Skip to content | Skip to navigation

KORTNUUS 24
2009/03/02

Die jongste nuus in verband met die Voortgesette bedieningsontwikkeling.

 

Baie groete

 

HENRY VAN DER SCHYFF

 

VBO-NUUS!!

 

Die VBO Taakspan (wat bestaan uit verteenwoordigers van al die Sinodes in die noordelike deel van ons land) het onlangs vergader.  Uit die terugvoer wat ons ontvang het, wil dit voorkom asof leraars nog nie genoegsaam ingelig is oor die VBO program nie.  Ons het dus besluit om die beplande kursusse vir 16 tot 18 Maart 2009 eers te laat oorstaan.  DAAR VIND WEL AANBIEDINGS OOR VBO PLAAS OP DIE VOLGENDE DATUMS (09:30 tot 13:00): MAANDAG, 16 MAART (NELSPRUIT-SUID); DINSDAG, 17 MAART (BONAERO PARK); WOENSDAG, 18 MAART (PRETORIA-SKUILKRANS).  Tydens dié geleentheid sal al jou vrae oor VBO en verwante sake bespreek word.  Jy sal ook geleentheid kry om vir die VBO puntestelsel te registreer (en sommer reeds vir jou bywoning ’n aantal punte te verdien!!). Laat weet asseblief of jy die geleentheid gaan bywoon deur ’n e-pos of sms te stuur na vbo@excelsus.org.za of 082 379 2458.  BYWONING IS GRATIS!

 

WOON HIERDIE GELEENTHEID BY EN MAAK SEKER DAT JY GOED INGELIG IS – VBO IS IMMERS NOU VIR ALTYD DEEL VAN DOMINEES SE LEWENS!!

 

Sien jou op een van die bogenoemde datums!

 

Ferdie Clasen

Malan Nel


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriendStuur hierdie nuusartikel na 'n vriend