Komatipoort plaasvind.  Die kursus word onder leiding van Gerrie Doyer en dr Johan van den Heever aangebied.  Onthou die sluitingsdatum is 28 Augustus 2009.

Ondersteuningsdiens – Die Regsdiensgroep vra gemeentes wat wysigings aan die Familiereëls wil voorstel, om die voorstelle aan die Sinode huis te stuur.

 

VERGADERING

Die Ontwerpspan is opgewonde oor ons verjaarsdag sinodesitting.  Behalwe al die goeie herinneringe word ook vorentoe gekyk.  Die prioriteitsake kan baie bydra om die tema te laat realiseer:  Lewens wat van God vertel.  Daar word ook gepoog om afgevaardigdes en ander persone op 'n moderne manier te betrek.

 

GESAMENTLIKE WERK

Die CMR Mpumalanga het goeie nuus ontvang.  Die staatsubsidies in Mpumalanga is terugwerkend vanaf 1 April 2009 met tussen 8% en 14% verhoog.  In Limpopo is die verhogings nog beter.

Kursusse by Tukkies oor induksieleiers, gemeentebou, verbeeldingspastoraat en die kuns van gemeentelike leierskap vind gedurende Julie en Augustus plaas.  Lees hier meer.

 

ALGEMENE SINODE

Calvyn 500.  Johannes Calvyn is mos op 10 Julie 1509 gebore.  Op 26 Julie word deur die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika aan die invloed van sy werk aandag gegee.  Lees hier meer.  (Indien jy wil toets hoe Calvinisties jy is – jou C-faktor – volg hierdie skakel http://www.trouw.nl/religie-filosofie/nieuws/article1934690.ece

Die Moderamen van die Algemene Sinode het op 23 en 24 Junie besluite geneem oor die verklaring van die Moderators oor die opstanding, die Belydenis van Belhar en die verhouding Kerk en Wetenskap.  Lees dit hier.

 

GEMEENTELIKE BEDRYWIGHEDE

Jurgens de Jager van Witrivier meld dat talle predikante van hulle kwartaal reekse gebruik maak.  Die nuwe kwartaal se stukke is beskikbaar.

Gratis Bybelstudie-reeks vir sel- / omgee / Bybelstudiegroepe, asook dagstukkies wat by elke tema pas.  Gemeentes wat belangstel om die DVD te bestel wat gebruik kan word by die Bybelstudies (5-8 minute inleiding van die tema), kan dit bekom by mmp@mmponline.co.za teen R40 per DVD.  'n Voorbeeld van die DVD vir die derde kwartaal kan ook besigtig word by http://www.adventureswanted.co.za/video.html

Kyk gerus na ander tema's by http://www.ngwitrivier.co.za/kwartaal.php.  Indien leraars belangstel om van die reekse te bestel, kan jurgens@nelspruit.info gekontak word om die reekse gratis deur te stuur.

 

ANDER INLIGTING

'n Koorwerkswinkel vind op 22 Augustus 2009 by die Geref Kerk Rooihuiskraal plaas.  Van die aanbieders is prof Petru Gräbe, ds Cassie Carstens en Adolf Theron.  Kontak centurioncantus@gmail.com vir meer inligting en 'n inskrywingsvorm.

Werk in Sudan?  'n Land met 56% onbereikte groepe!  Kyk by http://www.sudanpartners.org/cgi-bin/giga.cgi?c=121 of kontak arrie@sudanpartners.org om inligting oor 'n konferensie op 25 Julie by Skuilkrans te kry.

 

ADVERTENSIES

Coram Deo gemeente in Vereeniging bied kerkbanke te koop aan.  Kontak coramdeo@telkomsa.net vir meer inligting.

 

PENSIOENARISSE

Ds Attie Smit wat by Hendrina gedurende 1994 geëmeriteer het, is Junie oorlede.

 

VERJAARSDAE

Geluk aan almal wat saam met my verjaar:

24 Julie – Danie Veldsman (Dosent UP) epos: danie.veldsman@up.ac.za

26 Julie - Anton Badenhorst (Lux Mundi) epos: abadenhorst@luxmundi.org.za

28 Julie - Yolandé Giliomee (Skuilkrans) epos: yolande@lmt.co.za

30 Julie - Henry van der Schyff (Uitvoerende Amptenaar) epos: uitamp@sinoos.co.za

30 Julie - Neels van Zyl (Olifantsfontein) epos: hermiasv@lantic.net

3 Augustus - Steph Combrinck (Past Hulp, Lyttelton) epos: nglyttelton@cknet.co.za

3 Augustus - Neels Müller (Kpln SAPD, Pretoria-Oosterlig) epos: nem3c@mweb.co.za

 

Groete tot 4 Augustus 2009.

 

Henry van der Schyff

Uitvoerende Amptenaar

uitamp@sinoos.co.za

 

 


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend