Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:

KORTNUUS 3
2008/04/11

SONDAG 11 MEI 2008  -  BIDDAG

 

Die Sinodale Diensraad het versoek dat gemeentes oorweeg om hierdie dag ook as 'n biddag in te rig, ter wille van almal wat deur die proses van grondeise geraak word.

 

Daar is vele fasette aan die saak van grondeise, maar die sinodesitting het juis verlede jaar bevestig dat dit die Kerk se primêre taak is om die lidmate deur die proses by te staan.  Dit raak die aanbiddings, onderlinge sorg en getuienis dimensies van lidmate en gemeentes.

 

11 Mei is Pinkstersondag, dit is ook die fees van die Heilige Gees, wat die Kerk bou.  Bid veral vir die lidmate wat na grondeise nog in die gemeentes is, dat hulle deur die krag van die Heilige Gees gemeentes kan wees, wat 'n verskil in hulle omgewing maak.

 

Dit is die fokus van die Sinodale Diensraad met hierdie biddag.

 


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriendStuur hierdie nuusartikel na 'n vriend