Skip to content | Skip to navigation

KORTNUUS 39
2010/02/03
3 Februarie 2010
 
 
KORTNUUS 39
 
 
Die Sinodale Diensraad het tydens die vergadering verlede week onder die indruk gekom vandie soveelste plaasmoord in die Middelburg-gebied.
 
Onderstaande boodskap is aan die gemeente gestuur.
 
Baie groete
 
 
HENRY VAN DER SCHYFF
UITVOERENDE AMPTENAAR

BOODSKAP VAN DIE Sinodale Diensraad 

Aan die lede van die gemeenskap van Middelburg, die lidmate van die NG Gemeente Middelburg-Kanonkop en in die besonder die gesin van die familie Venter.  

 

Die lede van die Sinodale Diensraad: Oostelike Sinode wil graag - ook namens al die lidmate in ons sinodale gebied – ons innige simpatie en medelye betuig met die traumatiese gebeure en onbeskryflike hartseer waardeur u almal is met die heengaan van Johan Venter. 

 

Ons bid u as persone, as gemeente en gemeenskap die besondere en intieme vertroosting van die Heilige Gees toe. 

 

Ons onderneem ook om van ons kant in die Oostelike Sinode en ook in die breër gemeenskap ons weersin bekend te maak so ver en wyd as wat ons kan.  Ons beskou hierdie barbaarse soort optrede as heeltemal onaanvaarbaar. 

 

Die Here se seën u almal namens die Sinodale Diensraad toegebid. 

U broer in die Here Jesus Christus. 

 

Dr Johan van Schalkwyk 
Voorsitter:  Sinodale Diensraad

 

 


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriendStuur hierdie nuusartikel na 'n vriend