Oostelike Sinode
KORTNUUS 27
2009/05/04
4 Mei 2009
KORTNUUS 27
Die Woordwyser is vanaf 21 Mei (Hemelvaartdag) per e-pos beskikbaar. Intekenaars ontvang elke dag 'n dagstukkie wat hulle sommer op die rekenaarskerm kan lees of kan uitdruk om later op hulle tyd te lees. Ons bied 365 dagstukkies teen 'n fooi van slegs R50,00. Ons skop af met Handelinge wat baie goed aansluit by Pinkstertyd wat op 21 Mei begin. Nooi gerus alle gemeentelede met toegang tot e-pos uit om sommer vandag nog in te teken op ons webblad by www.sinoos.co.za
Bybelgenootskap benodig 'n paar persone wat kan help lees aan die manuskripte van die nuwe Bybelvertaling. Laat weet gerus indien daar belangstellendes is.
Dr Nelus Niemandt nooi predikante uit na die openbare lesing van prof Scot McKnight (van North Park College in Chicago). Dit is op 12 Mei vanaf 10:30 tot 12:30 by die lokaal van Inligtingstegnologie 2-27. Die titel is: "Conversion and why folks walk away from faith."
Groete
HENRY VAN DER SCHYFF
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

