Oostelike Sinode
FAMILIENUUS (124)
2008/08/12
Liewe Sinode-familie
Die kwartaal is in volle swang en een van die dae is dit lente. Hier in Pretoria sien 'n mens al van die groenigheid deurstoot. Woordwyser praat tans van Jesaja, die profeet met die regte adres.
GEMEENTES
Lyttelton-Oos (ngk@lytteltonoos.org.za) is op 17 Augustus 50 jaar oud. Geluk met die eerste halwe-eeu!
PREDIKANTE
Dini Smit (dssmit@absamail.co.za) van Bronkhorstspruit neem Sondag 17 Augustus afskeid van die gemeente. Hulle verwag 'n tweeling en sy wil eers 'n ruk kinders grootmaak.
Jan Bisschoff (jan@skuilkrans.co.za) van Skuilkrans lewer op 24 Augustus sy afskeidspreek. Hy emeriteer en gaan by sy vrou in Engeland aansluit.
Danie Dreyer (daniedr@ngtyger.com) van Tygerpoort se pa is op 87 jarige ouderdom oorlede. Hy was ook 'n predikant wat reeds gedurend 1970 by Drie Riviere-Oos geëmeriteer het.
Henri Killian wat gedurend 2007 by Witbank-Klipfontein geëmeriteer het, is op 1 Augustus oorlede.
Ons dink aan julle almal se wel en weë.
BEDIENINGE
Onthou die konsultasies oor Kerkhereniging. Dit vind op 25 Augustus by Nelspruit-Westergloed en Lydenburg-Suid plaas. Op 26 Augustus is dit by Ermelo, op 27 Augustus by Middelburg (Witkerk) en op 28 Augustus by Tygerpoort in Pretoria.
Belasting op huisvesting. Gemeentes moet asseblief daarop let dat die nuutste voorskrifte oor die berekening van die belasting nagekom word. Die waarde van 'n gedeelte van die reiskoste word mos vanjaar bygetel. Dit is reeds in Familiebrief 2008/17 deurgegee.
Onderlinge Sorg se Mannebediening se afskopgeleentheid is 16 tot 19 Oktober by die Struwig Ekoreservaat. Daar is nog 'n paar plekke beskikbaar. Lees hier meer. (Hierdie dokument laai nou makliker af!)
VERGADERINGE
Ons herinner julle aan die Voetsool sinodesittings. Stuur solank julle name in. Die geleenthede vind mos plaas op 11 Oktober by Ermelo, 25 Oktober by Nelspruit, 1 November by Pretoria en 8 November by Witbank.
GESAMENTLIKE WERKSAAMHEDE
Geluk aan Arnau van Wyngaard (wyngaard@lando.co.za). Hy en die VIGSwerk in Swaziland het die gesamentlike tweede plek in die "Gourageous Leadership Awards" van Willow Creek in Chicago ontvang.
PEN-Aksie bedank almal vir die hulp om die lot van die persone na die Schubartpark-brand ligter te maak.
Onthou die oggend saam met dr Andrew Purves. Lees hier meer.
Het jy al ingeskryf vir Lente in die Bediening en Teologie 2008? Dit vind vanaf 7 tot 9 Oktober 2008 plaas. Lees hier meer.
ALGEMENE SINODE
Augustus is die Maand vir Barmhartigheid vir die NG Kerk-familie. Lees meer hieroor.
JONK LIVE Musiekfees vind die naweek 29 tot 31 Augustus 2008 in Irene, Pretoria plaas. Lees hier meer. Volledige inligting is beskikbaar by www.live.jonk.co.za
Die CLF (Christelike Lektuurfonds) bied 'n gratis pamflet aan: Ons gemeente en MIV en Vigs. Bestel dit by info@clf.co.za
Missie Japan stuur 'n nuwe sendelingepaar Japan toe. Dit is dr Stephan van der Watt en sy vrou Carina. Hulle is tans by Aliwal-Noord. Carina is die dogter van Tobie en Annalie de Wet, die huidige sendelinge in Japan. Lees hier meer.
Nuwe publikasies by Bybel-Media.
Christenleiers deur Jannie le Roux en Braam Hanekom "God se mense vir nuwe werklikhede. Geestelike leierskap maak die verskil."
Vrygewige Lewe deur Brian Kluth " 'n 40 dae lange geloofsreis na 'n meer vrygewige lewe sal jou help om God te vertrou om in jou behoeftes te voorsien."
Op 27 Augustus 2008 is die Afrikaanse Bybel 75 jaar oud. Reël gerus 'n geleentheid om die Bybel in ons moedertaal te vier.
ANDER INLIGTING
Twee pastorale beradingskursusse deur prof Wentzel Coetzer op Potchefstroom:
Genesing van emosionele pyn – 20 September 2008.
Die wisselwerking tussen liggaam, gees en siel – 25 Oktober 2008. Lees hier meer.
Die Nuwe Hart Inisiatief wil meewerk aan die herstel van norme en waardes in jou omgewing. Lees meer by www.kryjounuwehartdag.com
ADVERTENSIES
Drie jong kunstenaars is beskikbaar om deur middel van musiek en sang 'n aand 'n onvergeetlike ervaring te maak. Ook beskikbaar vir eredienste. Kontak versterjp@gmail.com vir 'n moontlike program en ander inligting.
VERJAARSDAE
Geluk aan almal wat tot 25 Augustus verjaar.
14 Augustus - Carl Louwrens (Krugerwildtuin) e-pos: crl@telkomsa.net
15 Augustus - Hardus van Niekerk (Middelburg-Suid) e-pos: hardus@midsuid.co.za
17 Augustus - Jannie du Plessis (Elarduspark) e-pos: jannie@ngelarduspark.org.za
17 Augustus - Dini Smit (Bronkhorstspruit) e-pos: dssmit@absamail.co.za
24 Augustus - Johnny van Zyl (Machado-Boven) e-pos: johnnyvanzyl@lando.co.za
24 Augustus - Chris Zietzman (Tzaneen) e-pos: cziets@global.co.za
25 Augustus - Pieter van Niekerk (Pretoria-Oosterlig) e-pos: servus@iafrica.com
Groete tot 26 Augustus (vlak voor die Predikantekonferensie, lekker!)
Henry van der Schyff
Uitvoerende Amptenaar
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

