Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:
Nuus » Argief » 2008 » Februarie » Verder lees
FAMILIENUUS (112)
2008/02/08

Hierdie is ’n spesiale uitgawe van Familienuus.  Ons herinner graag die kerkkantoorpersoneel aan die geleenthede wat Ondersteuningsdienste vir julle reël.

 

In die Familiebrief (Omsendbrief) van 21 Januarie 2008 is dit soos volg berig:

 

KERKKANTOORPERSONEEL

’n Geleentheid wat jy nie kan misloop nie!

 

Wat behoort ’n kerkkantoor alles te doen?

Watter wette moet in ag geneem word?

Watter hulpmiddele is beskikbaar?

Ondersteuningsdiens bied vier geleenthede aan.  Hierdie inligting is tydens die Lenteskool van Tukkies aangebied.  Toe was die tema:  Gemeentebestuur en Finansies.

Die volgende datums is beplan:

26 Februarie 2008 in Pretoria (Skuilkrans).

28 Februarie 2008 in Nelspruit (Nelspruit-Westergloed).

4 Maart 2008 in Middelburg (Middelburg-Suid).

6 Maart 2008 in Ermelo.

Hierdie geleenthede duur telkens van 10:00 tot 13:00.

Ons vra dat kerkrade dit vir die persone in die kantoor en die predikant wat daarby betrokke is, moontlik maak om die geleenthede te kan bywoon.

Daar is geen koste aan die geleenthede verbonde nie.  Dit word as ’n diens van die Sinode aan die gemeentes gelewer.

Laat weet asseblief voor 8 Februarie 2008 hoeveel van die gemeente die geleentheid sal bywoon.  Ons het die getalle nodig om julle gasvry te kan ontvang.

Vandag is volgens hierdie inligting die keerdatum.  Ons verleng dit tot Woensdag 13 Februarie 2008.  Antwoord ons sommer vandag nog per e-pos.

 

Henry van der Schyff

Uitvoerende Amptenaar

uitamp@sinoos.co.za


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend