Oostelike Sinode
FAMILIENUUS 187
2011/06/21
Vandag is die kortste dag van 2011. Hoop julle kry genoeg gedoen voordat dit nag word!
GEMEENTES
Krielpark (ngkrielpark@telkomsa.net) onderhandel om 'n brugpredikant te bekom.
Marble Hall (ngkmhall@lantic.net) bevestig Sondag (26 Junie) vir Albert Venter as predikant, nadat hulle die beroepsproses herstel het.
Geluk aan die gemeentes wat verjaar: Witrivier 70 (28/6), Silvertonkruin 36 (30/6) en Elarduspark 36 (1/7).
PREDIKANTE
Fay van Eeden (faycve@gmail.com) van Nooitgedacht het die beroep na Lynnwood aangeneem.
Andries Louw (anelouw@getuienisforum.org.za), Funksionaris van die Sinodale Getuienisforum emeriteer op 30 Junie 2011.
RINGE
Die Ring van Pretoria-Faerie Glen hou vanaand (21 Junie) ringsitting. Die ander gemeentes in die ring is Pretoria-Garsfontein, Lux Mundi en Valleisig.
PROJEKTE
Die Predikantekonferensie in die Wildtuin was verfrissend. Die plek was reg en die tema wat Ian Nell hanteer het, het elkeen geraak. Hy het aan die hand van die boek Jona oor kwesbare leiers en die spiritualiteit van leierskap gesprek gevoer.
VERGADERINGE
Die Dagbestuur van die Sinodale Diensraad kuier hierdie week by die predikantevergaderinge van die Ringe van Ermelo en Witbank.
Ondersteuningsdiens versoek gemeentes waarvan die finansiële state nog uitstaande is, om spoedig reëlings te tref om die state by die Sinode huis te besorg.
ALGEMENE SINODE
Die Sentrale Komitee van die Suid-Afrikaanse Raad vir Kerke het onlangs vergader. Lees hulle verklaring.
Na die Tsunami in Japan is 'n rampfonds op die been gebring. Gideon van der Watt van Bloemfontein gee terugvoer hieroor en die hulpverlening in Japan. Lees meer.
PENSIOENARISSE
Ons het onlangs by die Sinode huis kennis gekry dat ds Roelof Steyn reeds gedurende Desember 2010 oorlede is. Voor sy emeritaat was hy predikant van Witbank-Suid (1982 tot 1991). Hy was ook by Wakkerstroom (1957 tot 1961) en Piet Retief (1965 tot 1968) in ons Sinode.
ONTMOET DIE SINODE-FAMILIE
Ons stel die predikante van Bronkhorstspruit en Breyten voor.
Bronkhorstspruit is een van ons ouer gemeentes. Hulle word vanjaar 106 jaar oud. Die gemeente se naam was aanvanklik Erasmus.
Piet en Clarissa Fourie is sedert 2004 in die gemeente. Hulle was ook in Vanderbijlpark-Wes (1987 tot 1992), Heilbron (1992 tot 1996) en Reitz (1996 tot 2004).
Tiaan Victor het as proponent in die gemeente begin. Hy en Jean is sedert 2009 in die gemeente.
Breyten is vanjaar 69 jaar oud. Die demografie van die gemeente het so verander dat hulle deur 'n pastorale hulp bedien word. Hy is Marius Smit wat op Ermelo skool hou. Tussen 1993 en 2005 was hy die voltydse predikant van die gemeente.
LEER MY KEN UIT MY PEN
Verlede keer het ons prof Chris Harmse van Lux Mundi se raad oor die ekonomie gelees. Die keer vertel hy wat 'n mens tydens lae rentekoerse behoort te doen.
VERJAARSDAE
Geluk aan almal wat tot na die skoolvakansie verjaar.
21 Junie: Arnau van Wyngaard (Shiselweni Swaziland) wyngaard@lando.co.za
22 Junie: Tertius Erasmus (Middelburg-Suid) tertius@midsuid.co.za
25 Junie: Nico Swart (Skuilkrans) nico@skuilkrans.co.za
30 Junie: Gerrie Doyer (Witrivier) gerrie@ngwitrivier.co.za
2 Julie: Erik Immelman (Halfweghuis) erikjen@iafrica.com
4 Julie: Dolf Germishuys (Past Hulp Hendrina) dolf.germishuys@iafrica.co.za
7 Julie: Thinus Prinsloo (Carolina) mfprinsloo@gmail.com
9 Julie: Izak Liebenberg (Meyerspark) ilieb@absamail.co.za
9 Julie: Gawie Malan (Pretoria-Oosterlig) gm@harvestbarn.co.za
11 Julie: JP Pienaar (Amsterdam) jppienaar@telkomsa.net
13 Julie: Henk Janse van Rensburg (Pierre van Ryneveld) henk@pvr.co.za
13 Julie: Sampie Niemand (Past Hulp Pierre van Ryneveld) sampie@pvr.co.za
14 Julie: Zander van der Westhuizen (Tygerpoort) zvdwesthuizen@gmail.com
Henry van der Schyff
Uitvoerende Amptenaar
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

