Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:

KORTNUUS 19
2008/10/30
 

Die Kuratorium is dringend op soek na kapasiteit op twee terreine, waarvoor diens ingekoop word.  Aansoeke sluit op 31 Oktober (dit is môre!)

 

Die eerste pos is 'n kontrakpos:  Direkteur Voortgesette Bedieningsontwikkeling.  Die pligte sluit in:

 

1.1       Fasilitering en ontwikkeling van VBO (Voortgesette Bedieningsontwikkeling) in samewerking met die Kuratorium, Sentrum vir Kontekstuele Bediening en die Noordelike Sinodes.

1.2       Bepaling en bestuur van kursusse en leergeleenthede vir VBO in lyn met die A tot Z Beleid.

1.3       Bestuur van proses vir voldoening aan vereistes van krediete vir VBO vir leraars in veral die Noordelike Sinodes.

 

Die tweede pos is ook 'n kontrakpos:  Direkteur Kerklike Bediening.  Die pligte sluit in:

 

2.1       Ontwikkeling en fasilitering  van nuwe Diploma Kerklike Bediening (DiplKB) in samewerking met Kuratorium, NG Dosenteraad en in besonder die Departement Praktiese Teologie; en in ooreenstemming met  “Profiel vir Pas Gelegitimeerdes vir Predikantskap in die NG Kerk” (Algemene Sinode 2007).

2.2       Bepaling en bestuur van dosente vir aanbieding van DiplKB.

2.3       Begeleiding van studente vir voldoening aan vereistes van DiplKB.

 

Om in samewerking met bogenoemde instansies, tydelik-deeltydse dosente te werf en te organiseer in die aanbieding van DipKB.

Begeleiding van studente vir voldoening aan vereistes van DiplKB.

 

Lees hier oor vereistes en diensvoorwaardes.

 

Baie groete

 

HENRY VAN DER SCHYFF


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriendStuur hierdie nuusartikel na 'n vriend