Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:

FAMILIENUUS 199
2012/01/17

17 Januarie 2012

F

 

amilienuus 199

 

Goeie wense vir 2012 uit die Sinode huis!  Vanjaar is die jaar van ons sinodesitting.  Dit vind oor 'n bietjie meer as agt weke plaas.  Almal sien uit na hierdie saamwees van die Sinode-familie.

 

GEMEENTES

Dit het baie bedrywig met beroepe gegaan gedurende die vakansietyd.

 

Bronkhorstspruit (ngkerkkloofsig@gmail.com) het Evert Bergh van Bethal beroep.  Hy het die beroep bedank.  Sterkte met julle proses wat van vooraf begin!

 

Kloofsig (ngkerkkloofsig@gmail.com) het Petro du Toit van Lyttelton-Noord en Pretoria-Garsfontein as Tentmaker beroep.  Sy word op 22 Januarie bevestig.

 

Krielpark (ngkrielpark@telkomsa.net) word vanjaar bedien deur 'n gemeentejaar student Ernst Breet.  Hy word begelei deur Hendrik van Wyk van Witbank-Suid.

 

Monumentpark-Wes (kerkkantoor@monwes.co.za) het Banus Botha van Dagbreek-Welkom beroep.  Hy word op 5 Februarie bevestig.

 

Nooitgedacht (ngnooit@vodamail.co.za) het prop Marius Ellis as jeugwerker aangestel.

 

Pierre van Ryneveld (pierre@mweb.co.za) het prop Ryno Meyer beroep as jeugleraar.  Hy word aan die begin van Maart bevestig.

 

Witbank-Panorama (ngpanorama@vodamail.co.za) het Johan Koen van Burgersfort beroep.  Hy word op 11 Februarie bevestig.

 

Onthou asseblief om julle 2012 almanakke na die Sinode huis te stuur.

 

Ons herinner julle ook aan die versoek van die Ontwerpspan (brief 23 November 2011) dat elke gemeente 'n verhaal van een bladsy vertel waar julle 'n verskil maak.  Dankie vir die verhale wat reeds ontvang is.  Sal julle gou klaar skryf sodat ons dit teen 31 Januarie kan ontvang?

 

Geluk aan die gemeentes wat verjaar:  Permiermyn 92 (19/1, Letsitele 56 (20/1) en Rayton 41 (29/1).

 

PREDIKANTE

 

André Venter (denventer@absamail.co.za) het gedurende 2010 by Doornkloof geëmeriteer.  Hy het daar nog 'n jaar as pastorale hulp gewerk.  Hierdie kontrak het aan die einde van Oktober 2011 verstryk.

 

Christo de Klerk (cdek@monwes.co.za) van Monumentpark-Wes emeriteer op 29 Januarie 2012.

 

Die Algemene Sinode het besluite oor die registrasie van bevoegdheid geneem.  Hou gerus die pos dop vir die riglyne en die vorm wat hiervoor voltooi moet word.

 

VERGADERINGE

Hierdie week begin al die ratte op vol stoom draai.  Ondersteuningsdiens vergader reeds op die 18de.  Die Ontwerpspan vergader die 19de om die afronding aan die sinodesitting te doen.  Op die 20ste vergader die Dagbestuur.  Een van die sake op die sakelys is die terugvoer aan die ses gemeentes oor die beskrywingspunt in verband met die bekeringsdoop.

 

GEMEENTES AAN DIE WERK

 

Dennesig (dennesig@xsinet.co.za) nooi gemeentes na 'n opleidingsgeleentheid vir kategete op 28 Januarie.  Lees hier meer van ds Waldemar Stumpfe se besoek.

 

PENSIOENARISSE

 

Ons het verneem dat mevrou Alice de Jongh, weduwee van ds Albert de Jongh, wat September 2010 oorlede is, op 30 Julie 2011 oorlede is.  Hulle was vroeër van Belfast.

 

ANDER INLIGTING

 

Die CMR Mpumalanga het 'n eie opleidingsentrum vir werkers in die maatskaplike dienste veld begin.  Lees meer sowel as die geleentheid vir registrasie.

 

Prof Wentzel bied op 4 Februarie die volgende pastorale beradingskursus in die Hantering van verlies aan.  Lees meer.

 

Die Hugenote Kollege beskik oor die vakature vir 'n Uitvoerende hoof.  Lees meer.

 

ONTMOET DIE SINODE-FAMILIE

 

Hierdie keer kuier ons by Ligkruis.  Hulle is een van die vier gemeentes wat hulle name verander het. Hulle is reeds in 1982 gestig as Middelburg-Wes. Hulle webadres is:  www.ngligkruis.blogspot.com

 

Petri Coetzee  (petric@telkomsa.net) is voltydse leraar.  Hy en Elriza is sedert 2006 in die gemeente.  Hulle was vroeër by Krugersdorp-Wes (vanaf 2000) en toe 2004 en 2005 by Chicanono in Mosambiek.  Hy was ook in 2005 pastorale hulp by Nooitgedacht.

 

 

Petrus Moolman (lafras@mweb.co.za) werk as pastorale hulp.  Hy en Rita het hier begin werk in 2008.  Sy bediening het reeds in 1977 by Graaff-Reinet begin, toe 1980 Middelburg, Transvaal, 1984 Nelspruit-Westergloed, 1989 Kroonstad-Suid, 1989 Pastorale konsultant Magaliesoord-sentrum, 1997 Radio Feba totdat hy in 2006 geëmeriteer het.

 

Chris Bester (christkids@vodamail.co.za) is ook aan die gemeente gekoppel.  Sy werk is gefokus op Kindergetuienis mobilisering.  Hy en Lillian is hier sedert 2002.  Sy bediening het in 1986 in Middelburg-Kanonkop begin.  In 1990 was hy SAP kapelaan in Ermelo en vanaf 1991 tot 2002 by Dennesig.

 

VERJAARSDAE

 

Geluk aan almal wat tot 30 Januarie 2012 verjaar.

 

24 Januarie - Christo de Klerk, Monumentpark-Wes cdek@monwes.co.za 

24 Januarie - Petro du Toit – Past hulp Kloofsig, Pretoria-Garsfontein dspetrodutoit@gmail.com

24 Januarie – Hannes Grobler, Witbank-Vallei jhgro@mweb.co.za

27 Januarie – Jan Mostert jmosvdm@lantic.net 

29 Januarie – Sarel Loots, Graskop ghoeks@iafrica.com

 

Groete tot 31 Januarie 2012.

 

Henry van der Schyff

Uitvoerende Amptenaar

uitamp@sinoos.co.za

 

 


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriendStuur hierdie nuusartikel na 'n vriend