Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:
Nuus » Argief » 2008 » April » Verder lees
FAMILIENUUS (118)
2008/04/29
Liewe Sinode-familie

 

Niemand het voorsien dat hierdie Familienuus gedurende die week tussen die twee langnaweke moes verskyn nie.  Baie is met vakansie, boonop is Donderdag Hemelvaartdag en die begin van Pinkstertyd.  'n Heerlike opwindende tyd hier in die middel-herfs.

 

Onthou Pinksterdag is die wêreldwye dag vir gebed.  In ons eie gebied dink ons spesiaal aan almal wat deur die proses van grondeise geraak word.

 

GEMEENTES

 

Premiermyn (ngpremiermyn@absamail.co.za) hou op 1 Mei 2008 as deel van hulle Cullifest - 'n Hemelvaartsfees.  Die hele gemeenskap is betrek en almal in en om Pretoria is welkom.  Dit begin 09:00 tot ongeveer 15:00 wanneer Jan de Wet die Hemelvaartsdiens hou.

 

Graskop (ngkerkgraskop@lantic.net) neem afskeid van Barend Piek, na die verstryking van sy kontrak.  Hulle het proponent Sarel Loots vanaf 1 Mei 2008 as pastorale hulp aangestel.

 

Moreletapark (info@moreleta.co.za) het Pieter Badenhorst van Florauna vir die vakature by hulle Geestelike en Emosionele Ondersteuningsentrum beroep.  Hy word vroeg in Mei 2008 bevestig.

 

Witbank-Klipfontein (admin@ngklipfontein.co.za) het op 20 April 2008 hulle eerste doopviering gehad.

 

PREDIKANTE

 

Totsiens aan:

 

Johan Claassen (johanclaassen@ngelarduspark.org.za) van Elarduspark begin op 1 Mei 2008 'n eie gebedsbediening.

 

Tewie Willemse (ngkhazy@mweb.co.za) van Hazyview emeriteer op 30 April 2008.

 

Fanie Steyn (kantoor@valleisig.org.za) eers by Tzaneen en nou na sy emeritaat gemeentebestuurder by Valleisig, se vrou Marietjie is op 16 April 2008 oorlede.  Ons dink aan jou!

 

BEDIENINGE

 

Getuienis se Ekologie Diensgroep bied op  9 en 10 Junie 2008 'n konferensie by Skuilkrans aan met die tema "Rykdom in Eenvoud."  By die geleentheid tree bekendes op oor die lewenswyse wat meer bevrediging inhou, as dit wat die wêreld bied.  Persone soos onder andere Dieter Holm, Tertius Harmse van RSG, prof Dons Kritzinger, dr Attie van Niekerk, dr Hannes van der Walt, 'n argitek Samuel Pauw en Koos Pauw sal daar wees.

 

Uitstallers vertoon produkte wat aansluit by die tema soos onder andere sonwaterverwarmers, sonkragstelsels, sonstowe en ander alternatiewe energiebronne.

 

Registrasie is Maandag 08:00 en die opening is om 09:00.  Koste beloop R50,00 per volwassene en R20,00 vir studente en kinders.

 

Kontak Corrie Swanepoel by e-pos getuie@sinoos.co.za, of tel 012 804 9543 vir verdere besonderhede en inskrywings.

 

Belastingsertifikate IRP 5 en IT3(a)

 

Volgens inligting wat ons van die Pretoria kantoor van die SAID ontvang het, moet die bestaande - IRP5 en IT3(a) - sertifikate nie gebruik word nie.  Nuwe sertifikate word voorberei en 'n mediaverklaring volg later.

 

GESAMENTLIKE WERKSAAMHEDE

 

Hierdie keer is daar weer nuus van 'n aantal kursusse en sprekers wat optree.  Meer inligting hieroor is beskikbaar by http://sinoos.co.za/img2/Kursusse.doc.

 

Dit handel oor die volgende:

 

  • Opleiding induksieleiers, wat help dat nuwe predikante ingeskakel word - 21 tot 23 Mei 2008.
  • Dr Alan Hirsch as Toerusting vir Interkulture bediening op 22 Mei 2008.
  • Prof Wentzel Coetzer se pastorale beradingskursus op 24 Mei - Tien fases van die genesingsproses.
  • 'n Oggend saam met dr Scott McKnight op 14 Mei oor die Boodskap van die Bybel.
  • Prof Wentzel Coetzer se pastorale beradingskursus op 26 Julie oor depressie.
  • Inleidende kursus in geestelike begeleiding onder leiding van dr Willem Nicol - 26 tot 28 Augustus 2008.

 

 

ALGEMENE SINODE

 

Kruisgewys se April 2008 uitgawe fokus op die Kerkspieël 2006 opname.  Kruisgewys kan ook gelees word by www.bybelmedia.co.za en www.gemeentes.co.za.

 

ANDER INLIGTING

 

Met die oog op die wêreldwye dag van gebed op 11 Mei 2008, word reeds op Saterdag 10 Mei 2008 om 19:00 'n lofprysings- en gebedsbyeenkoms by Moreletapark aangebied.  Dit is 'n interkerklike byeenkoms onder leiding van Love Pretoria East.

 

Klinieke vir die jeug en jeugwerkers deur Jeug EE3 by www.ee3.co.za.

 

VERJAARSDAE

 

Geluk aan almal wat tot 12 Mei 2008 verjaar.

 

30 April - Neels van Tonder (Oostelike Sinode) e-pos: finans@sinoos.co.za

1 Mei - Tommie Marais (Nelspruit) e-pos:  admin@ngknelspruit.co.za  

1 Mei - Henriëtte Cronje (Oostelike Sinode) e-pos:  boekhou@sinoos.co.za   

2 Mei - André Venter (Doornkloof) e-pos:  denventer@absamail.co.za   

2 Mei - Henry Green (Witbank-Vallei) e-pos:  hengreen@mweb.co.za   

3 Mei - Nelis Lindeque (Doornkloof) e-pos:  cjl@mweb.co.za   

3 Mei - Petrie Coetzee (Ligkruis) e-pos:  petri@ligkruis.co.za    

3 Mei - Francois Fourie (Pretoria-Oosterlig) e-pos:  ffourie@absamail.co.za   

4 Mei - Jaco van Niekerk (Ermelo) e-pos:  jacovanniekerk@xsinet.co.za   

5 Mei - Jan Potgieter (Belfast) e-pos:  janhendrik@lantic.net   

5 Mei - Dewald Vermaak (Laeveld) e-pos:  d_rvermaak@xsinet.co.za   

8 Mei - Danie Dreyer (Tygerpoort Pretoria) e-pos:  daniedr@ngtyger.com   

11 Mei - Van Wyk Fischer (Silvertonkruin) e-pos silvertonkruin@absamail.co.za

12 Mei - Wielie van Wyk (Middelburg-Suid) e-pos:  wielie@midsuid.co.za   

 

Groete tot Meimaand.

 

Henry van der Schyff

Uitvoerende Amptenaar

uitamp@sinoos.co.za

 

 


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend