Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:

KORTNUUS 16
2008/10/14

Ons herinner aan die spesiale dag vir alle predikante van ons Sinode, wanneer ons oor teologiese opleiding besin.  Dit gebeur op Dinsdag 28 Oktober 2008 vanaf 09:45 tot 15:00.  Die praat-plek is die Willem Prinsloo Landboumuseum naby Rayton.

 

Die Vise-rektor prof Chris de Beer gee die siening van die Universiteit, daar is 'n gesprek met die dosenteraad, die Kuratorium vertel oor die uitdagings van kerkeie opleiding en dr Theo Swart gee meer inligting oor voortgesette bedieningsontwikkeling vir elke predikant in die bediening.

 

Ons oordeel dat dit so 'n belangrike geleentheid is, dat die Sinode vir die koste van die ete, verversings en lokaal betaal.  Verder, anders as met sinodesittings, help ons ook met reiskoste.  Dit word egter beperk tot 50c per kilometer, maar vir elke persoon wat jy oplaai word 'n verdere 50c per kilometer betaal.

 

Laat weet asseblief voor 17 Oktober 2008 of jy teenwoordig sal wees.

Tertia by osorg@sinoos.co.za of (012) 804 9543.

 

Baie groete

 

HENRY VAN DER SCHYFF


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriendStuur hierdie nuusartikel na 'n vriend