Oostelike Sinode
KORTNUUS 28
2009/05/19
Die Voorsitters/Moderators van al die Sinodes het verlede week vergader. Hulle het 'n eenparige verklaring uitgereik. Versprei dit gerus onder die lidmate.
Die Moderatuur van die Algemene Sinode het ook hulle ondersteuning aan die verklaring van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke oor "Onsmaaklike retoriek van politieke leiers" gegee.
Groete
HENRY VAN DER SCHYFF
Gesprek oor die opstanding
Verskil van mening in die Kerk is ’n goeie ding. Dit help ons om die kaf van die koring te skei. Ons onderskei daarom ook tussen menings veral deur met mekaar in gesprek te tree. Ons doen dit onder andere deur briewe, artikels, boeke en toesprake. Sonder so ’n robuuste onderskeidende gesprek kan ’n kerk nie werklik teologie bedryf nie. Dit help ons met oorleg saam aan die Here gehoorsaam te wees.
Ons dink dat die gesprek oor die opstanding van Jesus Christus die afgelope paar jaar ongelukkig soms uitgerafel en baie persoonlik geraak het. Dit is jammer en pas nie by ’n kerk wat veronderstel dat die geloof in Jesus Christus, die belydenis van ons kerk en die Woord van God ons aan mekaar bind nie. Daardeur word verwarring gesaai en kom die boodskap van Jesus Christus in diskrediet.
Ons roep dus alle partye in die teologiese gesprek op om met deernis, leerbaarheid en openheid met mekaar te praat. Anders hoor ons mekaar nie goed nie en gee ons mekaar se standpunte nie billik weer nie. Dan raak die gesprek maklik verkleinerend en selfs kwaadwillig en bedreig dit die geloofseenheid tussen ons.
Die verwarring en gebrek aan eenheid oor so ’n kern teologiese saak bring ons by die oortuiging dat ons die NG Kerk wil oproep om saam met ons die volgende oor die opstanding van Jesus Christus te bely:
· Dat Jesus Christus liggaamlik uit die dood opgestaan het op die derde dag na sy kruisiging (Lukas 24);
· Dat sy fisieke liggaam opgeneem is in die opstandingsliggaam op ‘n wyse wat ons begrip te bowe gaan (1 Korintiërs 15);
· Dat ons liggame ook uit die dood sal opstaan, soos Hy ons belowe het (Johannes 11; 1 Korintiërs 15).
Dit is die kern-belydenis van die Skrif en ook ons belydenisskrifte. Dit is ook wat ons as Christene ten diepste aan mekaar verbind. En dit is wat ons graag saam met alle gespreksgenote wil glo en bely.
Ander belangrike uitdagings
1. Die hele kommunikasiesisteem en netwerk van die NG Kerk behoort uitgebou en verfyn te word. Daar is veral ’n bekommernis oor hoe effektief en duidelik kommunikasie na lidmate op voetsoolvlak geskied.
2. Voortgaande versoening en verhoudingsbou op alle vlakke van kerk en samelewing behoort ’n dringende prioriteit te wees. Alle leierskap in die Kerk behoort hierin ’n voorbeeld te wees.
3. Die moderators bid dat alle kerkleiers en amptenare groot erns sal maak met ’n radikale hertoewyding en oorgawe aan God. Dit behoort gepaard te gaan met ’n lewenstyl wat getuig van reinheid en geestelike dissipline onder leiding van die Heilige Gees.
4. Die moderators soek ook tans biddend na praktiese maniere waarop daar groter uitdrukking gegee kan word aan die Kerk se getuienistaak in die wêreld. Dit sluit evangelisasie, die verligting van nood, asook die Kerk se publieke getuienis (byvoorbeeld teenoor misdaad) in.
Die Moderators/Voorsitters van al die Sinodes van die NG Kerk
SA Council of Churches warn: “You reap what you sow”
The SA Council of Churches (SACC) is perplexed by the recently reported statements made by political leaders in the ANC Alliance (Youth League, MK Veterans Association and COSATU) and Democratic Alliance (DA). These statements are in such bad taste that one would not want to repeat them. It is noted that such “politics of disgrace” started during the build up to the elections campaign. The SACC then already warned against this practice and called for restraint.
It is rather sad that now when the people of South Africa ought to celebrate and give thanks (to God) for the peaceful and historic elections and the appointment of new political administrations we are exposed to political mud-slinging. Such behaviour can only be interpreted as expressions of political intolerance and immaturity. South Africa deserves better than this.
The SACC calls on all involved (within the DA and ANC) to with immediate effect STOP this disgraceful behaviour. We are committed to respecting each other and expect our political leaders to set an example in demonstrating tolerance and respect.
Whoever has been elected (and appointed) in government must be reminded that they are responsible to serve the interest of the entire South African people. The electorate and citizenry are looking at you with great expectation, particularly within the global economic crisis. All political leaders are expected to lead by example and to help rebuild the morality that will make us all to be proud citizens of our beloved country.
Millions of poor and unemployed people went to the polls because they pin their hopes, their fears and their aspirations on responsible and democratic leaders. We strongly reject this situation where political mud-slinging is the order of the day, instead of the real concerns of people. Let us all and particularly those in authority remember that “we reap what we sow.”
There are more millions of people in Africa and around the world that envies South Africa. We have to guard the image that was build with the blood and sacrifice of ordinary people with extra-ordinary commitments to a free South Africa. We have to reconsider the messages that we send to those who will inherit our legacies. We will be remembered by what we said and what we did.
Let us therefore do what is just, what builds peace and what we can all be proud of. Let us demonstrate mutual respect, reminding ourselves that ‘we are what we are because of other people’. May God the Almighty grant us the gifts to serve in humility.
Eddie Makue
General Secretary
S A Council of Churches
Tel. +27 11 241 7817
Fax. +27 11 492 1448
Cell. +27 82 853 8781
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

