Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:
Nuus » Argief » 2008 » Julie » Verder lees
FAMILIENUUS (123)
2008/07/29

29 Julie 2008

 

FAMILIENUUS (123)

 

Liewe Sinode-familie

 

Die Augustuswinde begin in Pretoria hier en daar al te stoot.  Sien gerus in die geritsel van die blare die wind van die Gees raak.  Dit is tog nou die tyd van die Gees wat die Kerk bou.

 

GEMEENTES

 

Ligkruis (kerkkantoor@ligkruis.co.za) stel vanaf 1 Augustus 2008 Petrus Moolman as pastorale hulp aan.

 

Moreletapark (info@moreleta.co.za) bevestig op 3 Augustus 2008 vir Peet Grobbelaar.  Hulle kom van Queenstown af.

 

Sabie (013 764 1363) het op 27 Julie 2008 vir Erik Brits bevestig.  Hulle was in Empangeni gewees.

 

Welkom aan julle drie met julle gesinne!

 

PREDIKANTE

 

Deon van der Berg (deon@lewensverryking.co.za) van Valleisig het op 27 Julie 2008 sy afskeidspreek gelewer.  Hy is na Florauna vir die Lewensverryking beroep.

 

BEDIENINGE

 

Getuienis reël weer konsultasies oor Kerkhereniging.  Dit vind op 25 Augustus by Nelspruit-Westergloed en Lydenburg-Suid plaas.  Op 26 Augustus is dit by Ermelo, op 27 Augustus by Middelburg (Witkerk) en op 28 Augustus by Tygerpoort in Pretoria.

 

Onderlinge Sorg reël twee groot geleenthede:  Gideon van Dam tree op 4 Augustus om 09:00 by Skuilkrans op.  Dit handel oor die Predikant as Geestelike Begeleier en sy/haar spiritualiteit.  Onthou om te bespreek.  Lees hier meer.

 

Mannebediening se afskopgeleentheid vind by die Struwig Ekoreservaat by die Wildtuin van 16 tot 19 Oktober plaas.  Lees hier meer.  Besprekings en ander inligting by janusroux@ngelarduspark.org.za

 

’n DVD wat handel oor die A tot Z beleid vir predikante is aan elke predikant gepos.

 

Aanbidding stel die volgende reeks e-bybelskoollesings op die webblad beskikbaar. Die reeks oor Bybellees in konteks gaan oor die eerste tydperk waarin Ou-Testamentiese geskrifte ontstaan het, naamlik die pre-monargale tyd (die tyd voordat Israel 'n koning gehad het). Die fokus is die Eksodustradisie.

 

VERGADERINGE

 

Die Sinodale Diensraad het die datums vir die Voetsool sinodesittings goedgekeur.  Dit is 11 Oktober by Ermelo, 25 Oktober in Nelspruit, 1 November in Pretoria en 8 November in Witbank.

 

Meer inligting volg binnekort.

 

GESAMENTLIKE WERKSAAMHEDE

 

’n Aantal lesings en kursusse word aangebied.

4 en 5 Augustus – Public theology in a global era

14 Augustus – Do not ask what you can do for BEE, ask what BEE can do for you.

19 Augustus – Besoek van dr Andrew Purves by Suidoos-Pretoria:  Reconstructing Pastoral Ministry

26 en 27 Augustus – Imaginative Pastoral Counseling

7 tot 9 Oktober – Lente in Bediening en Teologie 2008. 

Meer oor die geleenthede hier te lees.

 

PEN-Aksie is aktief betrokke om die nood van die inwoners van Schubartpark en Krugerpark te verlig.  Lees hulle jongste brief hier.  Hulp kan steeds verleen word.  Skakel Anita by 012 323 6688 vir besonderhede.

 

’n Werkswinkel om:  “’n Inter-kulture bediening te begin.”  Saterdag 2 Augustus 2008, vanaf 09:00 tot 13:00 by Noordoos-Pretoria gemeente in Kilnerpark.  Bywoning is gratis en die geleentheid word deur Martiens Swart hanteer.  Hy het reeds ’n bloeiende inter-kulturele bediening op die been.  Laat weet vir Thinus Grobler indien jy kan bywoon – 082 564 2722.

 

ALGEMENE SINODE

 

Die webwerf van die Algemene Sinode is ook herontwerp en word vanaf 18 Julie getoets.  Kyk gerus daarna by http://www.ngkerk.org.za

 

Dr Abraham Dekker, vader van die Christelike Lektuurfonds is onlangs oorlede.

 

ADGO se Projekspan vir musiek bied die volgende Lenteskool vir Aanbidding en Musiek op 24 en 25 September by Stellenberg gemeente aan.  Kontak kotiew@ngkerk.org.za vir meer inligting.

 

ANDER NUUS

 

Deon Kitching nooi belangstellendes vir ’n studietoer in jeugwerk.  Dit geskied vanaf 5 tot 25 November 2008 in die VSA.  Kontak hom by deonkit@mweb.co.za  

 

Die Dagboek van Dirk Postma – die stigter van die Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika – sien binnekort die lig.  Kontak info@wros.co.za

 

ADVERTENSIES

 

Prof Henk Askes se familie in Nederland benodig ’n Afrikaanse au pair (tussen 18 en 25 jaar) vanaf einde 2008 tot einde 2009.  Hulle kan gekontak word by jack.carlien@hetnet.nl

 

Die International Protestant Church of Zurich, IPC beskik oor ’n vakature vir ’n senior predikant vir drie jaar vanaf Januarie 2009.  Die posbeskrywing kan by die volgende skakel gelees word:  http://www.ipc-zurich.org/search.html

 

Harmonie Oord bied bekostigbare verblyf vir bejaardes wat net ’n maatskaplike pensioen as inkomste ontvang.  Lees meer hieroor.

 

VERJAARSDAE

 

Baie geluk aan almal wat saam met my(!) hierdie tyd verjaar.

 

30 Julie - Henry van der Schyff (Oostelike Sinode) e-pos:  uitamp@sinoos.co.za  

30 Julie - Neels van Zyl (Olifantsfontein) e-pos:  hermiasv@lantic.net  

3 Augustus - Steph Combrinck (Past Hulp, Lyttelton) e-pos:  nglyttelton@cknet.co.za  

3 Augustus - Neels Müller (Kpln SAPD, Pretoria-Oosterlig) e-pos:  nem3c@mweb.co.za  

5 Augustus - Uli Trümpelmann (Malelane) e-pos:  ngmalela@mweb.co.za  

6 Augustus - Dirk Human (Dosent UP) e-pos dirk.human@up.ac.za

6 Augustus – Alphonso Groenewald (Dosent UP) e-pos alphonso.groenewald@up.ac.za

8 Augustus - Colin Smith (Kerksondermure) e-pos:  colinsmith@worldonline.co.za  

11 Augustus - Johan Graaff (Morgenzon) e-pos:  johangraaff@yahoo.com  

 

 

 

Groete tot 12 Augustus 2008

 

 

 

Henry van der Schyff

Uitvoerende Amptenaar

uitamp@sinoos.co.za

 

 

Begin


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend