Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:

KORTNUUS 46
2010/05/06

6 Mei 2010

 

KORTNUUS 46

Dr Ben du Toit, Redakteur Elektroniese Kommunikasie Algemene Sinode, skryf na aanleiding van die program Maas op Maandag van 3 Mei die reaksie van NG Kerk se Taakspan.

 

Baie groete

HENRY VAN DER SCHYFF

UITVOERENDE AMPTENAAR

 

 

Op Maandagaand 3 Mei het Deon Maas (met ds Awie Louw van die VGK in die ateljee) ’n program aangebied oor die NG Kerk waarin daar (in sy eie woorde) NG-Kerk-bashing gedoen is.  Dit het veral gegaan oor die bedenklike rol wat die NG Kerk in die Vrystaat gespeel het – en nog steeds speel, waarin die rassisme van die Kerk duidelik sou blyk.  Die program was deurspek van onwaarhede (feitefoute) en halwe waarhede, wat ’n perspektief geskep het van die NG Kerk wat die integriteit van die Kerk brutaal aan flarde geruk het.  Natuurlik is die Kerk nie altyd onskuldig en sondeloos nie.  Dit is al herhaalde male in die openbaar bely.  Wat op verskillende plekke in die land in die Kerk gebeur, reflekteer ook nie noodwendig die standpunt(e) van die Kerk nie.  Daar was egter baie ontstelde reaksie by lidmate oor hierdie program – veral oor die soort (bedenklike) joernalistiek wat gebruik is.  By dié geleentheid het Maas ook ’n uitdaging gerig aan die NG Kerk om die “hoek te vat” en hulleself die volgende Maandagaand te kom verdedig.  Daar is besluit dat Pieter van Jaarsveld (Moderator van die Vrystaatse Sinode van die NG Kerk) en Kobus Gerber (Algemene Sekretaris van die NG Kerk) eerskomende Maandag net na 21:00 saam met Maas oor die radio sal optree – dis te sê, indien hy nog steeds daarvoor te vinde is.  Lidmate is welkom om saam te luister en te reageer.

 

Kobus Gerber

Anton Pienaar

Ben du Toit


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriendStuur hierdie nuusartikel na 'n vriend