Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:

Kortnuus 32
2009/10/06

2 Oktober 2009

 

KORTNUUS 32

 

Gedeeltes van die sinodesitting word ingerig as 'n eksperiment in die gebruik van moderne kommunikasiemiddele.  Dit bied ook vir persone wat nie deel van die sitting is nie geleentheid om die gebeure te volg.

 

Stuur gerus hierdie epos aan persone wat hierin sou belangstel, en die "maag" het vir die soort internet taal.  (Ek het dit nie, en hierdie taal is ook nie die styl van die Sinode nie.)

 

Die Ontwerpspan wat ons hiermee help, berig soos volg:

 

Die amptelike "blog" vir die sinodesitting kan by sinoos.wordpress.com gevind word. Ons het dit vir jou maklik gemaak om op datum te bly met die gebeure by die sinodesitting. Wil jy nie sommer dadelik hier kliek nie, om per epos alles wat op ons blog gebeur te ontvang nie.

·         Belangrike dele van die sinodesitting sal as videos op youtube gelaai word soos wat dit gebeur. Ons hoop dit help om vir meer mense 'n prentjie te gee van waarmee ons besig is in hierdie drie dae. Ons sal jou op hoogte hou van nuwe videos op ons blog, daarom weer die versoek dat jy seker maak jy ontvang ons nuwe blog inskrywings.

·         Daar is 'n paar mense wat deurlopend sal "blog" om jou op hoogte te hou van wat gebeur by die sinodesitting, en hoe dit beleef word deur verskillende mense. Ons amptelike blog sal jou in die dae wat kom meer vertel van wie hulle is, en hoe jy hulle blogs ook kan volg.

·         Ons gaan twitter gebruik om gesprek te help stimuleer tydens die sinodesitting. Jy kan dit van jou selfoon af gebruik, maar sal moet opsign voor die sitting. Kliek hier om 'n twitter rekening (account) te kry, en vul jou inligting in. Maak dan seker jy volg Oostelike Sinode op twitter te "follow" by www.twitter.com/sinoos - kliek die "follow" knoppie nadat jy op hierdie link gekliek het.

 

Belangrikste vir nou is eerstens dat jy seker maak jy ontvang ons amptelike blog. Kliek hier om per epos te ontvang, of besoek die blog vir RSS.

Tweedens dat jy 'n twitter rekening kry hier

As al hierdie aanwysings oorweldigend lyk, kliek op die volgende twee skakels en volg bloot die stappe wat daar vir jou gegee word:

Kry ons blog via epos

Kry 'n twitter rekening

Vir die wat met minder tevrede is, sal daar ook geleentheid wees om sms'e te gebruik.

 

 

Groete

 

HENRY VAN DER SCHYFF


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriendStuur hierdie nuusartikel na 'n vriend