Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:
Nuus » Argief » 2009 » Junie » Verder lees
FAMILIENUUS 144
2009/06/23

Liewe Sinode-familie

 

Hiermee die laaste Familienuus voor die skoolvakansie.  Ons hoop elkeen kan in die Bosveld kom en iets van die koue vryspring.

 

FEESJAAR - SINODE 30 JAAR

Vanaf 24 Oktober 1999 is by Bondev Huis teenaan die Hennopsrivier op \'n totaal nuwe wyse vergader en ingrypende veranderinge aan die wyse van funksionering en die struktuur van die Sinode goedgekeur.

 

Daar is vooraf gedroom oor \'n nuwe manier van werk, lank daaraan beplan en uiteindelik het dit stuk vir stuk begin waar word.  Die mooi omgewing, die stemming van die vergadering, die opgewondenheid oor die verhoogde deelname en die liefdesbande wat gesmee is, het van hierdie die moeder van alle sinodesittings gemaak.  Die waardes van die Sinode is gevestig.  Die funksionering van die Bedieninge is goedgekeur en die Diensspanne is saamgestel.  Daar is heerlik geëet en gekuier en die komponis van ons Sinodelied, Ulrich Trümpelmann, het selfs \'n vis gevang!  Coram Deo is heerlik gesing en die Sinode Joernaal is daagliks gelees.

 

Aan die einde van die sitting is die eerste Sinodale Diensraad vir Oos-Transvaal vir \'n termyn van 4 jaar verkies.

 

GEMEENTES

Geluk aan die gemeentes wat gedurende die volgende maand verjaar:  Witrivier 68 (28/6), Silvertonkruin 34 (30/6) en Elarduspark 34 (1/7).

Ons verneem op \'n laat stadium dat Elarduspark se jeugwerker in \'n motorongeluk oorlede is.  Hy was Seep Schoombie, \'n derdejaar teologiese student.

 

 

PREDIKANTE

Marius Crouse (goedgegun@posix.co.sz) van Goedgegun-Swaziland het nie die beroep na Griekwastad aangeneem nie.

 

BEDIENINGE

Aanbidding herinner almal aan die Liedjieskryf-kompetisie.

Gemeentes wat nog nie hulle finansiële state na die Sinode huis gestuur het nie, moet dit asseblief dadelik stuur.

 

VERGADERINGE

Die Sinodale Diensraad het vergader.  Hulle sê baie dankie aan al die gemeentes wat hulle sinodale bydraes so getrou en stiptelik betaal.

 

GESAMENTLIKE WERK

Ferdie Clasen berig:  Excelsus se jaarlikse Lentekonferensie vind plaas op 6 tot 8 Oktober.  Die volledige program plus \'n inskrywingsvorm word hierdie week na alle gemeentes gepos. 

Meer inligting oor die konferensie wat die Sinodale Getuienisforum reël oor Kultuur en Bediening op 21 en 22 Augustus kan hier gelees word.  Die inskrywingsvorm en program is ook aangeheg.

 

ALGEMENE SINODE

Die Afrikaanse Taalraad is besig om \'n opname te maak oor die gebruik van Afrikaans op verskeie terreine, onder andere ook die Kerk.  Prof Kobus Schoeman, van Kerkspieël-faam neem die leiding.  Gemeentes word aangemoedig om die vraelys te voltooi.  Laai dit hier af, of vra ons om dit per e-pos te stuur of \'n uitdruk aan julle te pos.

 

ANDER INLIGTING

Prof Wentzel Coetzer bied weer twee pastorale beradingskursusse aan:  Op Saterdag 1 Augustus handel dit oor Aborsie, miskraam en stilgeboorte op 29 Augustus word aan Verkragting, molestering en bloedskande aandag gegee.  Meer besonderhede is hier beskikbaar.

 

VERJAARSDAE

 Geluk aan almal wat tot 20 Julie verjaar:

 

25 Junie - Nico Swart (Skuilkrans) epos: nico@skuilkrans.co.za

30 Junie - Gerrie Doyer (Witrivier) epos: gerrie@ngwitrivier.co.za

2 Julie - Erik Immelman (Halfweghuis) epos: erikjen@iafrica.com

4 Julie - Dolf Germishuys (Past hulp, Hendrina) epos: dolf.germishuys@inafrica.co.za

6 Julie - Bertie Driescher (Past hulp, Bronkhorstpruit) epos: b.driescher@absamail.co.za

7 Julie - Thinus Prinsloo (Carolina) epos: mfp@lando.co.za

9 Julie - Izak Liebenberg (Meyerspark) epos: ilieb@absamail.co.za

9 Julie - Gawie Malan (Pretoria-Oosterlig) epos: gm@harvestbarn.co.za

9 Julie – Stephan van Greunen (Nelspruit) epos: svangreunen@gmail.com

11 Julie - JP Pienaar (Amsterdam) epos: jppienaar@telkomsa.net

13 Julie - Henk Janse van Rensburg (Pierre van Ryneveld) epos: henk@pvr.co.za

 

Groete tot na die vakansie.

 

Henry van der Schyff

Uitvoerende Amptenaar

uitamp@sinoos.co.za

 


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend