Skip to content | Skip to navigation
Algemene Sinode
NG Kerk
Work
Posbus 73657
Lynnwoodrif
0040

WorkTel: 012 804 9543
FaxFaks: 012 804 94 62
E-Pos:

FAMILIENUUS 169
2010/08/24

Liewe Sinode-familie

 

Groete vanuit die Sinode huis in Pretoria.  Soggens kan ons reeds die koms van die lente ruik.

 

Ons berig in hierdie Familienuus van predikante wat met hulle families by die grense van die lewe gestaan het. Hulle het die troos van die Evangelie wat hulle bedien, telkens self ervaar.

 

PREDIKANTE

 

Hancke van Blerk (hanckevb@gmail.com) van Piet Retief se vader is in die rype ouderdom van 87 jaar oorlede.  Hy kon self die dankdiens lei.

 

Neels Muller (nem3c@mweb.co.za) SAPD Kapelaan gekoppel aan Pretoria-Oosterlig se oudste seun Jaco – slegs 26 jaar – is klaarblyklik aan sy hart oorlede.  Ons gebede gaan uit na Neels en sy vrou Esmé.

 

Ds Amos Bhenga, die VGKSA predikant van Wesselton by Ermelo, se vrou is ook aan haar hart oorlede.  Dink asseblief ook aan hom.

 

Ds Sam Buti, een van die vaders van die VGKSA is ook oorlede.  Hy was 77 jaar oud.

 

GEMEENTES

 

Adriaan van Tonder, tentmaker van Pietersburg-Noord het die beroep na Tzaneen-Wolkberg (ngwolk@mweb.co.za) aangeneem.

 

Tienie de Bruyn (tieniedeb@gmail.com) van Premiermyn emeriteer op 31 Augustus.  Sy afskeid vind op 29 Augustus plaas.

 

Die Ring van Wakkerstroom is die laaste van die elf ringe wat vergader.  Hulle sitting is op 5 en 6 September.

 

Geluk aan Krielpark wat op 1 September 35 jaar oud is.

 

Debruinpark-Ermelo (ngkdeberm@telkomsa.net) het Quintes Scholtz van Steynsrus beroep.

 

VERGADERINGE

 

Die Sinodale Diensraad sê baie dankie aan die persone wat reeds reageer het op ons navrae in verband met die Familie-metafoor.  Daar is nog geleentheid tot Vrydag 27 Augustus om julle antwoorde in te stuur.

 

PROJEKTE

 

Onthou die Eco-Factor kamp vir alle Graad 4 / 5 / 6's vanaf 27 tot 29 September 2010 by Marsonita Wildsplaas naby Marble Hall.  Kontak Corrie Swanepoel by telefoonnommer 012 804 9543/4, e-pos getuie@sinoos.co.za.  Vir meer inligting lees hier.

 

 

 

ANDER INLIGTING

 

Die Kerkreg werksgemeenskap vergader 22 en 23 September by Pretoria-Oos.  Die program met kontakbesonderhede kan hier gelees word.

 

'n Ekologiekonferensie vind op 4 September by Monumentpark plaas.  Die tema is Groen tekste, grys tekste, bruin tekste.  Meer inligting en die inskrywingsvorm is aangeheg.

 

VERJAARSDAE

 

Geluk aan almal wat tot 6 September verjaar.

 

24 Augustus - Johnny van Zyl (Machado-Boven) e-pos: johnnyvanzyl@telkomsa.net

24 Augustus - Chris Zietzman (Tzaneen) e-pos: cziets@global.co.za

25 Augustus - Pieter van Niekerk (Pretoria-Oosterlig) e-pos: servus@iafrica.com

2 September - Hennie Yzelle (Past Hulp kerksondermure) e-pos: hennie.yzelle@gmail.com

3 September - Amos Kotze (Hazyview) e-pos: as7kotze@intekom.co.za




Groete tot 7 September 2010.

 

Henry van der Schyff

Uitvoerende Amptenaar

uitamp@sinoos.co.za

 

 


Druk die nuus artikel uit Druk      Stuur hierdie nuusartikel na 'n vriendStuur hierdie nuusartikel na 'n vriend