Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:
Nuus » Argief » 2008 » April » Verder lees
FAMILIENUUS (117)
2008/04/15

 

 

Liewe Sinode-familie

 

Die tweede kwartaal het aangebreek en ons is op pad na Pinkstertyd. Die Here Jesus Christus het oor die Heilige Gees gesê: Hy sal vir julle 'n ander voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid. (Johannes 14:16). Mag elkeen ervaar dat ons nie alleen is nie.

GEMEENTES

Bronkhorstspruit (ngbhs@penta-net.co.za) is op soek na goeie gebruikte kerkbanke. Hulle begin Meimaand om hulle kerkgebou te vergroot. Kontak Piet Fourie by 082 463 0379.

Moreletapark (info@moreleta.co.za) het ds PJ Badenhorst van Florauna beroep om 'n vakature by die Geestelike- en Emosionele Ondersteuningsentrum te vul.

Nelspruit-Suid (ngnelspruitsuid@telkomsa.net) het vir Louis Pienaar van Rayton as jeugleraar beroep.

Piet Retief (reikop@telkomsa.net) het gister (14 April) 120 jaar oud geword. Die gemeente is in 1888 gestig. Baie geluk!

Skuilkrans (ngskuil@mweb.co.za) beskik oor 'n vakante leraarspos. Kontak beroepskuil@gmail.com vir meer inligting.

PREDIKANTE

Elsje Büchner (ebuchner@luxmundi.org.za) promofeer tydens 18 April se gradeplegtigheid. Haar proefskrif het gehandel oor: "Ek het 'n roeping" Die verhaal van vroue-predikante se reis in die Nederduitse Gereformeerde Kerk: Narratief historiese benadering.

Johan Claassen (johanclaassen@ngelarduspark.org.za) van Elarduspark neem op 30 April afskeid van die gemeente. Hy begin met 'n gebedsbediening.

Danie Louw (exalto@mweb.co.za) van Sabie se afskeid is op 20 April. Hy het die beroep na Floridapark aangeneem.

Tewie Willemse (ngkhazy@mweb.co.za) van Hazyview se afskeidspreek is op 4 Mei. Hy emeriteer.

Hulp met Pinkster: Vanjaar se Pinksterreeks is by CLF beskikbaar. Kontak amanda@clf.co.za om dit elektronies te bekom.

'n Kinderpinksterreeks kan by www.kidsxpress.org verkry word.

BEDIENINGE

Die Bediening vir Getuienis bied 'n oggend saam met Albert Nolan op 14 Mei 2008 aan. Sy boek Jesus Today: A Spirituality of Radical Freedom het die mark 18 maande gelede met 'n helderheid getref. Hoekom het niemand dit nog voorheen so eenvoudig gesê nie? Die gesprek vind by Skuilkrans plaas - 10:00 tot 12:30. Kontak Corrie Swanepoel 012 804 9543 of getuie@sinoos.co.za.

Ondersteuningsdiens herinner gemeentes aan die instuur van 2007/2008 se finansiële state. Ons wag nog op die eerste gemeente se state!

VERGADERINGE

Die Sinodale Diensraad het gemeentes versoek om 11 Mei 2008 as Biddag in te rig ter wille van almal wat deur die proses van grondeise geraak word.

Lees ander besluite van die Sinodale Diensraad by http://sinoos.co.za/uploads/BesluiteSDR.doc

GESAMENTLIKE WERKSAAMHEDE

'n Paar sake in verband met Teologiese opleiding:

Een: Daar is 'n behoefte aan predikante, wat as mentors vir die studente kan optree.

Twee: Gemeentes word herinner dat die dosente beskikbaar is om eredienste waar te neem.

Drie: Gemeentes het die geleentheid om van finale jaar studente gebruik te maak.

Kontak Flip du Toit om reëlings te tref by 012 420 2892 of ngkerk@postino.up.ac.za.

Die volgende kursusse of lesings vind plaas:

Een: Prof Dirk Smit oor die vraag:" Wat is publieke teologie?" op 23 April 2008 om 14:30.

Twee: Werkswinkel vir die aanbieders van Getroue Getuies 19 tot 21 Mei 2008.

Drie: Seminaar vir Kerkrade se Diensverhoudingekommissies deur die Noordelike Sinode op 24 Mei 2008.

Vier: Johan Heyns Gedenklesing op 27 Mei om 19:00 deur prof Danie Veldsman "Oor verwondering en vervreemding van teologiese nadenke: 'n Ervarings perspektief."

Vyf: 25 tot 27 Augustus 2008 'n kursus in Verbeeldingspastoraat.

Ses: Gedurende Augustus 2008 'n kursus in brugpastoraat. Dit is veral gemik op predikante, wat 'n gemeente kan help om tydens 'n vakature 'n oorgang na 'n nuwe bediening en predikant te maak.

Meer inligting oor al die kursusse is beskikbaar by http://sinoos.co.za/uploads/Kursusse.doc of skakel met suki.vanjaarsveld@up.ac.za vir volledige inligting.

ALGEMENE SINODE

Lees die persvrystelling oor die verkiesing in Zimbabwe by http://sinoos.co.za/uploads/PERSVRYSTZIM.doc

Lees die persvrystelling oor Tibet by http://sinoos.co.za/uploads/PERSVRYSTZIM.doc

Die Toerustingsburo Interkulturele Werkers (TIW) is by die Hugenote kollege. Hulle rus gelowiges toe vir interkulturele getuienis en diens in gemeentes en die gemeenskap. Kontak hulle by tiw@hugenote.co.za vir meer inligting.

ANDER INLIGTING

Die Agtste Suid-Afrikaanse Calvyn Navorsingskongres vind van 2 tot 4 September 2008 by die Universiteit van die Vrystaat plaas. Die tema is Calvyn as Kategeet. Meer inligting by britzrm.hum@ufs.ac.za.

VERJAARSDAE

Geluk aan almal wat tot 28 April 2008 verjaar.

15 April - Tewie Willemse (Hazyview) e-pos: ngkhazy@mweb.co.za

17 April - Faure Louw (Elarduspark) e-pos: faurelouw@ngelarduspark.org.za

17 April - Barry van der Merwe (Letsitele) e-pos: barryffc@mweb.co.za

17 April - Jaco Hoffman (Witbank) e-pos: jaconda@iafrica.com

17 April - Peter Nagel (Termynleraar, Lyttelton-Noord) sel 083 263 0433

18 Arpil - Jan Grey (Pretoria-Oosterlig) e-pos: jgrey@iafrica.com

21 April - Herman Nienaber (Pretoria-Oosterlig) e-pos: hnienaber@absamail.co.za

23 April - Gavin Meistré (Pretoria-Garsfontein) e-pos: gavinmeistre@telkomsa.net

26 April - Ben Blom (Belfast) e-pos: benblom@sentlikejesus.com

26 April - Eugen Kruger (Past hulp, Skuilkrans) 084 706 2636

27 April - Booy (Past hulp, Malelane) e-pos: gbooy@worldonline.co.za

27 April - Tienie de Bruyn (Premiermyn) e-pos: tieniedeb@absamail.co.za

28 April - Jaco van Eyssen (Witbank-Panorama) e-pos: jacongpan@hotmail.com

Groete tot gedurende die langnaweek week.

Henry van der Schyff

Uitvoerende Amptenaar

uitamp@sinoos.co.za


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend