Skip to content | Skip to navigation

KORTNUUS 30
2009/09/03
Die Bediening vir Getuienis vra foto's van uitreike wat deur die gemeentes onderneem is.  Hulle wil dit graag gebruik tydens die sinodesitting.  Kontak Corrie Swanepoel 012 804 9543 of getuie@sinoos.co.za

 

Die Agendas vir die sinodesitting kan as gevolg van die posstaking nie gepos word nie.  Ons hoop om DV vanaf Maandag of Dinsdag dit te kan pos.  Gemeentes wat dit self wil afhaal, kan laat weet en Maandag kom haal.

 

Onthou Onderlinge Sorg se Mannekamp 11 tot 13 September by Makarios.  Kontak asseblief Janus Roux janusroux@ngelarduspark.org.za

 

Baie groete

 

HENRY VAN DER SCHYFF


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriendStuur hierdie nuusartikel na 'n vriend