Oostelike Sinode
FAMILIENUUS 186
2011/06/07
Dit is Pinkstertyd! Mag elkeen onder die sproei van die Gees, verdiep word in die Woord om saam vir die Vader te lewe.
Volgende week is die jaarlikse predikantekonferensie by Letaba in die Wildtuin. Ian Nell uit die Kaap hanteer die tema Spiritualiteit van leierskap. Ons sien daarna uit om mekaar in die bos te sien.
GEMEENTES
Die Noordelike Sinode se nuusbrief waarsku gemeentes in die Oostelike dele van Pretoria teen 'n swendelaar wat kerkmense teister. Hulle skryf
'n Lang, skraal, redelik goed geklede wit man teister tans op Sondae lidmate in die Oostelike dele van Pretoria. Met vals inligting vra hy onbeskeie geld van mense wat pas die erediens bygewoon het, Hy sit gewoonlik sy bod op R100 in. Hy het al tot R400 by 'n lidmaat uitgespin. Die Maatskaplike Werker noem hom 'n manipuleerder van die eerste water! Hy is moontlik betrokke by die verdwyning van 'n dominee se kredietkaart waarmee op 'n Sondag R20 750 se klere aangekoop is. Kerkrade en gemeentes moet op hulle hoede wees vir hierdie skraal swendelaar.
Daar is geleentheid vir gemeentes om 'n finale jaar teologiese student te bekom. Lees meer hieroor.
Debruinpark-Ermelo (ngkdeberm@telkomsa.net) bevestig Sondag vir Simon van den Heever as termynkontrak leraar.
Geluk aan die gemeentes wat verjaar: Groblersdal 71 (8/6), Phalaborwa 50 (8/6), Goedgegun-Swaziland 89 (10/6), Kampersrus 52 (13/6) en Witbank-Suid 57 (18/6).
PREDIKANTE
Willem Esterhuizen (wester@web4us.co.za) van Witbank-Panorama was weer in die hospitaal. Sterkte!
Dion van Dyk (dion@skuilkrans.co.za) van Skuilkrans se enkel is gister weer geopereer.
Fay van Eeden (faycve@gmail.com) van Nooitgedacht is na Lynnwood beroep.
RINGE
Die Ring van Laeveld hou op 20 Junie hulle ringsitting by Kampersrus.
VERGADERINGE
Die Dagbestuur van die Sinodale Diensraad het gister by die predikantebyeenkoms van die Ring van Middelburg gekuier. Nuus uit die gemeentes is gedeel en daar is interessant gepraat oor die rol van die Sinode.
Ondersteuningsdiens herinner aan die finansiële state vir 2010/2011. Onthou die doelwit datum is 15 Junie 2011!
GESAMENTLIKE WERK
Die Sentrum in Kontekstuele bediening bied weer 'n aantal kursusse aan. Dit handel oor: Erediens en prediking; Gemeentebou; Brugbediening; Die kuns van geestelike leierskap; Rentmeesterskap en Finansiële bestuur; Opleiding van mentors. Lees meer hieroor.
GEMEENTES AAN DIE WERK
Wintertyd is nie net Pinkstertyd nie. Dit is ook die tyd wanneer gemeentes talle projekte loods om 'n verskil in die gemeenskap te maak. Hierby aangeheg is inligting oor projek Winterhoop. Indien julle nie daarby inskakel nie, wees op ander maniere in die onmiddellike omgewing betrokke.
ONTMOET DIE SINODE-FAMILIE
Vandag hoor ons van Middelburg-Suid. Dié predikante hanteer die elektronika tydens die predikantekonferensie.
Wielie van Wyk (wielie@midsuid.co.za) is reeds in 1983 in die gemeente bevestig. Hy en Hanelie is soos talle ander pare in die Sinode hulle hele bediening by hulle eerste gemeente betrokke.
Tertius Erasmus (tertius@midsuid.co.za) is in 1996 daar bevestig. Hy en Christa was voorheen (1992 tot 1996) by Greylingstad. Tertius is tans Voorsitter van die Ringsdiensraad.
Hardus van Niekerk (hardus@midsuid.co.za) is ook in 1996 in Middelburg-Suid bevestig. Dit was net twee weke na Tertius. Hardus en Lynn is ook hulle hele bediening in die gemeente.
Gedurende 2005 is Rika van Vuren (rika@midsuid.co.za) as tentmaker bevestig. Sy fokus veral op gemeenskapsprojekte. Haar man Cliff is predikant in Dennesig.
Middelburg-Suid (admin@midsuid.co.za) is vanjaar 60 jaar oud. Baie van die nuwe woongebiede in Middelburg verrys binne die gemeentegrense.
LEER MY KEN UIT MY PEN
Onlangs het prof Chris Harmse die Sinodale Diensraad ingelig oor tendense in die ekonomie. Hy is deel van die leierskap van Lux Mundi. Aangeheg is 'n bydrae met baie praktiese raad vir elke lidmaat. Versprei gerus die inligting in die gemeente. Die tema is: Wat doen ek met my ander "90" persent?
VERJAARSDAE
Geluk aan almal wat tot 20 Junie verjaar – dit is na die predikante konferensie.
7 Junie: Tiaan Victor (Bronkhorstspruit) tiaanvictor@yahoo.com
14 Junie: Francois Botha (Ermelo-Oos) francois@erm-oos.co.za
14 Junie: Dion van Dyk (Skuilkrans) dion@skuilkrans.co.za
16 Junie: Hennie De Vos (Rietkuil) sel 084 675 7342
18 Junie: Arnold Meiring (Skuilkrans) arno@skuilkrans.co.za
20 Junie: Charl Bredell (Premiermyn) charl.bredell@gmail.com
Henry van der Schyff
Uitvoerende Amptenaar
Druk
Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriend

Getuienisgemeenskap wat deur ons lewe en woorde aan die mekaar en die wêreld wil vertel van die nuwe lewe wat God aan ons gegee het.
Gemeenskap waarin ons onderlinge sorg onsself en ander gedurig daaraan herhinner dat God ons daagliks versorg.
Aanbiddingsgemeenskap wat daarna streef om God in opregtheid en vreugde te aanbid.

