Oostelike Sinode
KORTNUUS 20
2009/01/15
Ons voldoen graag aan die versoek van Johannes van der Merwe van Alkmaar (074-142-3456) en vra gemeentes om ook te bid dat die sinnelose plaasmoorde stopgesit kan word.
Johannes skryf: Ek weet nie hoeveel van ons dominees het twee en twee bymekaar gesit nie? Almal wat in die 80ers by Tukkies geswot het, sou êrens vir tannie Saar Holtzhausen ontmoet het. Sy was die sekretaresse van OT/NT by die Fakulteit. Sy en haar man (wyle prof Kas Holtzhausen, ’n landboukundige) het in Alkmaargemeente kom aftree/boer. Wel, dit is van haar wat daar in Beeld berig is, sy is die nuutste slagoffer van ’n plaasmoord… Sy is Sondagoggend wreed in haar huis vermoor. Ons gemeente en gemeenskap is geruk. Sy was een van dié vredeliewendste mense wat ek geken het! Ons vra asseblief voorbidding vir haar seun, dogter en kleindogter. Die dankdiens is eerskomende Saterdag 11h00 te Alkmaargemeente. (Sien berig by http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2452222,00.html )
Baie groete
Henry van der Schyff
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

