Oostelike Sinode
KORTNUUS 9
2008/06/20
Baie groete
HENRY VAN DER SCHYFF
WÊRELDWYE BIDDAG VIR ZIMBABWE: SONDAG 22 JUNIE 2008
Drie internasionale ekumeniese liggame naamlik die Gereformeerde Ekumeniese Raad (GER), die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke (WBGK) asook die Wêreldraad van Kerke (WRK) doen ’n oproep op alle denominasies en gemeentes wêreldwyd om op Sondag 22 Junie 2008 op ’n besondere wyse vir Zimbabwe by die Here in te tree.
Die versoek is ook om gedurende die week van die verkiesings gebedsaksies vir Zimbabwe daar te stel.
Die NG Kerk is volle lid van die eerste twee liggame, en volgens die besluit van die Algemene Sinode 2007 ook in proses om haar lidmaatskap van die WRK te herstel. Kom ons stel die voorbeeld om saam met kerke wêreldwyd en landwyd vir ons bure Zimbabwe te bid: wat ’n wonder dat alle kerke in die wêreld op een dag rondom hierdie pynlike situasie hande vat!
Baie dankie vir julle aandag op kort kennisgewing.
Vriendelike groete
Dr JJ Gerber
Algemene Sekretaris van die NG Kerk
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

