Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:
Nuus » Argief » 2008 » Maart » Verder lees
FAMILIENUUS (116)
2008/03/11

Liewe Sinode-familie

Hierdie is die laaste Familienuus voor paasnaweek en die vakansie. Ervaar weereens die omvang van Jesus Christus se lyding, sodat ons almal jubelend op Paassondag kan uitroep: Die Heer het opgestaan! Die Heer het waarlik opgestaan!

GEMEENTES

Nelspruit-Suid neem afskeid van Darius Botha (DariusB@telkomsa.net) op 16 Maart 2008. Sy werksreëlings vir Namibië is in orde. Hy kan nou in Tsumeb bevestig word. Sy demissie is op 31 Maart 2008.

PREDIKANTE

Danie Louw (exalto@mweb.co.za) van Sabie het die beroep na Floridapark aangeneem. Hy vertrek net na die vakansie.

BEDIENINGE

Geestelike Leierskap. Die gespreksgroep wat Woensdag 12 Maart sou plaasvind is verskuif na Woensdag 14 Mei. Teken asseblief die volgende datums aan:

14 Mei om 10:00 te Lux Mundi: André Botha - Risikotaal of die taal van bevoegdheid.

11 Junie om 10:00 te Lux Mundi: Anneke de Beer - Terugbonsvermoë (Resilience) en leierskap.

Volhoubare bediening. Enige gemeente of persoon wat by die gesprek oor volhoubare bediening betrokke wil raak, kan gerus julle name na die Sinode huis stuur.

Ondersteuningsdienste herinner gemeentes dat die finansiële state volgens die nuutste formaat opgestel moet word. Laai dit af by http://sinoos.co.za/uploads/FINSTATE2008.xls

VERGADERINGE

Die Sinodale Diensraad vergader weer op 19 Maart 2008. Die fokus van die gesprek is hoe om vergaderinge in te rig dat ons duidelik die Here se stem kan hoor. Daar word ook gevra hoe kan ons almal saam die Here oor sake hoor. Bid asseblief vir die vergadering!

GESAMENTLIKE WERKSAAMHEDE

Excelsus by Tukkies noem dat die kursus in Brugpastoraat skuif na 5 tot 7 Augustus 2008. Op 18 Maart 2008 vind die volgende kursus in Pretoria plaas: Misdaad in SA en die rol van die Kerk. Meer inligting by www.excelsus.org.za of www.ccm.up.ac.za.

ALGEMENE SINODE

Handelinge 2007. Kobus Gerber skryf dat die Handelinge op die Algemene Sinode se webwerf beskikbaar is (http://www.ngkerk.org.za/NuweAgenda2007.asp). Dit kan afgelaai word en sal nog 'n geruime tyd op die webwerf beskikbaar wees. Die Handelinge word ook gedruk en op CD geplaas. (Gemeentes se keuse om 'n gedrukte of CD weergawe te ontvang, word steeds uitgevoer. Julle het reeds verlede jaar julle voorkeur aangedui. (Indien julle 'n ander keuse wil uitoefen, moet julle asseblief laat weet.)

Webwerf Algemene Sinode. Daar word tans probleme met die webwerf ondervind. Dit word so spoedig moontlik herstel.

Die Verklaring van die Moderatuur oor die Video, wat by Reitskamerwonings gemaak is, is reeds oral aangehaal. Die volledige weergawe is beskikbaar by http://sinoos.co.za/uploads/Reitz.doc

Gemeentedienste Netwerk (http://www.gemeentes.co.za). Hierdie webwerf is herontwerp. Daar is drie groot bedieningsareas, wat elk 'n eie baadjie aangetrek het, naamlik Kruisgewys, Seisoen van Luister en Gemeentedienste. Meer inligting volg later en is ook by Chris van Wyk beskikbaar chris@gemeentes.co.za

Bybel-Media noem dat die Februarie-uitgawe van Kruisgewys aan elke predikant gepos is. Indien dit nie teen 14 Maart 2008 ontvang is nie, stuur dan jou korrekte posadres per e-pos na cjordaan@bmedia.co.za

Bybel-Media Monitor is steeds beskikbaar. Handige rekenaarwenke, bruikbare webwerwe, materiaal vir die gemeenteblad en 'n bietjie humor is beskikbaar. Kyk by www.bmedia.co.za, kliek op BMmonitor onder die hofie Bedienings. (http://www.bmedia.co.za/content/view/380)

ANDER INLIGTING

Henk Boshoff (henkbos@telkomsa.net) vra bruikbare inligting oor geloofsbegeleiding van ouers met kleuters. Dit moet die gaping tussen doop en kategese kan vul. Stuur asseblief julle wenke aan Henk.

'n Musiekwerkswinkel word aangebied deur Kameeldrif op 15 Maart 2008. Die tema is: Het die gemeente nuwe musiek nodig? Watter aspekte moet in ag geneem word wanneer 'n alternatiewe musiekstyl deel word of is van die erediens? Meer inligting by http://sinoos.co.za/uploads/Kameeldrif.doc

VERJAARSDAE

Geluk aan almal wat tussen 11 Maart en 15 April verjaar. Julle bring die herfs na ons.

15 Maart - Carl Schoeman (Phalaborwa) e-pos: ngphala@telkomsa.net

15 Maart - Etienne Pheiffer (Volksrust) e-pos: etienne.pheiffer@volksrust.com

16 Maart - Flip du Toit (Predikant Teologiese Opleiding UP) e-pos ngkerk@postino.up.ac.za

18 Maart - Ronnie Stanton (Pretoria-Garsfontein, Kapelaan) e-pos: rastanton@webmail.co.za

19 Maart - Willie Nel (Kloofsig) e-pos: nelwag@unisa.ac.za

20 Maart - Johnie Grobler (Past Hulp, Kragveld) tel: 013-293-0886

21 Maart - Johan Taute (Lux Mundi) e-pos: jtaute@luxmundi.org.za

22 Maart - Okkie Olivier (Rayton) e-pos: ockie.olivier@lantic.net

23 Maart - Francois Retief (Ermelo) e-pos: fjretief@erm.dorea.co.za

23 Maart - Pieter Malherbe (Witbank) e-pos: pmlherbe@mweb.co.za

25 Maart - Koos Kriel (VGKSA Alkmaar) e-pos: koos.kriel@absamail.co.za

26 Maart - Casper Krüger (Past Hulp, Lux Mundi) e-pos: cek3k@mweb.co.za

27 Maart - Willem Badenhorst (Moreletapark) e-pos: willemb@moreleta.co.za

30 Maart - Daan Botha (Tzaneen-Wolkberg) e-pos: ngwolk@mweb.co.za

6 April - Lemmer Venter (Lydenburg) e-pos: lemmer@lantic.net

6 April - Frederick Wilson (Pretoria-Oosterlig) e-pos: fjwilson@absamail.co.za

9 April - Murray (Past Hulp, Lynnwoodrif) e-pos: ronald@lynnwoodrif.co.za

15 April - Tewie Willemse (Hazyview) e-pos: ngkhazy@mweb.co.za

Groete tot na die vakansie.

Henry van der Schyff

Uitvoerende Amptenaar

uitamp@sinoos.co.za


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend