Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:

Nuus » Kortnuus

Kortnuus


KORTNUUS 90

2012/01/27
27 Januarie 2012   KORTNUUS 90   Pieter Dorey skryf soos volg na aanleiding van die vloed in Hoedspruit: Baie dankie vir al die gebede en belangstelling.  Dankie dat ons op die Sinode-familie kan staatmaak. Die vervoer van die water bly bietjie van 'n logistieke tameletjie en van die donateurs het besluit om eerder ....
lees meer »


KORTNUUS 87

2012/01/09
9 Januarie 2012   KORTNUUS 87   Welkom terug na die vakansie!   Hierby aangeheg is 'n uitnodiging na die teologiese dag van die VGKSA Noordelike Kuratorium.   Baie groete   HENRY VAN DER SCHYFF UITVOERENDE AMPTENAAR   Die teologiese dag van die Noordelike Teologiese skool van die VGKSA vind....
lees meer »


KORTNUUS 86

2011/11/24
24 November 2011   KORTNUUS 86    'n Persvrystelling is van Kobus Gerber, Algemene Sekretaris van die Algemene Sinode ontvang.   Dit volg hieronder.   Baie groete  HENRY VAN DER SCHYFF UITVOERENDE AMPTENAAR     PERSVRYSTELLING: BESLUIT VAN DIE PARLEMENT OM DIE WET OP DIE BESKERMING V....
lees meer »


KORTNUUS 85

2011/11/23
23 November 2011   KORTNUUS 85   Baie dankie vir die inligting wat julle aan ons stuur!  Daar is meer kinders wat in hulle vaders se voetspore die bediening binne gaan.   Ons het gister van Willem Nortjé se Eliska vertel.  Sewe predikantekinders het by UP proponente geword.  Daar is nog vier ander ....
lees meer »


KORTNUUS 84

2011/11/02
2 November 2011     KORTNUUS 84     Baie geluk met die Sinode se twee-en-dertigste verjaarsdag.  Mag ons Sinode-familie ervaar dat ons waardes telkens in elke faset van ons werk sigbaar word.  Dit is mos:   Een:     Ons wil voor God leef, soos Jesus Christus ons geleer het.   ....
lees meer »


Kortnuus 83

2011/10/31
  Die Sinodale Diensraad het besluit dat die brief van ons Kerkregkundige (hieronder) aan al die gemeentes en hulle predikante gestuur word.     Baie groete   HENRY VAN DER SCHYFF UITVOERENDE AMPTENAAR   26 Oktober 2011     Beste Kollega     Die Regsdiensgroep het na aanleiding van navrae ....
lees meer »


KORTNUUS 79

2011/09/29
28 September 2011   KORTNUUS 79   Sarel Visser van Moreletapark (sarel.visser@moreleta.co.za) se vrou Estelle is vanoggend om 06:00 oorlede.  Dit blyk volgens die geneesheer dat die oorsaak beroerte was. Ons bid vir hom en sy twee kinders! Die begrafnisdiens vind Vrydag 30 September om 14:00 by die gemeensentrum plaas....
lees meer »


KORTNUUS 78

2011/09/08
8 September 2011     KORTNUUS 78     Excelsus (Sentrum vir Bedieningsontwikkeling, Universiteit van Pretoria) se jaarlikse Lentekonferensie vind vanaf 20 tot 22 September 2011 plaas.   Tyd vir inskrywings raak dus nou min!!   Klik vir die volledige program sowel as 'n inskrywingsvorm.  Kontak Ferdie ....
lees meer »


KORTNUUS 77

2011/08/18
18 Augustus 2011     KORTNUUS 77     Dink asseblief aan dr Kobus Gerber, Algemene Sekretaris van die NG Kerk.  Hy het gisteroggend 'n stent in sy hart ontvang.  Ons bid vir beterskap te midde van die reëlings vir die komende sitting van die Algemene Sinode.   Die Moderamen van die Algemene Sinode ....
lees meer »


KORTNUUS 76

2011/07/29
28 Julie 2011   KORTNUUS 76   Baie dankie vir almal se gebede. Jacie van Rensburg se seun, Gerrie, is gevind!   Hy is deur aanvallers oorrompel, geskop en geslaan, in die motor se kattebak gegooi en daar is ure met hom rondgery.  Die polisie het die motor, met Gerrie agterin, vanoggend na twee dae, Noord van Pre....
lees meer »


KORTNUUS 75

2011/07/27
27 Julie 2011     KORTNUUS 75     Gerrie van Rensburg, seun van ds Jacie van Rensburg van Potchefstroom-Die Bult en Moderator van die Sinode van Wes-Transvaal, is sedert gisteroggend vermis.   Bid asseblief vir die gesin en veral vir Gerrie se veiligheid.   Die persvrystelling is aangeheg.   Baie g....
lees meer »


KORTNUUS 74

2011/07/07
7 Julie 2011  KORTNUUS 74   Die Moderatuur van die Algemene Sinode het 'n persvrystelling uitgereik na aanleiding van die opskrif van 'n berig in Beeld van 7 Julie 2011.   Die persvrystelling is aangeheg.   Baie groete HENRY VAN DER SCHYFF UITVOERENDE AMPTENAAR   PERSVRYSTELLING OOR OPSKRIF VAN BERIG IN BEEL....
lees meer »


KORTNUUS 73

2011/06/30
29 Junie 2011   KORTNUUS 73   Alle predikante wat gemoeid is met jeugwerk sowel as jeugwerkers word genooi om deel te neem aan 'n handevat en visionerings geleentheid.   Daar gaan gekyk word na bestaande projekte wat op sinodale vlak aangebied word en dit evalueer.  Dit is belangrik dat gemeentes hulle insette hier l....
lees meer »


KORTNUUS 72

2011/06/23
23 Junie 2011  KORTNUUS 72  Al maak ons alles toe om die winter uit te hou, moet ons begin dink aan vanjaar se Lentekonferensie.  Dit handel oor die tema Wie is Ons? - oor ons gereformeerde identiteit. 'n Brosjure en inskrywingsvorm is beskikbaar.  Laai dit af en skryf in.  Indien jou inskrywing voor 13 Augustus 2011....
lees meer »


KORTNUUS 71

2011/05/05
5 Mei 2011   KORTNUUS 71   'n Persverklaring is namens die Algemene Sinode uitgereik oor Godsdiens, politiek en die ANC.  Dit is aangeheg.   Baie groete   HENRY VAN DER SCHYFF UITVOERENDE AMPTENAAR
lees meer »


KORTNUUS 70

2011/03/25
25 Maart 2011   KORTNUUS 70   Daar is twee verklarings deur die wyer Kerkverband oor die plaaslike verkiesing op 18 Mei 2011 uitgereik.  Die eerste is deur die Moderamen van die Algemene Sinode.  Die tweede is deur die Voorsitters van drie Afrikaanse kerke.   Die Moderamen van die Algemene Sinode het ook 'n verkla....
lees meer »


KORTNUUS 69

2011/03/24
24 Maart 2011   KORTNUUS 69   Die jongste inligting wat per landpos na gemeentes gestuur is (Familiebrief 2011/4), vertel van die Finansiële state 2010/2011 en veral die Sinodale bydraes vir 2011/2012.  Daar is ook inligting in verband met die Mosambiek werkgroep se byeenkoms, die Ekologiekonferensie en die Rol van die g....
lees meer »


KORTNUUS 67

2011/02/23
23 Februarie 2011   KORTNUUS 67   Predikante word herinner aan die volgende Mentorkursus wat op 7 en 8 Maart 2011 in Pretoria aangebied word.  15 VBO punte kan verwerf word.  Daar is geleentheid tot 2 Maart om in te skryf.  Die program en meer inligting is hier te vind. 'n Aantal getuienisse van persone wat ree....
lees meer »


KORTNUUS 66

2011/02/09
9 Februarie 2011   KORTNUUS 66   Soos belowe in Kortnuus 62, vertel ons dat die volgende brief met gewone pos (Familiebrief 28 Januarie 2011) op pad is.  Dit bevat die inligting oor vanjaar se Wêreldbiddag vir Vroue.  Van die inligting is ook op die Sinode se webwerf.  Skakel gerus Tersia (012 804 9543) vir ....
lees meer »


KORTNUUS 65

2011/02/07
7 Februarie 2011   KORTNUUS 65   Die Moderatuur van die Algemene Sinode het 'n persverklaring uitgereik na aanleiding van die uitlatings van President Zuma oor die ANC en die hemel / hel. Dit is aangeheg.   Baie groete HENRY VAN DER SCHYFF UITVOERENDE AMPTENAAR
lees meer »


KORTNUUS 64

2011/02/07
7 Februarie 2011   KORTNUUS 64   Ferdie Clasen skryf dat die inskrywings vir ons VBO-kursusse wat in Februarie plaasvind, nog nie na wense ingekom het nie en dat die tyd min raak.   Kies asseblief jou kursusse en skryf in.   Baie groete   HENRY VAN DER SCHYFF UITVOERENDE AMPTENAAR   Excelsus (Sentrum....
lees meer »


KORTNUUS 63

2011/02/04
4 Februarie 2011  KORTNUUS 63  Mentorskap is een van die projekte waaraan die Sinode groot waarde heg.  As deel van 2011 / 2012 se projekte is 'n aantal geleenthede bepaal.  Jean Strydom, van Nelspruit-Suid stel die eerste byeenkoms bekend. Skryf gou in.   Baie groete   HENRY VAN DER SCHYFF UITVOEREN....
lees meer »


KORTNUUS 62

2011/01/24
24 Januarie 2011   KORTNUUS 62   Ons poog om vanuit die Sinode huis die Sinode-familie op hoogte te hou van gebeure.  Familienuus wat twee-weekliks per e-pos verskyn, gee die nuutste nuus.  Kortnuus verskyn sporadies ook per e-pos wanneer 'n bepaalde saak dit noodsaak.  Oosnuus is ons koerant wat die stories agter d....
lees meer »


KORTNUUS 61

2010/12/09
9 Desember 2010   KORTNUUS 61   Twee predikante is op 5 Desember bevestig.  Casper Booy (ngmidkanon@midcom.co.za) by Middelburg-Kanonkop en Adriaan van Tonder (hunkrend@hotmail.com) is by Tzaneen-Wolkberg bevestig.  Welkom as deel van die Sinode-familie!   Adriaan verjaar ook op 23 Desember.  Baie geluk. ....
lees meer »


KORTNUUS 60

2010/11/18
18 November 2010   KORTNUUS 60   Die aanbevelings van die Algemene Sinode se Taakspan Fondse vir 2011 / 2012 word aan gemeentes gepos.  Dit kan op die webblad besig word by http://www.sinoos.co.za/uploads/nuus/vergoedpakket2011-2012.doc   Baie groete   HENRY VAN DER SCHYFF UITVOERENDE AMPTENAAR
lees meer »


KORTNUUS 59

2010/10/28
28 Oktober 2010   KORTNUUS 59   Hiermee gee ons aan julle die jongste nuus in verband met die registrasie van huwelike.  Lees hoe Ben du Toit die nuwe vereistes beskryf.   Baie groete   HENRY VAN DER SCHYFF UITVOERENDE AMPTENAAR   PARLEMENTÊRE LESSENAAR   22 Oktober 2010   Beste koll....
lees meer »


KORTNUUS 58

2010/10/22
22 Oktober 2010   KORTNUUS 58   Die versoek van Kobus Gerber, Algemene Sekretaris van die Algemene Sinode oor voorbidding vir vanjaar se matriekklas, word aan gemeentes deurgegee.   Baie groete   HENRY VAN DER SCHYFF UITVOERENDE AMPTENAAR   Beste kollegas   Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) het ....
lees meer »


KORTNUUS 57

2010/10/20
20 Oktober 2010   KORTNUUS 57   Willem Esterhuizen (wester@vodamail.co.za) van Witbank-Panorama is steeds in intensiewe sorg na drie operasies.  Moontlik kan hy vandag uit intensiewe sorg kom.  Bid asseblief dat die long, wat platgeval het, spoedig sal genees.   Baie groete   HENRY VAN DER SCHYFF UITVOEREN....
lees meer »


KORTNUUS 56

2010/09/23
23 September 2010   KORTNUUS 56   Die Dagbestuur van die Sinodale Diensraad het geoordeel dat die riglyne wat vroeër vanjaar oor gewelddadige trauma aan gemeentes gestuur is, weer onder gemeentes se aandag gebring word.   Baie groete   HENRY VAN DER SCHYFF UITVOERENDE AMPTENAAR   Riglyne vir die han....
lees meer »


KORTNUUS 55

2010/09/17
17 September 2010   KORTNUUS 55   Stel julle belang in die datums vir die nuwe Kerkjaar, ter wille van 2011 se jaarprogram?  Lees hier hoe die Bediening vir Aanbidding dit saamgestel het.   Baie groete   HENRY VAN DER SCHYFF UITVOERENDE AMPTENAAR
lees meer »


KORTNUUS 54

2010/08/18
18 Augustus 2010   KORTNUUS 54 Die Sinodale Diensraad het besluit om 'n meningsopname per epos te maak oor die wyse waarop ons as Sinode-familie funksioneer. Antwoord asseblief die drie vrae hieronder en stuur die epos sommer gou terug.   Baie groete   HENRY VAN DER SCHYFF UITVOERENDE AMPTENAAR   FAMILIE....
lees meer »


KORTNUUS 53

2010/08/03
3 Augustus 2010   KORTNUUS 53   Die jongste inligting in verband met die registrasie van huwelike by die Departement van Binnelandse Sake.   Baie groete   HENRY VAN DER SCHYFF UITVOERENDE AMPTENAAR   PARLEMENTÊRE LESSENAAR   29 Julie 2010   Geagte kollegas   REGISTRASIE VAN HUWELI....
lees meer »


KORTNUUS 52

2010/07/29
29 Julie 2010   KORTNUUS 52   Die Moderamen van die Algemene Sinode het tydens hulle vergadering 26 tot 28 Julie 2010 'n persverklaring oor Kerk en Wetenskap uitgereik. Dit volg hieronder.   Baie groete HENRY VAN DER SCHYFF UITVOERENDE AMPTENAAR   Persvrystelling: Kerk en Wetenskap Na aanleiding van me....
lees meer »


KORTNUUS 51

2010/07/23
23 Julie 2010   KORTNUUS 51 Die Bediening vir Aanbidding beveel die optrede van Dallas Willard aan vir predikante en lidmate. Neem asseblief kennis van die inligting.  Baie groete HENRY VAN DER SCHYFF UITVOERENDE AMPTENAAR Dallas Willard   Dallas Willard besoek Suid-Afrika gedurende Augustus.  Hy tree van....
lees meer »


KORTNUUS 50

2010/07/13
12 Julie 2010   KORTNUUS 50 Inza Meiring, vrou van prof Piet Meiring en moeder van Arno Meiring van Skuilkrans, is vandag ongeveer 13:30 na bloeding op die brein oorlede.  Die gedenkdiens vind Woensdag (14 Julie) om 14:00 by Skuilkrans plaas. Ons harte gaan na hulle uit en ons bid vir bystand.   Baie groete   ....
lees meer »


KORTNUUS 49

2010/06/22
15 Junie 2010   KORTNUUS 49 Dr Kobus Gerber het versoek dat gemeentes kennis neem van die eenheid in Gereformeerde kringe en deelneem aan die geleentheid.   Baie groete   HENRY VAN DER SCHYFF UITVOERENDE AMPTENAAR  Beste kollegas en vriende Gedurende die naweek van 18-20 Junie 2010 vind 'n wonderlike stuk g....
lees meer »


KORTNUUS 48

2010/05/20
20 Mei 2010  KORTNUUS 48 Terwyl ons gereedmaak om Sondag Pinkster te vier, 'n laaste herinnering aan die konferensie wat op Maandag net na Pinkster aangebied word.  Dit is mos die konferensie oor Trou of Saambly op 24 Mei 2010 om 19:00 by die Choose Life Kerk in Rubensteinweg 589 (Moreletapark se vorige kerkgebou). Met die konf....
lees meer »


KORTNUUS 47

2010/05/07
7 Mei 2010   KORTNUUS 47 Gemeentes word herinner aan die versoek van die Voorsitters / Moderators van al die Sinodes in hulle spesiale pastorale brief van 15 April 2010 dat Sondag 9 Mei 2010 as 'n biddag ingerig word. Hulle het dit soos volg gestel: "Deeglik bewus van die sensitiewe en broos tye waarin ons leef, roep ons ....
lees meer »


KORTNUUS 46

2010/05/06
6 Mei 2010  KORTNUUS 46 Dr Ben du Toit, Redakteur Elektroniese Kommunikasie Algemene Sinode, skryf na aanleiding van die program Maas op Maandag van 3 Mei die reaksie van NG Kerk se Taakspan.  Baie groete HENRY VAN DER SCHYFF UITVOERENDE AMPTENAAR    Op Maandagaand 3 Mei het Deon Maas (met ds Awie Louw van die VGK....
lees meer »


KORTNUUS 45

2010/05/04
4 Mei 2010   KORTNUUS 45 Ons herinner almal aan die konferensie wat deur die Sinodale Diensraad oor Trou of Saambly? aangebied word.  Dit is op 24 Mei 2010 om 19:00 by die Choose Life Kerk in Rubensteinrylaan 589.  (Moreletapark se vorige kerkgebou). Die volgende persone neem deel: o     &nbs....
lees meer »


KORTNUUS 44

2010/04/16
16 April 2010   KORTNUUS 44 Ons Voorsitter, Johan van Schalkwyk het aan die begin van die week saam met die ander Sinodes se Voorsitters / Moderators vergader.  Hulle het besluit om 'n pastorale skrywe aan al die lidmate te rig.   Baie groete   HENRY VAN DER SCHYFF UITVOERENDE AMPTENAAR     Pastorale sk....
lees meer »


KORTNUUS 43

2010/04/06
6 April 2010   KORTNUUS 43   'n Persvrystelling is namens die Algemene Sinode na aanleiding van die moord op meneer Eugene Terre'Blanche gedoen.  Dit word vir julle aandag aangeheg.   Baie groete   HENRY VAN DER SCHYFF UITVOERENDE AMPTENAAR
lees meer »


KORTNUUS 42

2010/03/05
  Graag gee ons die vordering aan almal deur, wat met die Departement van Binnelandse Sake in verband met die chaos oor die proses van huweliksbevestiging, gemaak is.   Baie groete   HENRY VAN DER SCHYFF UITVOERENDE AMPTENAAR    NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK PARLEMENTÊRE LESSENAAR 4 Maart 2010 Geagte kolle....
lees meer »


KORTNUUS 41

2010/02/26
KORTNUUS 41   Die Algemene Sinode het 'n persvrystelling oor pornografie in die openbare media uitgereik.  Die volledige inhoud word vir julle gebruik aangeheg.   Baie groete   HENRY VAN DER SCHYFF UITVOERENDE AMPTENAAR  
lees meer »


KORTNUUS 40

2010/02/22
19 Februarie 2010  KORTNUUS 40 Die Sinodale Diensraad het onlangs 'n brief wat aan Middelburg-Kanonkop gerig was, aan al die gemeentes versprei.  Dit weerspieël die Sinodale Diensraad se houding oor die misdaad in die land.   Daar is riglyne in die vooruitsig gestel indien daar gewelddadige trauma in 'n gemeenskap plaa....
lees meer »


KORTNUUS 39

2010/02/03
3 Februarie 2010     KORTNUUS 39     Die Sinodale Diensraad het tydens die vergadering verlede week onder die indruk gekom vandie soveelste plaasmoord in die Middelburg-gebied.   Onderstaande boodskap is aan die gemeente gestuur.   Baie groete     HENRY VAN DER SCHYFF UITVOERENDE AMPTENAAR BOODSK....
lees meer »


KORTNUUS 38

2010/01/19
19 Januarie 2010  KORTNUUS 38 Ferdie Clasen skryf dat Excelsus se eerste kursusreeks vir predikante gedurende Maart plaasvind.  Hierby aangeheg is die lys van die kursusse.  Die tyd vir inskrywings is min.  Die inskrywingsvorm is hier beskikbaar.   Baie groete HENRY VAN DER SCHYFF UITVOERENDE AMPTENAAR
lees meer »


KORTNUUS 37

2010/01/13
13 Januarie 2010  KORTNUUS 37 Frans Conradie (franscon@lantic.net) van Roossenekal se vrou Tersia is Sondag 10 Januarie oorlede.  Die herinneringsdiens is Vrydag 15 Januarie om 11:00 by Laersdrif. Elarduspark (data@ngelarduspark.org.za) bevestig vir Danie Vermaak Sondag 17 Januarie om 17:00 by die tienerdiens. Gemeentes word....
lees meer »


KORTNUUS 36

2009/12/11
11 Desember 2009   KORTNUUS 36 Die verklaring van die Moderatuur van die Algemene Sinode oor Saamwoon word vir kennis aan die gemeentes gestuur.   Baie groete HENRY VAN DER SCHYFF UITVOERENDE AMPTENAAR   PERSVERKLARING OOR SAAMWOON Moderatuur van die Algemene Sinode van die NG Kerk 11 Desember 2009 Na aanleidin....
lees meer »


KORTNUUS 35

2009/12/11
7 Desember 2009   KORTNUUS 35 Ons voldoen graag aan die volgende versoek van Ferdie Clasen: Die eerste reeks VBO-kursusse van Excelsus word gedurende Maart 2010 aangebied.  Die brosjures word vroeg in Januarie gepos, maar ek wil baie graag die basiese inligting voor die einde van die jaar aan die leraars kommunikeer. Die ins....
lees meer »


KORTNUUS 34

2009/11/09
30 Oktober 2009    KORTNUUS 34 Hierby aangeheg is belangrike reëlings in verband met veral die indien van huweliksregisters deur huweliksbevestigers.  Let asseblief daarop.   Baie groete HENRY VAN DER SCHYFF   BELANGRIKE KOMMUNIKASIE AAN huweliksbevestigers   Hiermee belangrike kommunikasi....
lees meer »


KORTNUUS 33

2009/10/19
19 Oktober 2009   KORTNUUS 33  Roelf van Niekerk van Piet Retief (reikop@telkomsa.net) se vrou Henna is Saterdagoggend om 01:40 oorlede. Die dankdiens vind Dinsdag 20 Oktober 2009 om 12:00 op Piet Retief plaas. Ons dink aan hulle in hierdie dae.   Baie groete HENRY VAN DER SCHYFF
lees meer »


Kortnuus 32

2009/10/06
2 Oktober 2009   KORTNUUS 32   Gedeeltes van die sinodesitting word ingerig as 'n eksperiment in die gebruik van moderne kommunikasiemiddele.  Dit bied ook vir persone wat nie deel van die sitting is nie geleentheid om die gebeure te volg.   Stuur gerus hierdie epos aan persone wat hierin sou belangstel, en die "maag....
lees meer »


KORTNUUS 31

2009/09/17
17 September 2009   KORTNUUS 31   Aandag alle predikante in Pretoria!!Op 23 September 2009 word die Tshwane Raad van Kerke as 'n ekumeniese raad gestig.  Dit vind plaas by die NG Kerk Riviera vanaf 17:00 tot 19:00.  Lees meer inligting hieroor.   Reageer asseblief op die uitnodiging.   Baie groete ....
lees meer »


KORTNUUS 30

2009/09/03
Die Bediening vir Getuienis vra foto's van uitreike wat deur die gemeentes onderneem is.  Hulle wil dit graag gebruik tydens die sinodesitting.  Kontak Corrie Swanepoel 012 804 9543 of getuie@sinoos.co.za   Die Agendas vir die sinodesitting kan as gevolg van die posstaking nie gepos word nie.  Ons hoop om DV vanaf Maandag o....
lees meer »


KORTNUUS 29

2009/08/17
KORTNUUS 29   Die Bediening vir Onderlinge Sorg bring die volgende twee geleenthede onder predikante se aandag. Groete HENRY VAN DER SCHYFF   MENTORKURSUS Dat ons almal vorentoe deelneem aan voortgaande bedieningsontwikkeling (VBO) is ons voorreg en verantwoordelikheid.  Dit help ons om vars te bly in die bediening....
lees meer »


KORTNUUS 28

2009/05/19
Die Voorsitters/Moderators van al die Sinodes het verlede week vergader.  Hulle het 'n eenparige verklaring uitgereik.  Versprei dit gerus onder die lidmate.   Die Moderatuur van die Algemene Sinode het ook hulle ondersteuning aan die verklaring van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke oor "Onsmaaklike retoriek van politieke l....
lees meer »


KORTNUUS 27

2009/05/04
4 Mei 2009      KORTNUUS 27 Die Woordwyser is vanaf 21 Mei (Hemelvaartdag) per e-pos beskikbaar.  Intekenaars ontvang elke dag 'n dagstukkie wat hulle sommer op die rekenaarskerm kan lees of kan uitdruk om later op hulle tyd te lees.  Ons bied 365 dagstukkies teen 'n fooi van slegs R50,00.  Ons skop af met H....
lees meer »


KORTNUUS 26

2009/03/26
Malelane bevestig op Sondag 5 April 2009 vir dr Casper Booy as vastetermyn-leraar.  Sterkte vir julle pad vorentoe.   Groete HENRY VAN DER SCHYFF  
lees meer »


KORTNUUS 25

2009/03/19
Die Moderamen van die Algemene Sinode het 'n besluit oor die VERKIESING geneem wat vir die aandag van alle lidmate is.  Lees wat skryf dr Kobus Gerber.  Groete   HENRY VAN DER SCHYFF   VERKIESING 2009   Die Algemene Sinode se Moderamen (ASM) het op 18 Maart die volgende aanvaar:   1.   &nbs....
lees meer »


KORTNUUS 24

2009/03/02
Die jongste nuus in verband met die Voortgesette bedieningsontwikkeling.  Baie groete   HENRY VAN DER SCHYFF  VBO-NUUS!!   Die VBO Taakspan (wat bestaan uit verteenwoordigers van al die Sinodes in die noordelike deel van ons land) het onlangs vergader.  Uit die terugvoer wat ons ontvang het, wil dit voorkom asof ler....
lees meer »


KORTNUUS 23

2009/02/20
Onthou die kursusse wat ter wille van voortgesette bedieningsontwikkeling aangebied word. Ferdie Clasen skryf:  Die eerste kursusse waarvoor leraar VBO punte kan verdien, word 16 tot 18 Maart 2009 in Potchefstroom, Pretoria, Nelspruit en Johannesburg aangebied.  Die volledige kursus program is hier beskikbaar. 'n Inskrywingsvorm is ....
lees meer »


KORTNUUS 22

2009/02/13
Ons stuur graag die dringende boodskap van EXCELSUS. Baie groete   HENRY VAN DER SCHYFF   'N DRINGENDE BOODSKAP VANAF EXCELSUS!!!  Excelsus (Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) aan die Universiteit Pretoria is verantwoordelik vir die ontwikkeling en aanbieding van VBO-kursusse in die noordelike deel van ons land. ....
lees meer »


KORTNUUS 21

2009/02/06
Daar is van die Argief inligting ontvang oor die vordering wat met die sentralisering van registers gemaak word.  Die inwerkingstelling is verskuif na November 2009 en 'n volledige handleiding word gedurende Maart 2009 aan gemeentes voorsien.  Die inligting wat gemeentes steeds moet bekom en die voorlopige tariewe kan hier gelees word....
lees meer »


KORTNUUS 20

2009/02/02
Net 'n herinnering dat Sondag 8 Februarie deur die Kerk as Biddag vir Onderwys en opvoeding geoormerk is. Lees hier 'n aantal wenke deur Gustav Claassen, wat deur die Algemene Sinode getaak is om aan die saak aandag te gee.   Baie groete HENRY VAN DER SCHYFF
lees meer »


KORTNUUS 20

2009/01/15
Ons voldoen graag aan die versoek van Johannes van der Merwe van Alkmaar (074-142-3456) en vra gemeentes om ook te bid dat die sinnelose plaasmoorde stopgesit kan word. Johannes skryf: Ek weet nie hoeveel van ons dominees het twee en twee bymekaar gesit nie?  Almal wat in die 80ers by Tukkies geswot het, sou êrens vir tannie Saar ....
lees meer »


KORTNUUS 19

2008/10/30
  Die Kuratorium is dringend op soek na kapasiteit op twee terreine, waarvoor diens ingekoop word.  Aansoeke sluit op 31 Oktober (dit is môre!)   Die eerste pos is 'n kontrakpos:  Direkteur Voortgesette Bedieningsontwikkeling.  Die pligte sluit in:   1.1       Fasilitering en ....
lees meer »


KORTNUUS 18

2008/10/24
Die Voorsitter van ons Sinodale Diensraad, Johan van Schalkwyk gee hiermee sy indrukke oor gebeure die afgelope tyd tussen die VGKSA en die NG Kerk.  Baie groete   HENRY VAN DER SCHYFF  Kort nadat die VGKSA alle gesprekke met die NGK opgeskort het, het al tien moderators en vyf moderatuurslede van die Algemene Sinode saam m....
lees meer »


KORTNUUS 17

2008/10/21
Die gesprek oor Teologiese opleiding vind op 28 Oktober 2008 by die Willem Prinsloo Landboumuseum plaas. Indien jy nog nie laat weet het nie, antwoord sommer dadelik, sodat ons die getalle kan finaliseer. Vanaf Pretoria is die pad daarheen soos volg:  Neem die N4, duskant die eerste tolhek draai jy links op die R515 Rayton/Cullinan p....
lees meer »


KORTNUUS 16

2008/10/14
Ons herinner aan die spesiale dag vir alle predikante van ons Sinode, wanneer ons oor teologiese opleiding besin.  Dit gebeur op Dinsdag 28 Oktober 2008 vanaf 09:45 tot 15:00.  Die praat-plek is die Willem Prinsloo Landboumuseum naby Rayton.   Die Vise-rektor prof Chris de Beer gee die siening van die Universiteit, daar is 'n g....
lees meer »


KORTNUUS 15

2008/10/13
Gemeentes word herinner aan die inligtingsgeleentheid oor die sentralisering van gemeentes se registers.  Dit vind op Maandag 20 Oktober 2008 om 10:00 by Valleisig in Pretoria plaas.  Dr Johan Froneman sal self teenwoordig wees.   Laat weet asseblief of iemand uit julle gemeente die geleentheid kan bywoon. Corrie by getuie@s....
lees meer »


KORTNUUS 14

2008/09/26
Tydens die Voetsool sinodesittings word by Bybelgedeeltes uit Galasiërs aangesluit.   Gemeentelede wat die Voetsool sinodesittings bywoon, word gevra om Galasiërs voor die geleentheid deur te lees.   Sien julle daar! HENRY VAN DER SCHYFF
lees meer »


KORTNUUS 13

2008/09/19
Aandag alle predikante!   Teken asseblief 28 Oktober 2008 aan.  Op hierdie dag reël die Sinodale Diensraad 'n gesprek oor die uitdagings van teologiese opleiding.  Hierdie saak raak elke predikant.  Dit handel oor die opleiding van studente en die voortgesette bedieningsontwikkeling van elke persoon met bevoegdheid. &n....
lees meer »


KORTNUUS 12

2008/09/05
Die reëlings vorder fluks in verband met die Voetsool sinodesittings.  Tydens die geleenthede val die fokus op die sake wat tans op die harte van die gemeentes is.   Laat die Kerkrade dit asseblief spesifiek tydens die vergaderinge hanteer, sodat die gemeentes se verteenwoordigers kan kom sê wat in die gemeentes gebeur.....
lees meer »


KORTNUUS 11

2008/08/22
Hierby aangeheg is korrespondensie, wat die eenheidsproses in die NG Kerk familie intens raak.   Lees dit asseblief en gee dit verder deur.  Môre lees almal dit waarskynlik in die koerante.     Baie groete   HENRY VAN DER SCHYFF   From: Sentrum vir Kommunikasie   Kollegas,   ....
lees meer »


KORTNUUS 10

2008/08/14
14 Augustus 2008 KORTNUUS 10 Die Sinode se Diensgroep vir die Manne hou op 16 tot 19 Oktober 2008 'n eerste byeenkoms by die Struwig Ekoreservaat.  Janus Roux skryf opgewonde hieroor en heg 'n nuusbrief van die Reservaat in die Wildtuin aan.   Lees hier daaroor.   Baie groete   HENRY VAN DER SCHYFF
lees meer »


KORTNUUS 9

2008/06/20
Die Moderamen van die Algemene Sinode bring die volgende in verband met 'n wêreldwye biddag ter wille van Zimbabwe onder al die gemeentes se aandag.   Baie groete   HENRY VAN DER SCHYFF     WÊRELDWYE BIDDAG VIR ZIMBABWE: SONDAG 22 JUNIE 2008   Drie internasionale ekumeniese liggame naamlik die Gerefor....
lees meer »


KORTNUUS 8

2008/06/13
Na afloop van die vergadering van die Moderamen van die Algemene Sinode met die Dagbesture / Moderature van al die Sinodes, is 'n verklaring uitgereik - "Die Kerk wat ons wil wees..."   Lees dit gerus.   HENRY VAN DER SCHYFF   Die Kerk wat ons Wil wees...    Roeping In ons verbintenis aan die D....
lees meer »


KORTNUUS 7

2008/05/30
BEDIENING VIR GETUIENIS DIE DIENSGROEP VIR EKOLOGIE BIED ’N KONFENSIE AAN MET DIE TEMA RYKDOM IN EENVOUD     Is ons gereed vir ’n eenvoudiger lewenswyse?  Of het ons gedink ons kan net soos altyd met ons normale lewenswyse voortgaan?   Ons het wêreldwyd slegs beperkte bronne en as die balans verst....
lees meer »


KORTNUUS 6

2008/05/08
Die volgende getuienis aan die owerheid is deur die NG Kerk (Nederduitse Gereformeerde Kerk) Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika en die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika uitgereik.   Baie groete   HENRY VAN DER SCHYFF     ’n GETUIENIS AAN DIE OWERHEID   Die Kerk glo dat owerhede die verantwoordelikh....
lees meer »


KORTNUUS 5

2008/04/24
Ons Sinode is betrokke by die gemeentetjies in die Noorde van Zimbabwe, naamlik Chinhoyi, Karoi, Kariba, Kadoma en Chequtu met ds Johan Haasbroek.   Daarom ondersteun ons die optrede en verklaring van drr Braam Hanekom en Allan Boesak.   HENRY VAN DER SCHYFF   DRINGENDE mediaverklaring oor zimbabwe   Die moderators ....
lees meer »


KORTNUUS 4

2008/04/23
'n Helder stem vir  'n nuwe tyd:  'n Oggend met Albert Nolan   Die boek Jesus Today: A Spirituality of Radical Freedom tref 18 maande gelede die mark met 'n vars helderheid.  Hoekom het niemand nog dit voorheen so eenvoudig gesê nie?   Kom gesels 'n oggend saam met Albert oor 'n spiritualiteit vir die nuwe m....
lees meer »


KORTNUUS 3

2008/04/11
SONDAG 11 MEI 2008  -  BIDDAG   Die Sinodale Diensraad het versoek dat gemeentes oorweeg om hierdie dag ook as 'n biddag in te rig, ter wille van almal wat deur die proses van grondeise geraak word.   Daar is vele fasette aan die saak van grondeise, maar die sinodesitting het juis verlede jaar bevestig dat dit die Kerk....
lees meer »


KORTNUUS 2

2008/03/20
Die Moderamen van die Algemene Sinode het gemeentes se terugvoer na aanleiding van die konsultasie oor kerkhereniging hanteer.   Hierby aangeheg is die brief aan lidmate en gemeentes, wat die Moderamen se samevatting en terugvoering oor die inligting verskaf.   Kobus Gerber vra dat elke dominee en gemeente dit so gou as moontlik....
lees meer »


KORTNUUS 1

2008/03/19
Ontmoet ’n nuweling in die Sinode se kommunikasie.  Kortnuus verskyn om telkens een saak te hanteer.  Dit raak veral die geleenthede van die Bedieninge en Diensgroepe.  Dit kan ook kort-kort verskyn, soos die behoefte ontstaan.   Geniet dit hier kort voor Paasfees.   Henry van der Schyff   Liewe vrinn....
lees meer »

Groepe


Argief


Gaan by Argief