Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:
Nuus » Argief » 2008 » Januarie » Verder lees
FAMILIEBRIEF 2008/2
2008/01/21

 

GEMEENTES IN DIE OOSTELIKE SINODE 

 

Liewe broer en suster

 

JAAR 2008

 

Baie voorspoed vir die nuwe jaar!  Mag julle saam met ons in die Sinode huis hierdie jaar lewe onder die reënboog van die Here se veelkleurige genade.

 

Benut ons huidige wyses van kommunikasie.  Ons stuur periodiek ’n Familiebrief soos hierdie aan elke gemeente.  Elke twee weke word Familienuus per epos aan elke gemeente en predikant gestuur.  Ons koerant Oosnuus verskyn DV drie keer die jaar en daar word gereeld inligting op die webwerf (www.sinoos.co.za) geplaas.  Geniet dit!

 

BEGROTINGSTYD

 

Ons is bewus dat die meeste gemeentes reeds deur hulle begrotingsiklus is.  Ons gee graag riglyne om die jaar se sinodale bydraes te begroot.  Dit help nie veel om die vorige sinodale bydraes net met 6% of 7% aan te pas nie.  Sinodale bydraes word mos bepaal as ’n persentasie van die vorige jaar se inkomste (minus spesiale insamelings wat geregistreer is, ensovoorts).  Die persentasie (wat steeds opwaarts neig) was vir 2007/2008 5,4%.  ’n Gemeente met ’n inkomste van R600 000 sou dus R32 400 betaal het.  Die bedrag kan nie net met ’n persentasie (sê 6%) na R34 344 verhoog word nie.  Die inkomste van 2007/2008 is bepalend:

 

Indien die inkomste weer R600 000 was, is die bedrag R32 400.  Indien die inkomste R500 000 was, is die bedrag R27 000.  Indien die inkomste egter R700 000 was, is die bedrag R37 800.

 

Ons hoop dit help om die begroting nader aan die kol te bring.

 

BESTmed

 

Onthou asseblief om die mediese fonds kennis te gee van afhanklikes, wat 21 jaar geword het en steeds studeer.  Anders kan gevind word dat hulle nie meer deel van die skema is nie.

 

PERSONEELAANGELEENTHEDE

 

Ons herinner gemeentes dat daar ’n hele aantal nuttige dokumente op die webwerf oor personeelsake beskikbaar is.  Kyk gerus by www.sinoos.co.za Bedieninge / Ondersteuningsdiens / Personeelaangeleenthede.

       

INLIGTINGSBYEENKOMSTE KERKKANTOORPERSONEEL

 

Benut gerus die geleentheid - vir verdere inligting gaan kyk by http://sinoos.co.za/img2/KKperson.doc

 

JONK

 

Die Algemene Sinode se Diensgroep vir Gemeente Ontwikkeling (ADGO) het ’n Jeugdiensgroep - nou JONK genoem. Vir meer inligting, en ander Jeug- en familiebedieningsaangeleenthede besoek www.jonk.co.za

 

NUUS UIT DIE GEMEENTE

 

Stuur asseblief enige nuus na die Sinode huis, sodat ons dit met die Sinode-familie kan deel.  Foto’s is veral welkom.

 

Baie sterkte vir die skrikkeljaar.

 

Groete

 

DS HJ VAN DER SCHYFF

UITVOERENDE AMPTENAAR


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend