Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:
Nuus » Argief » 2009 » April » Verder lees
FAMILIENUUS 140
2009/04/28

FAMILIENUUS 140

Groete na die verkiesing.  Ons hoop die toue by die stembus was nie te lank nie.

FEESJAAR - SINODE 30 JAAR

Die sinodesitting van 1995 was 'n draaipunt.  Prof Piet Meiring (Lynnwoodrif) neem oor as Moderator, ds Piet Bezuidenhout (Lydenburg-Suid) word verkies tot Assessor, dr Johann Ernst (Doornkloof) as Aktuarius, ds Henry van der Schyff (Pretoria-Faerie Glen) as Skriba en ds Gerrie Doyer as Assistent-Skriba.  Om koste te bespaar, is die sitting in minder as 5 dae afgehandel.  Hoe minder die sittingsdae, hoe langer het die sittingsure geword.  Dit sou die laaste keer wees dat die Sinode vir 'n gewone sitting in die ou formaat in die Sinodale Sentrum in Pretoria byeenkom.

Kort voor die verdaging is besluit dat die Sinodale Kommissie 'n ondersoek doen oor die sinvolheid en effektiwiteit van sinodale vergaderinge, soos dit gehou word.  In die lig van die ondersoek word reeds aanpassings by die volgende vergadering gemaak!

GEMEENTES

Geluk met julle verjaarsdae:  Amsterdam 99 (30/4), Ligkruis 27 (2/5), Laeveld 80 (4/5) en Belfast 110 (6/5).

PREDIKANTE

Geluk aan Pieter de Jager (pjcde@xsinet.co.za).  Hy ontvang op 15 Mei sy D-graad.  Die tema van sy proefskrif is:  Pastorale versorging van bejaardes wat kinders aan die dood afstaan.

Vanjaar se landswye Pinkster-onderwerpe is beskikbaar.  Die tema na aanleiding van Calvyn en die Heilige Gees is:  Opreg en bereidwillig.  Dit kan afgelaai word by www.clf.co.za of stuur 'n e-pos aan amanda@clf.co.za om dit aan te vra.  'n Samevatting van die temas is hier beskikbaar.

BEDIENINGE

Ekologie konferensie - 11 tot 13 Mei 2009 by Loskop Natuurreservaat.  Die tema: Agter die Glasgordyn. Kontak Jannie van Eeden dsveeden@lantic.net

GESAMENTLIKE WERKSAAMHEDE

Die jongste VBO nuus is oor die Lentekonferensie en die kursusse gedurende Maart 2010.  Lees hier.

ALGEMENE SINODE

Daar bestaan 'n vakature vir die Kerkbode-redakteur.  Die sluitingsdatum vir aansoeke is 13 Mei 2009.  Vereistes vir die pos kan hier gelees word.

Het julle al die pamflette en CD oor die Rimpelsprojek gekry?  Indien nie, laat weet bestel@bmedia.co.za.  Gemeentes kan ook registreer op dié webblad www@rimpels.co.za om toegang tot die jongste produkte te verkry.

ANDER INLIGTING

Skuilkrans bied in samewerking met Eldoraigne se manne-bediening 'n Halftyd seminaar aan.  Dit is van 8 tot 10 Mei by Weesgerus Oord.  Kontak Gerda 084 588 3438 of www.skuilkrans.co.za.

Premiermyn (ngpremiermyn@absamail.co.za) se Cullifest vind op 2 Mei plaas.

'n Bosberaad oor Diversiteit word op 18 en 19 Mei in Pretoria gereël.  Jan Botha van die Noordelike Sinode bied dit aan.  Plekke is beperk.  Lees hier meer.

Willem Nicol bied twee kursusse aan.  Op 5 Mei handel dit oor die proses van besluitneming.  Dit is by Stellastraat gemeente.  25 tot 27 Augustus is 'n inleidende kursus in spirituele begeleiding by Good Shepherd.  Meer inligting by wnicol@mweb.co.za.

VERJAARSDAE

Geluk aan almal wat die volgende twee weke verjaar:

28 April - Jaco van Eyssen (Witbank-Panorama) epos: jacongpan@hotmail.com

30 April - Neels van Tonder (Oostelike Sinode, finans) epos: finans@sinoos.co.za

1 Mei  - Tommie Marais (Nelspruit) epos: tommarie@lantic.net

1 Mei  - Henriëtte Cronje (Oostelike Sinode, finans) epos: boekhou@sinoos.co.za

2 Mei  - André Venter (Doornkloof) epos: denventer@absamail.co.za

2 Mei  - Henry Green (Witbank-Vallei) epos: Henry.Green@vodamail.co.za

3 Mei  - Francois Fourie (Pretoria-Oosterlig) epos: fouriefrancois@telkoms.net

3 Mei  - Petrie Coetzee (Ligkruis) epos: petri@ligkruis.co.za

3 Mei  - Nelis Lindeque (Doornkloof) epos: cjl@mweb.co.za

4 Mei  - Jaco van Niekerk (Ermelo) epos: jacovanniekerk@ngkermelo.co.za

5 Mei  - Dewald Vermaak (Laeveld) epos: d_rvermaak@xsinet.co.za

5 Mei  - Jan Potgieter (Belfast) epos: janhendrik@lantic.net

8 Mei  - Danie Dreyer (Tygerpoort (Pretoria)) epos: daniedr@ngtyger.com

11 Mei  - Van Wyk Fischer (Silvertonkruin) epos: silvertonkruin@absamail.co.za

 

Groete tot 12 Mei.

 

Henry van der Schyff

Uitvoerende Amptenaar

uitamp@sinoos.co.za

 


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend