Oostelike Sinode
KORTNUUS 1
2008/03/19
Ontmoet ’n nuweling in die Sinode se kommunikasie. Kortnuus verskyn om telkens een saak te hanteer. Dit raak veral die geleenthede van die Bedieninge en Diensgroepe. Dit kan ook kort-kort verskyn, soos die behoefte ontstaan.
Geniet dit hier kort voor Paasfees.
Henry van der Schyff
Liewe vrinne in die bediening
Teken asseblief nou al die volgende datums aan.
Op Woensdag 14 Mei 2008 lei André Botha die gesprek oor die soort taal wat ons met ons mense praat: Risikotaal of die taal van bevoegdheid (competence). Dit vind om 10:00 by Lux Mundi Gemeente plaas.
Die volgende geleentheid is op 11 Junie. Anneke de Beer, ’n professionele, persoonlike "lifecoach" lei dan die gesprek oor mens se terugbonsvermoë (resilience) en leierskap. Dit geskied ook by Lux Mundi Gemeente.
Die koste is telkens R5 (vir die tee en ’n muffin).
Mag julle ’n buitengewoon geseënde Paastyd beleef!
Lourens Bosman, Diensgroep vir Geestelike Leierskap
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

