Oostelike Sinode
FAMILIENUUS (125)
2008/08/26
26 Augustus 2008
FAMILIENUUS (125)
Liewe Sinode-familie
Die winter lê op sy rug. Dit is nie net die datum wat dit sê nie, ook die temperature wys dit. Woordwyser mik na die Psalms, maar Jesaja 31 vers 15 sê nog die week – Julle krag lê in stil wees en vertroue hê!
GEMEENTES
Lyttelton-Oos (ngk@lytteltonoos.org.za) was op 7 Augustus 50 jaar oud, en nie op die 17de soos verlede keer gesê is nie.
Skuilkrans (ngskuil@mweb.co.za) het gisteraand vir dr Auke Compaan van Durbanville-Sonstraal beroep. Sterkte!
Komatipoort (ngkomati@mweb.co.za) het prop Philip Garbers as pastorale hulp aangestel. Hy en sy gesin was vir 'n tydperk in Kanada woonagtig.
PREDIKANTE
Jaco Hoffman (jaconda@iafrica.com) van Witbank het op 24 Augustus afskeid geneem Hy gaan hom in Oxford in Engeland vestig.
BEDIENINGE
Dink asseblief aan ons Predikantekonferensie 1 tot 3 September by Orpen in die Wildtuin. Prof Anton van Niekerk is die spreker. Die tema is "Hoe glo ons in 'n tyd soos hierdie?"
Die nuutste nuus in verband met die Mannebediening kan hier gelees word. Daar is nog 'n aantal plekke beskikbaar.
Die Bediening vir Getuienis werk saam met Kingfisher Mpumalanga. 16 en 17 September vind 'n werkswinkel by Panorama Graskop plaas. 'n Uitnodiging om saam te kom droom oor 'n gemeente wat as geloofsgemeenskap in ons tyd en omstandighede funksioneer. Temas wat aangebied word, is: Heelhartig deel is van God se Koninkryksbeweging; Dissipelskap prakties leef en daadwerklik 'n verskil maak in die gemeenskap. Skakel Anton Doyer by 013 238-0260 / 082 623 9246 of Sarel Loots 083 600 9863 voor 8 September 2008.
VERGADERINGE
Ons wag vir die name van die gemeentes se verteenwoordigers by die Voetsool sinodesittings. Stuur dit sommer nou!
GESAMENTLIKE WERKSAAMHEDE
Onthou die Lentekonferensie by Tukkies 7 tot 9 Oktober 2008.
ALGEMENE SINODE
Verlede week is in Kortnuus berig oor die VGKSA se houding teenoor die NG Kerk in verband met kerkeenheid. Daar was navrae oor die NG Kerk se voorstelle in verband met die proses. Lees hier meer daaroor. Onthou dit is voorstelle!
Besoek gerus die Gespreksforum op die NG Kerk se webblad, naamlik http://www.ngkerk.org.za/AS/gespreksForum.asp.
Onthou die Algemene Sinode se Musiekfees JONK LIVE 29 tot 31 Augustus 2008. Lees by www.live.jonk.co.za
ANDER INLIGTING
Almal wat by verlede jaar se sinodesitting teenwoordig was, sal ds Johannes Ramolahlehi van die NG Kerk in Afrika onthou. Hy is verlede week na 'n kort siekbed oorlede.
Daar is geleenthede vir Christen onderwysers in Japan. Navrae by theomarlene@yahoo.com
Vanaf 1 tot 30 September is dit die Moslems se maand Ramadan. 'n Gebedskalender vir Christene kan by Jericho Mure verkry word. http://www.jwipn.com
Centurion Cantus bied op 13 en 14 September 'n lentekoorfees in die Gereformeerde Kerk Centurion aan. Navrae Kobus Trichardt 083 289 9434.
Lynnwoodrif Bybelskool bied op Dinsdae vanaf 7 Oktober 2008 vir ses geleenthede 'n oop module oor Geestelike verdieping aan. Die oggendsessies begin om 09:00 en word saans om 19:00 herhaal. Kontak info@lynnwoodrifbybelskool.co.za vir meer inligting en 'n inskrywingsvorm.
VERJAARSDAE
Geluk aan almal wat tot 8 September 2008 verjaar.
7 September - Piet Meiring (Past Hulp, Skuilkrans) e-pos: pmeiring@ccnet.up.ac.za
7 September - Stephan van Greunen (Nelspruit) e-pos: svangreunen@gmail.com
8 September - Marius Smit (Past Hulp, Breyten) e-pos: mss@webmail.co.za
Groete tot in die lente.
Henry van der Schyff
Uitvoerende Amptenaar
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

