Oostelike Sinode
KORTNUUS 47
2010/05/07
7 Mei 2010
KORTNUUS 47
Gemeentes word herinner aan die versoek van die Voorsitters / Moderators van al die Sinodes in hulle spesiale pastorale brief van 15 April 2010 dat Sondag 9 Mei 2010 as 'n biddag ingerig word.
Hulle het dit soos volg gestel:
"Deeglik bewus van die sensitiewe en broos tye waarin ons leef, roep ons lidmate op tot 'n gees van verootmoediging en in die besonder 'n biddag op Sondag 9 Mei 2010 waar ons graag sal wil fokus op:
· Die opstandingshoop wat die Evangelie van Christus ons in hierdie dae bied
· Gebede om vrede
· 'n Geleentheid om weer na God te luister oor wat Hy van ons as Kerk in die dae vra
· Gebede dat God werklik van die NG Kerk 'n instrument van eenheid, geregtigheid en versoening in ons land sal maak."
Baie groete
HENRY VAN DER SCHYFF
UITVOERENDE AMPTENAAR
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

