Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:
Nuus » Argief » 2008 » Februarie » Verder lees
FAMILIENUUS (115)
2008/02/26

 Liewe Sinode-familie

Familienuus verskyn hierdie keer gedurende die week met die ekstra dag.  Mag die ekstra dag vol vreugde wees.  Openbaring 10 vers 1 vertel van die engel met ’n wolk om hom en ’n reënboog bokant sy kop.

Beleef telkens dat ons onder die reënboog van die Here se genade lewe.

 

GEMEENTES

Nelspruit-Suid (ngnelspruitsuid@telkomsa.net) beskik voor ’n vakature vir ’n jeugleraar.

 

PREDIKANTE

Danie Louw (exalto@mweb.co.za) van Sabie is beroep na Floridapark.

Lemmer Venter (lemmer@lantic.net) is op 11 Maart 2008 30 jaar in Lydenburg gemeente.  Die gemeente nooi belangstellendes na die erediens op 9 Maart 2008 om 09:30.

 

BEDIENINGE

Ondersteunigsdiens herinner aan die finansiële state wat voltooi moet word.  Reël solank met die ouditeur vir die oudit.

Getuienis se Diensgroep vir Christelike leer bied ’n gesprek aan oor die kerk se openbare getuienis oor sake van die dag.  "Het die Kerk nie meer ’n standpunt nie?  Hoekom is die Kerk so stil oor belangrike sake wat lidmate se lewe raak?  Het ons wêrelds geword en is God nie meer vir ons eerste nie?" Dit word DV op Dinsdag 4 Maart 2008 vanaf 10:00 tot 12:30 by Skuilkrans plaas.  Die gesprek word gelei deur dr Johan van der Merwe van Stellenbosch.  Bespreek by Corrie Swanepoel 012 804 9543 of getuie@sinoos.co.za

Die Diensgroep vir Wêreldsending reël ’n Wêreldsendingkonferensie op 5 tot 7 Maart 2008 te Sabie by die Floreat Riverside Lodge.  Registrasiegeld beloop R200,00 en sluit verblyf, etes ensovoorts in.  Registrasie vind vanaf 14:00 tot 16:00 op 5 Maart plaas.  Verskeie sprekers vanuit die VSA sal optree.  Kontak ds D Louw by 013 764 1389  of  083 432 9813 of exalto@mweb.co.za vir bespreking.

Die eerste toerustingsgeleentheid vir kerkkantoorpersoneel het vanoggend by Skuilkrans plaasgevind.  Gemeentes wat nog nie vir die diens deur die Sinode aangemeld het nie, daar vind nog drie geleenthede plaas:  Donderdag 28 Februarie by Nelspruit-Westergloed, Dinsdag 4 Maart by Middelburg-Suid en Donderdag 6 Maart by Ermelo.  Laat weet dadelik indien julle dit wil bywoon.

 

VERGADERINGE

Die Sinode het behoefte aan ’n aantal persone, wat die Sinode in die volgende werksaamhede kan verteenwoordig:  Om te help om die Kerkeie opleiding van teologiese studente saam te stel;  By Transoranje Instituut vir Buitegewone Onderwys sowel as by Kerklike Aksie Noodhulp, saam met die VGKSA.

 

GESAMENTLIKE WERKSAAMHEDE

Die eerste lesings by die Teologiese Fakulteit in Pretoria is op 22 Februarie sewentig jaar gelede gegee.

Juf Nita van der Merwe (info@cmroos.co.za) wat vir die afgelope jare direkteur van die CWR was, tree binnekort af.  Op Vrydag 7 Maart 2008 word van haar afskeid geneem.

 

ALGEMENE SINODE

Die Bybelgenootskap noem dat 2008 ’n feesjaar is, omdat die Bybel reeds 75 in Afrikaans beskikbaar is.

 

ANDER INLIGTING

’n Leraar uit Natal verlang die moontlikheid van standplaasverwisseling.  Belangstellendes kan Ferdinand van Niekerk kontak.  Hy is in Natal hiervoor verantwoordelik:  sel  082 897 2515

Wêreldbiddag vir Mans word op 1 Maart 2008 deur Lux Mundi (groei@luxmundi.org.za) aangebied.  Die geleentheid begin om 08:00, sluit ontbyt en verversings in en die hoofspreker is Stephan Joubert.  Die koste is R100,00 en die geleentheid duur tot ongeveer 13:00.  Navrae by Ben Ferreira 082 901 4219.  Die tema is:  Verbreek die Sirkel.

Wêreldbiddag vir Vroue op 7 Maart 2008.  Die tema is Goddelike wysheid gee nuwe insig.  Pamflette is na elke gemeente gestuur.

 

VERJAARSDAE

Geluk met die verjaarsdae vanaf 26 Februarie tot 10 Maart.

26 Februarie - Fay van Eeden (Nooitgedacht) e-pos:  ngnooit@vodamail.co.za   

27 Februarie - Johan van der Merwe (Dosent UP) e-pos:  johanvdm@intekom.co.za  

28 Februarie - Louis Louw (Pretoria-Oosterlig) e-pos:  louisklouw@absamail.co.za  

1 Maart - Anton Doyer (Past Hulp) (Ohrigstad) sel:  082 623 9246   

3 Maart - Marinda van Niekerk (Moreletapark) e-pos:  marinda@pen.org.za  

3 Maart - Steyn van Heerden (Nelspruit-Suid) e-pos:   ngnelspruitsuid@telkomsa.net

5 Maart - Elza Meyer (Moreletapark) e-pos:  emeyer@moreleta.co.za  

5 Maart - Gert Steyn (Dosent UP) e-pos:   gert.steyn@up.ac.za

7 Maart - Johann Ernst (Doornkloof) e-pos:  jhernst@tiscali.co.za 

 

Groete tot volgende keer.

 

Henry van der Schyff

Uitvoerende Amptenaar

uitamp@sinoos.co.za

 

 


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend