Oostelike Sinode
FAMILIENUUS (121)
2008/06/10
Liewe Sinode-familie
Die winter het ons nou behoorlik in sy greep. Daarom hoor ons van winterskole wat aangebied word. Die vakansie is ook om die draai en oral is die Laeveld vol bespreek.
GEMEENTES
Goedgegun, Swaziland (goedgegun@posix.co.sz) is mos na die vorige sinodesitting deel van die Ring van Barberton. Die ring strek dus van Skukuza tot aan die suide van Swaziland. Seker nou die mees uitgestrekte ring in ons gebied.
Hendrina (ng-hendrina@itech2000.net) maak tans van twee pastorale hulpe gebruik. Hulle is Dolf Geldenhuys en Wickus Jacobs. Welkom binne die familie.
Merlindale (merlindaleng@absamail.co.za) gaan nie net gebuk onder ontvolking as gevolg van mynbou nie, hulle het ook pas kennis gekry dat die gebied waarop die kerkgebou en pastorie geleë is, onder ’n grondeis is. Bid asseblief vir hulle en almal wat deur die trauma van grondeise gaan.
Moreletapark (info@moreleta.co.za) het Pieter Grobbelaar van Queenstown vir hulle gebeds- en mannebediening beroep.
Sabie (013-764-1363) het Erik Brits van Empangeni beroep.
PREDIKANTE
Willem Boshoff (boshows@mweb.co.za) pastorale hulp by Skuilkrans het onlangs sy been met ’n valskermsprong saam met sy seun gebreek. Hy was daarna met ’n bloedklont in intensief. Dit gaan beter.
BEDIENINGE
Ondersteuningsdiens herinner aan die finansiële state wat gemeentes nou moet indien. Stuur gerus die voltooide staat, al moet die kerkraad dit nog onderteken.
VERGADERINGE
Die Sinodale Diensraad het ’n insiggewende vergadering met die Voorsitters van die ringsdiensrade gehad. Dit het gefokus op die sake wat tans aktueel in die gemeentes is. Hierdie inligting dien as agtergrond tot die Voetsool sinodesittings wat later vanjaar beplan word.
Die Dagbestuur neem Woensdag en Donderdag deel aan ’n vergadering van die Moderamen van die Algemene Sinode met die Dagbesture/Moderature van al die Sinodes. Dit handel oor Kerkhereniging.
ALGEMENE SINODE
Die Diensgroep vir Gemeente-Ontwikkeling bied ’n Winterskool in Aanbidding en Musiek op 8 en 9 Augustus 2008 in Potchefstroom aan. Inskrywings sluit op 20 Junie 2008. Vorms is beskikbaar by esters@ngkerk.org.za
ANDER INLIGTING
Die groep wat as C-kruis bekend gestaan het se naam is nou 13th FLOOR. Kyk gerus by www.13floor.net
Junie is die maand vir Bloedskenk. Gemeentes word versoek om lidmate daartoe aan te moedig.
Twee Pastorale beradingskursusse word deur prof Wentzel Coetzer in Potchefstroom aangebied. Op 26 Julie 2008 handel dit oor depressie en op 16 Augustus 2008 oor Die uitdeel van seën. Navrae en bespreking by wentzel.coetzer@nwu.ac.za
Witrivier waarsku teen "swerwers" wat gemeentes vra om hulle bewys van lidmaatskap van Witrivier aan te vra en hulle dan ook sommer geld te gee om hulle deur te sien. Hierdie persone kom nie van Witrivier af nie. Hulle is meestal André en Gladys Nagel, maar verander dikwels van naam en van. Hulle het reeds talle gemeentes ingeloop.
Moreletapark bied op 19 Junie 2008 om 19:00 gemeenskapsuitreikaand oor "Sterre, Skepping en Skepper" aan. Hennie Maas, Louis Barendse en dr Louw Alberts tree op. Kontak lanel@moreletapark.co.za
Geloofsgelofteoffers? André Barlow uit die Vrystaat vra of daar gemeentes is wat hom inligting hieroor kan voorsien?
VERJAARSDAE
Geluk aan almal wat tot 14 Julie 2008 verjaar.
14 Junie - Francois Botha (Ermelo-Oos) e-pos: francois@erm-oos.co.za
14 Junie - Antoinette Wilson (Pretoria-Oosterlig) e-pos: wilsona@absamail.co.za
14 Junie - Dion van Dyk (Skuilkrans) e-pos: dion@skuilkrans.co.za
18 Junie - Jan van Zyl (Past Hulp, Nelspruit-Westergloed) e-pos: ngkerk@iafrica.com
18 Junie - Arnold Meiring (Skuilkrans) e-pos: arno@skuilkrans.co.za
21 Junie - Arnau van Wyngaard (Swaziland Reformed Church) e-pos: wyngaard@lando.co.za
22 Junie - Tertius Erasmus (Middelburg-Suid) e-pos: tertius@midsuid.co.za
25 Junie - Nico Swart (Skuilkrans) e-pos: nico@skuilkrans.co.za
30 Junie - Christo de Witt (Marble Hall) e-pos: christo@loskop.co.za
30 Junie - Gerrie Doyer (Witrivier) e-pos: gerrie@ngwitrivier.co.za
2 Julie - Erik Immelman (Halfweghuis) e-pos: erikjen@iafrica.com
4 Julie - Dolf Germishuys (Past Hulp, Hendrina) e-pos: dolf.germishuys@iafrica.co.za
7 Julie - Thinus Prinsloo (Carolina) e-pos: mfp@lando.co.za
8 Julie - Gawie Conradie (Past Hulp, Doornkloof) e-pos: kantoor@ngdoornkloof.org.za
9 Julie - Izak Liebenberg (Meyerspark) e-pos: ilieb@absamail.co.za
9 Julie - Gawie Malan (Pretoria-Oosterlig) e-pos: gm@harvestbarn.co.za
11 Julie - JP Pienaar (Amsterdam) e-pos: ngamster@lando.co.za
13 Julie - Henk Janse van Rensburg (Pierre van Ryneveld) e-pos: henk@pvr.co.za
Groete tot na die vakansie.
Henry van der Schyff
Uitvoerende Amptenaar
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

