Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:

KORTNUUS 7
2008/05/30

BEDIENING VIR GETUIENIS

DIE DIENSGROEP VIR EKOLOGIE BIED ’N KONFENSIE AAN MET DIE TEMA

RYKDOM IN EENVOUD

 

 

Is ons gereed vir ’n eenvoudiger lewenswyse?  Of het ons gedink ons kan net soos altyd met ons normale lewenswyse voortgaan?

 

Ons het wêreldwyd slegs beperkte bronne en as die balans versteur word, kan dit katastrofale gevolge vir veral die mens inhou.

 

Daarom moet ons onsself begin voorberei vir ’n eenvoudiger lewenswyse.  Dit klink baie neerdrukkend.  Ja, natuurlik vir diegene wat dink dat natuurlike bronne onbeperk is en dat ons maar onbeperk kan voortgaan in die gemaksugtigheid van die mens.  Hoe kan dit dan?  Ons het alles so sorgvuldig opgebou en is ons ‘n ontwikkelende land.  Maar alle ontwikkeling is nie ontwikkeling nie.  Daar het ’n keerpunt gekom en die aardverwarming is een van die simptome van die gierigheid van die mens en sy eiegeregtigheid.

 

Met sinvolle lewensaanpassings kan ons in ’n groot mate voortgaan sonder veel ongemak, maar wêreldwyd sal almal op een of ander manier aanpassings moet maak na ’n eenvoudiger lewenswyse.

 

Die Bediening vir Getuienis se Diensgroep vir Ekologie reël ’n konferensie DV op 9 en 10 Junie 2008 by Skuilkrans in Pretoria met die tema: Rykdom in Eenvoud. Kundige sprekers is genooi om ons hierin te help, veral op die terreine van energiegebruik/besparing, behuisingsontwerpe en die teologiese aspekte hieraan verbonde.

 

Inskrywingsfooi: R50,00 vir volwassenes en R20,00 vir studente en kinders.

Kontak Corrie Swanepoel om in te skryf by (012) 804 9543 of e-pos getuie@sinoos.co.za

 

 

Baie groete

 

HENRY VAN DER SCHYFF

 

 


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriendStuur hierdie nuusartikel na 'n vriend