Oostelike Sinode
FAMILIENUUS (113)
2008/02/12
Groete uit die Sinode huis!
Die eerste kwartaal is goed aan die gang en die geleentheid om ’n reënboog oor die Bosveld te sien, word al minder. Openbaring 4 vers 3 vertel steeds: Om die troon was daar ’n reënboog met die glans van smarag.
GEMEENTES
Lyttelton-Noord (lyttnrd@mweb.co.za) het op 13 Januarie 2008 vir prop Peter Nagel as termynkontrakleraar bevestig.
Lux Mundi (groei@luxmundi.org.za) bied op 1 Maart 2008 die Wêreldbiddag vir Mans aan. Die geleentheid begin om 08:00, sluit ontbyt en verversings in en die hoofspreker is Stephan Joubert. Die koste is R100,00 en die geleentheid duur tot ongeveer 13:00. Navrae by Ben Ferreira 082 901 4219. Die tema vir 2008 is: Verbreek die Sirkel.
Sabie (exalto@mweb.co.za) is vanjaar 75 jaar oud. Die verjaardag byeenkoms word op Sondag 2 Maart 2008 gehou. ’n Diens word gehou op die plek waar die gemeente gestig is/afgestig het en die eerste erediens plaasgevind het. Dit was in die kerksaaltjie wat in 1921 gebou was deur Lydenburg gemeente vir die wyk anderkant die berge. Die saaltjie het gestaan op die gronde van die huidige laerskool op die hoek regoorkant die huidige kerkgebou wat in 1950 in gebruik geneem is.
PREDIKANTE
Jan Momsen (janmomsen@mweb.co.za) van Witbank se afskeidsdiens is op 24 Februarie 2008, voordat hy na Rondebosch vertrek.
Darius Botha (DariusB@telkomsa.net) van Nelspruit-Suid wag nog vir ’n werkspermit, voordat hy na Tsumeb in Namibië kan gaan.
Johan van Schalkwyk (johan@lynnwoodrif.co.za) se seun trou op 23 Februarie 2008. Baie geluk!'
Fanie Steyn (fsteyn@mailbox.co.za) tans gemeente bestuurder by Valleisig, vroeër prediaknt van Tzaneen, se vrou Marietjie het ’n groot operasie ondergaan. Ons dink aan julle.
BEDIENINGE
Geestelike Leierskap herinner aan die kursus in Geloofsonderskeiding, wat van 26 tot 28 Februarie 2008 by Achterbergh plaasvind.
Ondersteunigsdienste wens broer Gerhard Lourens van Doornkloof ’n spoedige herstel na die rugoperasie toe. Hy is een van ons Sinode se trustees in die Predikante Pensioenfonds.
GESAMENTLIKE WERKSAAMHEDE
Lente in die Bediening - teken gerus vanjaar se datum aan: 7 tot 9 Oktober 2008. Die tema is Teologie van die "Mall" (Publieke teologie). Meer inligting by
http://sinoos.co.za/img2/LENTE.doc
Ook by Tukkies word ’n kursus in Brugpastoraat aangebied. Lees meer hieroor by http://sinoos.co.za/img2/brugpastoraat.doc
ALGEMENE SINODE
Bybel-Media bied aan: ’n Herdruk van Pat Keifert se boek: Ons is nou hier. Bestel by www.bybelmedia.co.za
Die Bybelgenootskap bied op 26 Februarie 2008 tussen 10:00 en 11:00 ’n gesprek oor die Kerk in China aan. Mnr Kua Wee Seng uit Singapoer kom meer inligting verskaf.
ANDER INLIGTING
Moreletapark bied van 14 tot 16 Maart 2008 die Daniël Nasionale Mannekonferensie aan. Kontak daniel@moreleta.co.za vir meer inligting.
IS DIT DAN AL WEER KERSFEES?
Nog nie heeltemal nie, maar dis nooit te vroeg om te beplan vir die gemeente se jaarlikse Kerssangdiens nie.
Op Sondagmiddag 17 Februarie 2008 word ’n demonstrasie-uitvoering gegee van bruikbare koormusiek met die oop die die Kerssangdienste. Dit word gehou in die NG Gemeente Wierdapark-Suid, Cotielaan 308, Wierdapark, Centurion. Die verrigtinge begin stiptelik om 15:00 en sal teen 16:00 afgehandel wees. Die Kantory van Wierdapark-Suid gee die demonstrasie onder leiding van ds Cassie Carstens. Koste vir bywoning is R15,00 - dit sluit die bladmusiek in. Kom luister na pratige-bruikbare-maklike koorwerke, kom sing lekker saam, en word nou al geïnspireer vir jou Kerssangdiens iewers in November. Bevestig asseblief dat julle kom - skakel met Minnie Watkins by 012 653 2280 of met Cassie Carstens by 012 653 2279.
VERJAARSDAE
Geluk aan almal wat gedurende die laaste gedeelte van die skrikkelmaand verjaar.
13 Februarie - Piet Fourie (Bronkhorstspruit) e-pos: pietfou@telkomsa.net
14 Februarie - Lieze Meiring (Skuilkrans) e-pos: lieze@skuilkrans.co.za
15 Februarie - Dirkie van der Spuy (Moreletapark) e-pos: dvdspuy@moreleta.co.za
17 Februarie - Hannes Enslin (Skuilkrans) e-pos: jdenslin@mweb.co.za
17 Februarie - Christo van Rooyen (Valleisig) e-pos: cvrooyen@valleisig.org.za
17 Februarie - Pieter de Jager (Wakkerstroom) e-pos: pjcdej@xsinet.co.za
19 Februarie - Henk Boshoff (Middelburg-Kanonkop) e-pos: henkbos@telkomsa.net
19 Februarie - Dawie Nieuwoudt (Ogies) e-pos: sirrouch@vodamail.co.za
20 Februarie - Fanie Venter (Kerksondermure) e-pos: fanie@ksm.co.za
23 Februarie - Corrie Swanepoel (Sinode van Oos-Transvaal) e-pos: getuie@sinoos.co.za
26 Februarie - Fay van Eeden (Nooitgedacht) e-pos: ngnooit@vodamail.co.za
Groete tot volgende keer.
Henry van der Schyff
Uitvoerende Amptenaar
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

