Oostelike Sinode
OMSENDSKRYWE 2007/4
2008/05/05
20 Februarie 2007
AAN GEMEENTES IN OOS-TRANSVAAL
Beste broer/suster
INLIGTING OOR DIE FINANSIëLE STATE
Die finansiële state vir die boekjaar wat op 28 Februarie 2007 eindig, moet voltooi word. Die state is in Excel-formaat opgestel en is elektronies beskikbaar. Julle kan dit by Elna de Bruyn per e-pos (aanbid@sinoos.co.za) aanvra of van die webblad aflaai by http://sinoos.co.za.img2/2007FINSTATE.xls
Julle moet asseblief nie die vorige formaat gebruik nie, aangesien wysigings daarop aangebring is.
Die state word na voltooiing direk aan ons gestuur! ('n Afskrif word ook aan die skriba van die Ringsdiensraad gegee.)
Oorhandig asseblief 'n afskrif van hierdie skrywe aan julle ouditeure!!
Die laaste datum waarop die state by ons moet wees, is 15 Junie 2007.
Meneer Neels van Tonder, ons Finansiële Beampte, verskaf die volgende praktiese aanwysings. Gee asseblief daaraan aandag.
Let asseblief daarop dat die gemeente se naam en belasting verwysingsnommer op elke bladsy, behalwe bladsy 2, aangebring word.
Indien nodig, maak gebruik van bylaes om in julle eie behoeftes te voorsien - moet nie die stel state as beperkend beskou nie.
BLADSY 2
Die state moet deur 'n geoktrooieerde rekenmeester opgestel word. Dit is nie goed genoeg dat 'n rekenkundige beampte die state opstel nie.
BLADSY 3
Bank oortrekking word hier getoon en nie op bladsy 6, onder punt 4 nie.
BLADSY 4 en 5
Die begrotingskolom moet asseblief voltooi word. Die Ouditeure kan hulle verslag kwalifiseer, deur te meld dat hulle geen mening oor die begroting uitspreek nie.
BLADSY 4 - INKOMSTE EN UITGAWES
Inkomste - punt 6 en Uitgawes - punt 16 - Gedenktuin.
Die inkomste vir gedenktuine word op die volgende wyse in die berekening van sinodale bydrae hanteer:
Solank die oprigtingskoste verhaal word - vrygestel van sinodale bydrae.
Voorsiening vir instandhoudingskoste - word as aftrekking toegelaat, indien 'n inkomste getoon word.
Gemeentes word dus vriendelik versoek om die items soos aangetoon, te gebruik of by Punt 7 op bladsy 8 te toon.
Indien oprigtingskoste nog verhaal word, toon inkomste onder die Kapitaalrekening - Punt 5.1 op bladsy 7.
Punt 9 - Aangesien daar nie 'n sinodesitting in die 2006/7 boekjaar was nie, moet geen syfer teenoor die item verskyn nie. Ander afvaardigingskoste moet nie by die punt getoon word nie.
Punt 15 - Die hulp aan Zimbabwe via die Sinode verleen, word teenoor die item getoon, aangesien dit ook met die berekening van sinodale bydraes in ag geneem word. Hulp wat direk aan Zimbabwe gelewer is, moet nie hierby ingesluit word nie, want dit word nie by die berekening van sinodale bydraes in ag geneem nie.
BLADSY 5
Die inkomste uit versekeringseise en erflatings word apart onder "Ander inkomste" getoon, aangesien die sinodale bydraes nie daarop bereken word nie.
BLADSY 6
Punt 1.1 - Eiendom: Die wins op vaste eiendom verkoop, word nie as 'n bedryfsinkomste getoon nie, maar as 'n kapitaalwins onder die Kapitaalfonds - die wins is ook vrygestel van die berekening van sinodale bydraes.
Punt 1.2 - Meubels en toerusting - volg die volgende werkswyse. Skryf die saldo na R1 af, behalwe waar daar 'n lening aangegaan is. (Vergelyk bladsy 7, punt 6.) Meubels en toerusting word slegs teen kosprys getoon, wanneer dit met 'n lening (afbetalingsooreenkoms of huurooreenkoms) aangekoop word. Jaarliks word die kapitaaldelging dan daarteen afgeskryf.
Krediteer Meubels en toerusting en debiteer die Kapitaalfonds om die gewenste uitwerking te kry.
'N BELANGRIKE REëLING
BLADSY 7
Punt 5.1 - Kapitaalfonds: Die saldo van die fonds moet gelyk aan punt 1.1 plus 1.2 se totaal op bladsy 6 wees.
Indien daar lenings aangegaan is (bladsy 7, punt 6) is die saldo van punt 5.1 plus die bedrag in punt 6 gelyk aan punt 1.1 plus 1.2 se totaal op bladsy 6. Om die balansering verder te bewerkstellig, word oorplasings tussen die Kapitaalfonds en Gemeentefonds gedoen.
VERSOEK DIE OUDITEURE OM SPESIFIEK AAN HIERDIE SAAK AANDAG TE GEE.
BLADSY 9
Die bladsy word voltooi om 'n aanduiding van julle bydrae te verkry en dit te vergelyk met die bedrag wat begroot word.
INHANDIGING VAN DIE STATE
Ons maak steeds op julle goeie samewerking van die verlede staat. Tref asseblief vroegtydig reëlings om die state gereed te hê. Dit sluit die afsluiting in die kantoor, die reëlings met die ouditeure en die versending van die state in. Stel ons asseblief in kennis, indien die keerdatum nie gehaal kan word nie, sodat ons saam reëlings kan tref.
Enige navrae oor die state of die voltooiing daarvan, kan aan meneer Neels van Tonder by telefoon (012) 804 9543/4, epos finans@sinoos.co.za gerig word.
Ons sien uit om die jaar se state te ontvang.
Vriendelike groete
DS HJ VAN DER SCHYFF
UITVOERENDE AMPTENAAR
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

