Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:

KORTNUUS 4
2008/04/23

'n Helder stem vir  'n nuwe tyd:  'n Oggend met Albert Nolan

 

Die boek Jesus Today: A Spirituality of Radical Freedom tref 18 maande gelede die mark met 'n vars helderheid.  Hoekom het niemand nog dit voorheen so eenvoudig gesê nie?

 

Kom gesels 'n oggend saam met Albert oor 'n spiritualiteit vir die nuwe millenium:

 

·         Wat is die sleutel vir 'n spiritualiteit vir ons tyd?

·         Hoe sou die Kerk haar bediening kon wysig om in hierdie nuwe wind te seil?

·         Watter dissiplines sluit in 'n nuwe wêreld mense oop vir Jesus?

·         Wat sou die fokus van die Kerk se werk kon wees om Liefde te wees?

·         Enige bydrae wat jy sou wou maak!

 

Albert is gebore in Kaapstad en leef 22 jaar in Stellenbosch.  Vir die daarop volgende 30 jaar woon hy in Johannesburg en is tans in Pietermaritzburg. Hy is 'n Katolieke priester in die Dominikaanse Orde, 'n teoloog en skrywer.   Hy is ook die skrywer van Jesus Before Christianity (27 jaar gelede).

 

Koop en lees graag die boek.  Beskikbaar by Protea Boekehuis teen R140,00 - tel (012) 362 6073, e-pos logos@proteaboekhuis.co.za of by www.kalahari.net teen R165,95.

 

Datum:              Woensdag 14 Mei 2008

Tyd:                  10:00 tot 12:30

Plek:                 Skuilkrans Gemeente

Navrae:             Ds Erik Immelman, tel (011) 312 1911

Kontak:             Corrie Swanepoel, tel 012 804 9543/4 of e-pos getuie@sinoos.co.za

 

 

HENRY VAN DER SCHYFF


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriendStuur hierdie nuusartikel na 'n vriend